Friday, March 10, 2006
So, dis my 2de post vir die dag want my pasient het nie opgedaag nie...
Ek wou nog se, ek het 'n great naweek in pietersburg gehad.
Ek onthou ongelukkig net sondag.
So hier kom hy, ek en my nuwe friend...Dawie...nog een...het besluit om te gaan visvang by oom dave.
Die klok slaan 5 uur, ek skrik wakker en hoor die reendruppels val op ons sinkdak...en my eerste gedagte was: "Wats die kans?", my tweede gedagte was "dis fly, flyfishing"..so toe staat ek 5:30 voor dawie se deur. Bonita het 'n maagaandoening of iets gehad (ek dink net sy was by my eerste gedagte gewees...doevy) so toe is dit net ek, dawie en my 1400...en ongelukkig nie Dawie se BMW soos beplan nie.
Right, net voor dave se indraai is daar so 'n 500m modder slipslide van so 45 grade helling...en soos die vorige keer (vra vir casper) het ek alweer soos 'n krap met my bakkie afgegaan...so skeef en skynslangs.
So, dit reen nog, en ek dink...assemblief hou op reen...sonskyn...want ek moet nog pretoria toe ry. Dit het nie. Dis hoers koud. So teen 1 uur durf ons toe die pad terug. Dawie kom met die blink idee van "vat die ander pad, hy's geskraap" en ons maak toe so.
Ons verdwaal
Ons sien by SUV's en 4x4's en al die insittendes kyk ons an met daai "jul-hoort-nie-op-'n-4x4-eksursie-nie"
Die pad raak slegter, met 10 keer erger heuwels as die een wat ek oorspronklik nie wou aandurf nie.
Hmm...op een stuk sien ons 'n Discovery staan, en die man wonder of hy die volgende opsticle gat maak, ek trek toe langs hom in om pad te vra, maar die gauteng idiot gooi my net toe die vorige kyk en besluit as ek dit kan maak kan hy.
Hy probeer die versperring aan, hiers die beskrywing: 'n 30 grade slope, met klippe, erosie vlakke en 'n rivier...dan is dit modderplasse na die rivier, en 'n modder klim van 45 grade met klippe en al die bogenoemde.
Die discovery maak dit nie
hy tru, probeer weer en maak dit
ek se vir dawie: ...hou vas my dop en check die move...
dawie vra: "wa's die graaf?"
Ek ry, ek doen weer die krap ding en eerlikwaar ek het geen beheer gehad oor my 1400 nie, maar ek is daar deur, sonder om vas te hak.
En toe moet ons mos kyk waar stop daai discovery in haenertzburg, net om vir die ou top te bewys dat hy inderdaad te veel vir sy voertuig betaal het.
Dit was fun, die chicken mayo sandwitch was ok alright.
My bakkie is nog nie gewas nie, hy lyk horribaal...erger as daai...ons ry op die capricorn lyn brandewyn add.
ek sal hom sekker nie was voor metalica nie, so jul sal die skade nog sien
aan die anderkant betaal mense vir sulke modder hier in pta.
hoop jy voel better jaco, ek dink aan jou broeder.
jammer ek pos min deesdae...eks bietjie besig met ander dinge
nog 7 dae oor voor metalica...whoohoe
Ek't woensdag weer gaan ysskaats, sal bietjie foto's opsit...sodat jul kan sien hoe my nuwe vriende lyk, en dis sommer ook bewys dat ek die wilde ding nou doen...nog 4 weke, dan kan ek begin met yshokkie training en dan gaan ek almal en alles stamp wat ek kan.
ja, die naweek het almal dieselfde gestem vir super 14 so ek skat ons gat almal maar op die selfde plek bly...
hiers 'n chuck foto wat loutjie vir my gestuur het...
nevermind...die rekenaars wil alweer nie my foto's pos nie
uhmm, sterkte aan Alicia, Neale en Dr. Nic wat nou gat vir daai CEREC simposium, wens ek kon saam...maar kieppie swot. Geluk aan Henning wat maandag VERJAAR het...geniet hom.
uhhm..sterkte aan paul se tande wat 'n harde hou op die ys gekry het Woensdag aand, dit was die beste val ooit en ek het so 2.5 millisekondes gelag...totdat ek besef het dit was seer...funny hoe 6 tandaartse sal gat ysskaats en dan wragies, en ek bedoel wraggies...sal een op sy tande val. Daai noothulp man het nie geweet waantoe nie, die noodhulpkamer was gepack met tandaartse...een voel vir purkusie by die 21,12 tandwortel, die ander check vir le forde 1,2 of 3 fracture...die ander een doen die ABC...airways, breathing en circulation en henning probeer om sy gloves aan te kry...nat hande en gloves werk mos nie...so dit was interresant.
ten minste is paul alright, ons het xrays geneem...die hele toetie...pan, cef, occlusal en peri-apical..hy's fine...dit lyk net asof hy hom so bietjie raak geskeer het by sy ken omdat sy mag 3 bietjie stomp was. sy mirage veneer het wel 'n oorhang...maar dis die tandaarts se skuld wat hom opgesit het...
so, vanaand kuier ek saam met michelle, die gene wat haar ken en ons geskiedenis ken...sal sekker nou voor die rekenaar net se HMMM? uhhuh en hul kop skud.
squash gat goed aan, ek kry nou al 3 punte teen henning...dis baie effort glo my
groete tot later
willem
Thursday, March 02, 2006
ja...na gister is ek redelik broos en styf...ekke het gaan squash speel die oggend...taak gedoen tot 6u toe...weer gat squash speel....
en toe durf ek die ysring aan...yep, ekke...willem...het gat ysskaats...
en verbaasend was ek nie te sleg nie, maar ek voel vandag my binneboude en elmboog pyn.
Dis ongelooflik lekker, so ek hoop "the rascels" wat die 18 by my oorslaap weet dat hul die ysbaan gaan aandurf!!!
Geen keuse
Right, so ek het 4 keer geval....
die eerste keer was ek in volle vlug, lekke lekke...toe daar 'n mooi girl voor my inski en ek evasive action moes vat...ek vat dit toe holderstebolder gatoorkop reguit glyend in die muur vas...sommer die muur waar al die spectators kyk
val 2
'n klein tjokkertjie skaats voor my in, ek verloor my balaans en val op my stuitjie...lekker lekker...toe leer ek die klein boet so paar woorde
val 3
later die aand en ek skaats toe al vlugtig, ongelukkig was daar 'n ou van agter af wat vinniger as ek kon skaats en die weet mos toe nie van briek nie en hy besluit toe hy gebruik my...lekker, gelukkig sny sy skaats toe sy eie voet en moes ons die skaats baan ontruim om die bloed af te vee
val 4
ook maar net 'n halwe val, nie regtig nie...ek moes myself net ballanseer met my hande op die ys en so 'n halwe split doen soos wat die outjies van rolling stones deesdae op die verhoog doen...dit tel nie regtig as 'n split nie...so myne tel nie regtig as 'n val nie
en dan wil ek net geluk se aan alechia wat die 29ste verjaar het, baie geluk...tegnies verjaar sy nie vanjaar nie...so sy is nou tegnies nog 5 jaar oud, maar ons het dit toe die 28ste gevier en dit was heel lekker.
groete tot later
ekke het alweer klas
ps. jaco lees weer ed se blog komments, daar is 'n post vir jou...en vee hom uit na die tyd asb. mense mag dalk dit lees en dis nie eintilik iets wat mens moet lees nie
right
Monday, February 27, 2006
2 buddies van my nou al in die top 20 op die log...die groote brielie se bulle en die geniepsige mastermind. Ek en marius het ok opgeskyf...chuck le nou op posisie 44 (moving on up) en marius op 55...nie te sleg nie!!! Eugene le op 154 so hy sementeer sy plek vas daar bo die honders...kom nou boetie. En dis official...botha gat nou maar vir laaste plek, en hy sit met 'n aligmuntige 209. Kamp bloustaal loutjie is 4 plekke voor chuck, maar ok nie meer vir lank nie...en dis dit vir super 14 nuus.
Ek wonder of jaco brainfreeze daar bo in austia gekry het? wat het hom besiel? hy is dus ook ons biggest mover van die week...afwaarts, ai? Moenie na bullet luister vir advies nie jaco, sy kennis sterk net so ver as die bulls. Wat reg is, want maak die ander spanne nou eintlik saak? ek dink nie so nie.

Right, so die naweek was ek al donderdag huistoe. ek dink ek het by marius hulle gat kuier en toe by bonita...my oulike vriendin met lekker wyn en 'n great boyfriend genaamd dawie...dawie soek nou al ring, of so loop die rumour.
Toe het ek vrydag by Dr. Nic hulle gewerk, op afwagting op die groot aand saam met chris cameleon. Nou die show is gereel deur alicia (die girl met die wit hemp en jeans). Sy werk saam met my by oom nic, en is sekker die naaiste persoon wat jy nog in jou lewe ontmoet het, natuurlik na julle ouens of course. Dan sal jul sien dat bernidice poawel (sorry oor spelling, ma jy het 'n weird van en naam) langs my in die oranje toppie (botha en nelda mag haar dalk herken), asook elaine (jaco se exs) langs my. Jaco, sy swot nou saam met my en is maar in daai vriende kring en sy doen alright alhoewel die lewe haar 'n hele paar suur pruime gegooi het. Dan staan daar nog jakes en sy girl en surina (ander jaco se vrou).
Die show was great, al ingrid jonker se gedigte gesing en so paar van die ou boo songs. My ouers, casper, marius, anel, eugene en sy vrou het by ons tafel gesit. Lekker wyn en piekniek gehou. En toe die show klaar is het ek 'n paar foto's gat neem en anton het my met tequila's gegooi...en dis waar dit als verkeerd gegaan het....

So hier staat ek met die groote chris cameleon...baie nice ou, en hy't gese ons moet kom kuier as ons in pretoria is...dis nou vir my, neale en alicia...(en toevallig is ek en alicia die naweek in pretoria...guess what?)...wel maybe.

En toe kom die tequila...5 minute later is my ma'le huistoe en toe marius hulle...en toe 30 sekondes daarna slaat hy my plat. Ek weet ek het basies met elke girl daar vas gedans (want ek doen mos nou die dans klas ding in die aande, nes billy elliott). En toe spring ek en alicia en corne op die stage...om so paar ou bekende afrikaanse treffers te sing. Soos...almal wil 'n fokken huisie by die see he, van koos...en ek dink Dr. nic was daar vir daai ene. So ek hoop ek het nog werk na die naweek. Want ek het daai "fokken" nogal fokken baie gese. En toe het ons gerally vir die DA, en dat almal assemblief tog moet stem. En verder is als blank.
Saterdag het ek gat visvang saam met casper en sy swaar en alweer die meeste visse uitgetrek al was die gesaamentlike gewig sekker maar 250g. Toe was dit bulle tyd en Tekken challenge tyd, daar was groot opskudding gewees. Ek is geskors omdat ek self erken het dat ek 'n spesifieke move 4 keer oor gedoen het (perongeluk) en toe is netta ontneem van 'n semi-finals plek deur 'n auditeurs fout van ons judges (shame die wildcard kry maar net nie 'n kans nie)...en finaal het casper toe gewen...maart se tekken champion van 2006.
Sondag het ek en anel gat tennis speel....eks nogsteeds styf
groete en sterkte en lief jul almal.
Thursday, February 23, 2006
Waking up Irene, because everybody else has got some place to go. She makes a little motion with her head, rolls over; and she says she's gonna sleep for a couple minutes more. I've said "I'm sorry" to Irene for the cold hearted thing that I have done. I've said "I'm sorry", by now, at least once to just about everyone. She says, "I've forgotten what I'm supposed to do today", and it slips my mind what I'm supposed to say? We're getting older and older, and older; and always a little further out of the way. You look into her eyes and it's more than your heart will allow.
And November and Everything After, you get a little less than you expected, somehow...
I stumbled into Hattfield Square just as the sun began to rise. I lay down on the cobbles of mordor, right down with the shadow of St. Muller in the sky. I'm just one of these late model children waiting for something, but there ain't no sign of Irene in Pretoria. It's just me, and I'm playing it the wrong way around.
She wants to be just like me. And I want every damn thing I can see. One day you're Daddy's little angel, the next day you're everything he wanted you to be. They dress you up in white satin and they give you your very own pair of wings. In November and Everything After, I'm after everything.
Well now I got my reservations and I got myself a pettyful home. And I got the number of some girl in Johannesburg City who's always wide awake; so I never have to spend the night alone. I got this nasty little habit of peeking down the shirts of all the little girls as they pass me by. And I wonder if it all catches up to me, do you think they'll take me down? Do you think i'm gonna cry?
Well, I've already got your disease, so take your fucking filthy hands off of me. Well I hope you weren't expecting me to be crucified. The best that they can do is just to hang me from the nearest tree. Its midnight in Pietersburg and i'm waiting here for Jesus on my knees. In November and Everything after, i want somebody else to bleed for me.
I came down from Limpopo, because i had a conference in Centurion Hotel. Now everyone I know is turning show girl and dancing with their shirt off in some teazers strip bar. So i'm going to Switzerland, because i gotta little sleazy there for me. When i find myself alone, i know i'm never going home. You make the changes, the changes that you need.
I no longer know how to pray. I'm living in a dogtown and it's a dalmation parade. I've changed my spots, over and over, but they never seem to fade away. Now i'm the last remaining farmer, looking for the place where the blue bulls roam. In november and everything after, man, she ain't never coming home.
duritz, that's all.
Good night, good luck with your teams
and good riddance
Monday, February 20, 2006
Brielie se Bulle number one on log...well done, i knew it would happen one day...but didn't expect it so soon. As hy net geweet het, maar nou sit die blonde bom en neil in austria, besig om blonde ski-instructors op te chat en bome mis te koes met daai sneeuborde van hulle. Ja julle bogger, ek wens ek was daar. Die groot vraag is...wie gaan die week vir brielie sy inskrywings stuur...tien teen ek...mwhaaaa....
My vriend, mastermind le op posisie 24 na 'n afskuwelike vrydag...ja...hy't my ook getref...diep en seer
kamp bloustaal le weer stewig die week, met 'n 76...jy kruip nader...hou so aan
ou chuck skuif af na 83...maar een roundhouse kick en hy is weer bo...chuck doesn't sleep, he waits.
gullowane, ou pel...ek skat dit was die stormers ne? en die bulls? ons spanne wat ons so teleurstel...jy le op 'n stewige 107, ma moenie worry nie, dit kan als die week verander...dan skyf jy sommer 'n hele 107 plekke op.
married without children...sit op 160, boetie...jy moet op beweeg met die log...nie af nie...
En heel laastens Botha...mik jy vir die laaste plek prys...200...dis nie hoe ekke jou ken nie? wat gaan aan? jy bly sekker te lekker saam met nelda om rugby te kyk? A-nee-a, se vir haar sy moet meer kos maak en jou minder pla die week...jy het rugby predictions om te maak, en grootes.
en laastens captain confusion met his match with the terminator...bietjie opwinding vir laaste plek sien ek....
So, die naweek kom ek huis toe, ons kyk chris cameleon en vang vis en dis tekken challenge...so tussen deur moet ek 'n taak oor practise management skryf wat sekker nie gaan gebeur nie...ma nou ja...daai trofee moet weer terug kom huis toe....hoe anders?
en dis dit vir eers
groete
willem
Saturday, February 18, 2006
sien jul later, miskien volgende week
een dag
Thursday, February 16, 2006
2. Brielie se bulle, hou dit daar boeta..ek kom
6. Mastermind, hierdie week stem ons dieselfde...so ons better wen
61. Gullowane, i'm moving on up...
75. Chuck Norris...need i say more (dis nou ekke botha)
95. Kamp bloustaal...as mens iets organise en die stats sien moet mens seker kan better vaar?
166. Married without children...waa's naas se baas
183. ekskreewp (botha)...sjoe botha, soos 'n ander kaapenaar se "whadaf#ck?" ten minste het die stormers gewen.
dis dit vir vandag, mag die beste rugby kenner die naweek wen, mits hy dieselfde as ek stem.
Saturday, February 11, 2006

Ek moet bieg, die een is vir jou jaco, gabba...jy's die enigste buddy wat ek ken wat vir hierdie girl 'n kans gegee het...en nou dat ek die foto van nader af bekyk moet ek se...ek't dalk verkeerd gestem. Geluk buddy, jy't gewys dat die vaal mense daar bo in londen nog so ietsie van ruggas af weet...
Jaco, jy moet assemblief die buskaartjie, spons, emmer, handoek, paint remover, kwas en blik blou verf by rolf gaan optel wat ek saam met hom gestuur het om vir jou te gee. Yep, jy's die gelukkige deelneemer wat die week die kans kry om daai hurricanes trui af te spons en vir ons 'n blou bul trui op te verf vir volgende naweek. Ek sal jou aanraai om ook 'n pak tissue's saam te vat en dalk 'n kers of twee...omrede ek weet jy gaan jou oe gaan uitstort omdat dit so mooi is en omdat jy sulke mooi dinge net nie emosioneel kan hanteer nie...en tweedens is dit immers amper valentine's day, so maak dit maar 'n romantiese affere. Bly ver weg van die kerse met die paint remover (dis vlambaar), jy wil nie in die ER sit op so 'n aand nie.
hou duim vas later vanmiddag vir die sharks en cats, ek kort die punte om my ego te herstel...alhoewel ek moet skree: "wat het my besiel om sharks te skree????"
groete, olde chuck
Thursday, February 09, 2006
Mr. T* Some fools like to ask Mr. T what his real name is. Some fools also like
being stomped to death.
* Mr. T was the first to kill two birds with one stone. He kept the stone,
and as of now it has killed 6,048.
* The Mr. T is the first and only person to pity fools professionally.
* One night Mr. T took a 10 p.m. train home. He still refuses to give it
back.
* Before Mr.T was born there were only 25 letters in the alphabet.
* You can douse Mr. T in gasoline, but it is too frightened of him to
ignite. He pities the fuel.
* Few people know that "The A-Team" was completely true. The only thing
the producers invented was that the A-Team had been in Vietnam. If Mr. T
had actually been fighting for the US in Vietnam, Saigon would be the
capital of America's fifty-first state right now.
* Mr. T destroyed the periodic table, saying Mr. T. only recognizes the
element of surprise.
Chuck Norris* When Chuck Norris was a child, he made his mother finish his vegetables.
* If you wake up in the morning, it's because Chuck Norris spared your life.
* What color is Chuck Norris's blood? Trick question. Chuck Norris does
not bleed.
* Chuck Norris once forgot where he put his keys. He then spent the next
half-hour torturing himself until he gave up the location of the keys.
* 1.6 billion Chinese are angry with Chuck Norris. Sounds like a fair
fight.
* Chuck Norris played Russian Roulette with a fully loaded gun and won.
* Chuck Norris doesn't miss. If he didn't hit you it's because he was
shooting at another terrorist twelve miles away.
* You can lead a horse to water. Chuck Norris can make him drink.
* Chuck Norris once ate an entire bottle of sleeping pills. They made him
blink.
* When you open a can of whoop-ass, Chuck Norris jumps out.
* Simon Says should be renamed to Chuck Norris Says because if Chuck
Norris says something then you better do it.
* Killing Chuck Norris doesn't make him dead. It just makes him angry.
* When Google can't find something, it asks Chuck Norris for help.
* In 96 hours, Chuck Norris has killed 93 people and saved the world 4
times. What have you done with your life?
* There is the right way, the wrong way, and the Chuck Norris way. It's
basically the right way but faster and more deaths.
* When Chuck Norris watches a pot, it boils immediately.
* Chuck Norris once killed a group of Samurai Warriors with only a ball
point pen. This lead to the phrase "The pen is mightier than the sword."
* When the boogie man goes to sleep, he checks his closet for Chuck
Norris.
Dankie Jaco... dit was fun, geniet dit mense en sterkte met jul super 14...
Wednesday, February 08, 2006
Marius...enige rugbyveld is tuisveld vir 'n bul. En ek dink hul het 'n appeltjie te skil met die mielie boere. Ek weet nie hoekom ek nie stormers stem nie, noem dit maar hoogte bo see spieel of sommer net al die besoedeling hierbo..(aan die een kant vrees ek nogal vir die bulle...want die cheetha's moet impress vir hul eerste game...en hul het 'n great afrigter..wat nes 'n jood dink. So ons sal maar sien, my ander worries is die blues game asook die western force wat die week se wildcard is vir my)
Tuesday, February 07, 2006
Sunday, February 05, 2006

More mense, ek het laas week die groot stap gemaak om my blog adress vir my hele epos gemeenskap te stuur. En ek wil dankie se vir die groot respons, my leeserstal is nou inderdaad groter as marius sin, maar kleiner as jaco sin. Alhoewel jaco nou soos rolf net in sy gedagtes blog.
Ek wil spesiaal dankie se aan drie vriende, omrede hul iets besonders bygedra het en omdat dit nogal funny was:
1. Dankie Loutjie, jy's verstommend die enigste persoon wat gevra het vir nog meer "SUPER 14 AKSIE FOTO'S". So hier is nog een, ek sal seker elke week een by las. As 'n bonus stuur ek ook vir jou haar tellefoon nommer, adress, 'n vliegtuig kaartjie...asook die "een woord" wat jy vir haar moet se om haar knee lam te maak. (Die prys mag slegs deur jou gebruik word en kan nie vir geld verruil word nie.)
2. Mr. Cool, Botha, tjom...ek sien jou versekker by metalica...ons het gisteraand beriddeneer oor hoe presies ons 'n kamera by die konsert kan inkry vir verslag doeleindes vir die blog. Ons het ook besluit om soos die "KKK" (klu klucks klan vir stadige gene) op te dress, sedert 5mf moan dat te min kaartjies verkoop word, vir die event, aan ons mede-wooners in die pragtige reenboogland. So, Sipho...net omdat hul 'n "black" album het, is dit nie noodwendig jou tipe musiek nie. (onthou om jou blog adress vir my te stuur.)
3. Eugene, 'n vuurige leeser, het wragies besluit om al my blogs te lees vandat dit begin het...dis nogal baie...min mense het so baie moed, meeste val maar net in by die laaste blog en meer geesdruftiges scroll af tot by die super 14 foto. Onthou dat hierdie 'n emosioneel onstabiele paar maande vir my was, so jy sal jou CD speeler se musiek baie moet verander om by die "ambiance" van die blog aan te pas. As dit nie genoeg leesstof is nie, hier is nog 'n paar vriende van my se blogs:
a. brielie.blogspot.com
b. dieherder.blogspot.com
c. pimpeddy.blogspot.com
(ps. ek het jou vrou by die patologie lab raakgeloop vrydag...dit was goed om haar weer te sien, sy lyk goed...wat voer jy haar?)
Right, vir die gene wat vergeet ed se girl se naam is kitty...en nie kit-whatsherface nie...en casper se girl se naam is leoné(uitgespreek le-oh-nie en nie leo-ny nie)...en nie titlessf#ckknowz nie...
En chippie het inderdaad nie vir marius aan rammstein blootgestel nie, hy't dit self gedoen.
groete
willem of gorgousknowitallchucknorrishoffhybrid
Thursday, February 02, 2006
1. Super 14 begin oor 1 week
2. Vanaand is ienkmelodienk, d.w.s. al die koshuise se 1ste jaar meisies tree vanaand op, en hul sing mooi en dra liederlike outfits.
3. Ek gaan die naweek weer platteland toe, want dis hemel op die platteland...skroef my mond en kaak chirurgie. en skroef vandag se toets wat ek weer saam met kgm moet skryf.
4. ek het 'n middagslapie gevat, want my pasient het nie opgedaag vir haar afspraak...so ek het 2 ure geslaap en sy sit nog 'n week sonder tande. jammer as dit iemand se ouma is wie die lees...maar dit was nie my skuld nie.
5.klopjag tree vanaand op in pta, ek gaan daar ook 'n draai maak.
6. ek het great vriende, hulle is stunning, hulle is great en hulle moet altyd so bly of ten minste net verbetter...
7. ek het jaco se epos gelees...een van daai ketting briewe, en hy het meestal gejok oor als...ek sien dat sy "unisys" vriende nou ook my epos het...lyk my hulle is unisex stalkers...ek weet nog steeds nie wat jaco daar doen nie...maar klink my hul kyk meestal porn of speel met balle.
8. Cecile het my ook gepos, dis altyd goed.
9. Magdaleen het die week verjaar, so ek drink vanaand op haar verjaarsdag...ek mag nie jare of dae of minute se nie...so ek mag dalk se dat sy nou wel 1 dag ouer is.
10. Rolf het nog nie sy blog geupdate nie...ek wonder of hy nog leef, ek weet nie...so baie dinge het nou al gebeur...
so groete en lekker aand vir julle
ek gaan versekker groot gaan
en sien jul gou weer
ek moes gisteraand swot, maar toe luister ek bietjie na my ipod en kom op die song "One" af. Meeste ken hom as die song wat U2 gesing het. Wel ek het gisteraand na johnny cash se weergawe geluister...(die man wat die lirieke geskryf het) en besef dat ek altyd die song verkeerd opgesom het...eks bly om te sien dat iemand anders ook so gevoel het soos wat ek al van die 8 Januarie 2006 voel. In kort was ek moerig gewees gisteraand en niks geswot of geslaap nie....so hier is die lirieke, met dinge waaroor ek dieselfde voel:
Is it getting better
Or do you feel the same
Will it make it easier on you now
If youve got someone to blame
You said one love
One life
When its one need
In the night
One love we get to share it
It leaves you baby if you dont care for it
Did i disappoint you
Or leave a bad taste in your mouth
You act like you never had love
And you want me to go without
Well its too late
Tonight
To drag the past out
Into the light
We're one but we're not the same
We get to carry each other
Carry each other
One
Have you come here for forgivness
Have you come to raise the dead
Have you come here to play jesus
To the lepors in your head
Did i ask too much
More than a lot
You gave me nothing now
Its all i got
We're one but we're not the same
Well we hurt each other and we're doin it again
You said love is a temple
Love the higher law
Love is a temple
Love the higher law
You ask me to enter
But then you make me crawl
I cant be holdin on
To what youve got
When all youve got is hurt
One love
One blood
One life
Youve got to do what you should
One life with each other
Sister
Brothers
One life but we're not the same
We get to carry each other
Carry each other
One
So nou verstaan jul ook, dis glad nie 'n song oor liefde nie, in teen deel...dis oor verlore liefde en meisies wat net pleinweg nie sin maak nie...so hoe lank gaan sy nog in my kop delf?
groete tot later
willem
Sunday, January 29, 2006
Sorry dit was toe nie brielie se balle nie, maar brielie se bulle. jammer daaroor. "You've got balls...I like balls."
n great aand gehad, die komplot om my toe omvertegooi het gewerk...en 'n geheimsinnige vreemdeling is nou die trotse nuwe eienaar van die tekken trofee. Baie geluk, ek hoop hulle gee jou ook so baie moeilikheid...nes ek gekry het. Remember, it's lonely at the top.
en dan my gunsteling se ding: "Some MotherF(nuikers) always try to skate uphill"
My duime is darem nie so broos soos my ego op die stadium nie, maar ek kom weer..en ek kom om jul op te fnuik (ipod vol gelaai met nuwer, better, sterker, moeriger songs)
chippie het amper die bakkie gerol omdat hy baie bright is en flink idee's kry om gesuip 2 uur in die oggend plaas toe te ry. Die darwin award gaan dus die week aan ou chippie espag. Beskrywing: Chippie ry die naweek met pa se bakkie. Chippie kom kuier, volgens hom, skelmpies vir die tekken freaks. Chippie drink punch. Chippie drink ander drank ook. Chippie gaan na pietersburg se donkerstraat hoekie nagklubs toe. Ed se vir hom: "buddy old pel, kom slaap saam, uhm, by my". Chippie se reg. Chippie besef hy is klein, fyn en onskuldig en vermy edrich se huis soos pes. Chippie sit sy lewe in gevaar deur 2 uur die oggend deur seshego te ry, op 'n padgat belaaide teerpad. Chippie bars voorwiel. Chippie is in die bos. Chippie is weer op die teer. Chippie is terug in die bos. Die kar stop. Chippie is fine, maar nogsteeds mal. Chippie sms vir ed om te se dat hy kar gerol het.
Meanwhile: Ed kom by huis. Ed wag vir chippie op sitkamer stel. Chippie daag nie op nie. Ed val aan die slaap en droom soete drome. Ed hoor nie sy selfoon 2:34 het 'n sms nie. Ed bel my vanoggend om te hoor waar is broer. Ek se "waddefok". hy se "ja-nee". ek bel chippie. chippie se foon is af. Ek begin so lank dink wat ek in my toespraak by die begrafnis gaan se. Ek kry 'n traan in my oog. dis 'n briljante speech. Kom almal, kom luister hoe goed ek julle kan laat trane pik. chippie bel en se hy't weer stront gepraat. Daar gaan my speech en my idee van funeral crasher speel saam met sy girl. "Meatloaf....mom....F#uck" en "Josef, why? WHY? Josef" terwyl ek pomp aksies agter sy meisie uitvoer...die van julle wat weet waarvan ek praat....weet waarvan ek praat.
groete en sien julle binnekort weer.
Saturday, January 28, 2006
En daar het jul dit. Het julle al van daai dae gehad wat mens net absoluut niks het om vir die wereld te se nie. En jy is net nie lus nie. Nou ek het vanaand so 'n aand gehad. Mense praat met my, maar jy is net nie met hulle nie...dink aan ander dinge. En voor jy jou kan kry sien jy weer die persoon voor jou met daai gesigs uitdrukking van "ek wag vir 'n antwoord". Dis moeilik ek sweer, en dis 'n snaakse plek om te wees.
So ek weet daar het baie dinge met my gebeur die twee weke wat ek nie hier was nie. Maar as ek aan iets moet dink as jy my vra wat in my lewe aan gaan, is die antwoord sekker "ek weet nie".
So hier is wat ek weet:
My enigste liefde op die stadium is tande, daar is niks mooier as die kurwes van 'n 25 (regter maksilere premolaar) nie.
Toetse. Ek ken van toetse. Ekke druip hul altyd.
Ek weet ek het vanaand se Tekken Underground challenge gewen...al was ek nie vir hom uitgenooi nie, het ek nog steeds opgedaag. Daar is 'n samesweering in Pietersburg om my van my wettige posisie as Tekken Ultimate Champion te ontkroon. Somige individue in hoe kringe het groot planne om my loopbaan omver te gooi. Wel ek het nuus vir hulle, die geskiedenis wys dat sulke komplotte gewoonlik vaal. Kyk net hedendaags. Hoe lank wil ons nie al vir Moegabe omverwerp nie? En waar sit die man...nog bo, dis waar. En hy is verstandelik gestremd, donkerkleurig, lei aan altzheimers en weet nie van playstation 2 af nie...so wat is die kans.
Ek weet ek speel baie squash deesdae.
Ek weet Super 14 begin oor 'n paar dae. Ek weet broeders "brielie se balle", "Mastermind" en "gullowane" is saam met my, "Chuck Norris", in die stryd om gekroon te word as Naas se regterhand en linker voet.
Ek weet almal se allias het te doen met die manlike geslags orgaan, of dele daarvan.
Brielie se "balle"...ja, jaco...ons weet jy potatosack die meisies.
Mastermind...henning, waarmee dink jy? Dink jy dit gaan werk vir super 14?
Gullowane...'n swart naam vir tgrill (as dit die regte spelling is)..reenboog nasie
Chuck Norris...dit se als, want hy is als en is in als..selfs 'n manlike geslags
orgaan.
en dis dit vir vanaand, ek gaan nou maar inkruip sodat ek more kan gaan werk.
bietjie diep vanaand, maar more is ek better met mooier super 12 foto's as van te vore.
lief julle almal
die einste
Wednesday, January 18, 2006

Its super 14 rugby time and these are our worst enemies...if you wanna play super 14 rugby fantasy league...please contact me and i will send you the relevant details, only closest friends may participate...the cost...R150...closing date Feb 3...please marius...it wil be a hoot if you'd join.
So, vrinne dis amper naweek en ons gaan groot. ek was gisteraand vir so 'n 1 en 'n half by 'n pool party en dit was heel skaflik gewees. Ongelukkig moes ek toe tuiswaarts keer om met my whisky asem voor die boeke te gaan sit om presies te leer hoe mens nou eintlik 'n pasient moet groet en wat 'n ondersoek behels. Tragies is dit nie.
Wil net geluk se aan my vriendin Anri van Soelen wat nou volgende naweek trou...ongelukkig kan ek nie daar wees agv ander verpligtinge...maar jul moet nog steeds groot gaan sonder my...wat praat ek...kan andre dit op enige ander manier doen...ek dink nie so nie. Stuur foto's.
Nog ander nuus: dis toe nie so maklik gewees om 'n pasient te groet en 'n ondersoek te doen nie...wie kon raai?
groete en lekker middag verder
ons dink aan jou niel...hoop jou knie spring weer reg
willem
Dankie marius vir jou blog, en mooi foto's...ons het inderdaad die "mythbusters funnel" gemaak en 'n patent daarop geplaas...so as enige iemand ons gaan copieer is jul in die moeilikheid...as jy wil funnel, funnel djy/djulle saam met ons. Terloops is die patent internationaal jaco.
Dankie jaco vir jou chuck norris true to live facts...soos hul se op fashion tv, moet mens kyk na die noordelike halfrond om te sien wat is "in" die jaar. En die gerigte is waar: the hoff is out and norris is in.
Dankie Olympys vir die poolparty wat ek oor 'n 1 uur gaan bywoon, ons maak dit maar 'n vroee jool of hoe? Dankie Professor Prinsloo, vir more se toets...jy't gedog dit gaan my stop, toe nie hoor....druk jou idee van norma by jou gat op. Dankie fokofpolisiekar vir my vorige se-ding.
Dankie anel vir jou komieklike eposse, dit hou my aan die lewe en spaar my middagete lunches...ek het nou al 4 kilo's verloor te danke net aan jou...wie't 'n virgin nodig ne?
Dankie magdaleen vir jou oulike sms'se, my hartjie bons...
Dankie vir my tekken5 trophy...dis myne en geen voet of vuis gaan hom van my hande versit nie...dankie vir nina wat dit als moontlik gemaak het.
Dankie dat rolf sy blog gaan update...Ons kan nou al amper 'n dekade se goeters opnoem van wat gebeur het in die tussen tyd vandat rolf nie meer sy blog update nie.
Dankie tuks server dat ek nie kan foto's op my blog laai nie...dankie
Dankie cecile vir jou epos en sms'se (Thank u cecile for your emails and sms's, your my favourite foreign affairs student).
En onthou, Chuck Norris cannot love you, he can only not kill you....bless his little heart.
Saturday, January 14, 2006
Ja ons het toe gisteraand 'n laat aand gehad...en om te dink ek het absoluut gedog dat ek niks gaan he om die naweek te doen nie. Wel ek het sekker niks gehad om te doen nie, maar ten minste was daar drank. Drank los nogal baie probleme op en cigarette kalmeer mens tussen die slukkies. Wat meer het mens nodag...wel dalk sal ek nog 'n wasted dronkie by my wil he, sodat ek nie te sleg voel oor myself nie. Aan die anderkant, wie worry as jy gesuip is...ja
Kom ons begin met die goed wat ek sou gedoen het die naweek. Ek sou krieket gaan kyk het, ek sou by 'n girl gaan kuier het, ek sou my slot van my bakkie vervang het, ek sou counterstrike gespeel het...ek sou klaar geblog het. maar nou moet ek gaan tee drink by my sus saam met my moeder so ek sal later klaar maak.
