Friday, March 10, 2006

hello vriende,
jammer ek pos min deesdae...eks bietjie besig met ander dinge

nog 7 dae oor voor metalica...whoohoe

Ek't woensdag weer gaan ysskaats, sal bietjie foto's opsit...sodat jul kan sien hoe my nuwe vriende lyk, en dis sommer ook bewys dat ek die wilde ding nou doen...nog 4 weke, dan kan ek begin met yshokkie training en dan gaan ek almal en alles stamp wat ek kan.

ja, die naweek het almal dieselfde gestem vir super 14 so ek skat ons gat almal maar op die selfde plek bly...

hiers 'n chuck foto wat loutjie vir my gestuur het...
nevermind...die rekenaars wil alweer nie my foto's pos nie

uhmm, sterkte aan Alicia, Neale en Dr. Nic wat nou gat vir daai CEREC simposium, wens ek kon saam...maar kieppie swot. Geluk aan Henning wat maandag VERJAAR het...geniet hom.

uhhm..sterkte aan paul se tande wat 'n harde hou op die ys gekry het Woensdag aand, dit was die beste val ooit en ek het so 2.5 millisekondes gelag...totdat ek besef het dit was seer...funny hoe 6 tandaartse sal gat ysskaats en dan wragies, en ek bedoel wraggies...sal een op sy tande val. Daai noothulp man het nie geweet waantoe nie, die noodhulpkamer was gepack met tandaartse...een voel vir purkusie by die 21,12 tandwortel, die ander check vir le forde 1,2 of 3 fracture...die ander een doen die ABC...airways, breathing en circulation en henning probeer om sy gloves aan te kry...nat hande en gloves werk mos nie...so dit was interresant.

ten minste is paul alright, ons het xrays geneem...die hele toetie...pan, cef, occlusal en peri-apical..hy's fine...dit lyk net asof hy hom so bietjie raak geskeer het by sy ken omdat sy mag 3 bietjie stomp was. sy mirage veneer het wel 'n oorhang...maar dis die tandaarts se skuld wat hom opgesit het...

so, vanaand kuier ek saam met michelle, die gene wat haar ken en ons geskiedenis ken...sal sekker nou voor die rekenaar net se HMMM? uhhuh en hul kop skud.

squash gat goed aan, ek kry nou al 3 punte teen henning...dis baie effort glo my

groete tot later
willem

No comments: