Saturday, February 11, 2006


Ek moet bieg, die een is vir jou jaco, gabba...jy's die enigste buddy wat ek ken wat vir hierdie girl 'n kans gegee het...en nou dat ek die foto van nader af bekyk moet ek se...ek't dalk verkeerd gestem. Geluk buddy, jy't gewys dat die vaal mense daar bo in londen nog so ietsie van ruggas af weet...

Jaco, jy moet assemblief die buskaartjie, spons, emmer, handoek, paint remover, kwas en blik blou verf by rolf gaan optel wat ek saam met hom gestuur het om vir jou te gee. Yep, jy's die gelukkige deelneemer wat die week die kans kry om daai hurricanes trui af te spons en vir ons 'n blou bul trui op te verf vir volgende naweek. Ek sal jou aanraai om ook 'n pak tissue's saam te vat en dalk 'n kers of twee...omrede ek weet jy gaan jou oe gaan uitstort omdat dit so mooi is en omdat jy sulke mooi dinge net nie emosioneel kan hanteer nie...en tweedens is dit immers amper valentine's day, so maak dit maar 'n romantiese affere. Bly ver weg van die kerse met die paint remover (dis vlambaar), jy wil nie in die ER sit op so 'n aand nie.

hou duim vas later vanmiddag vir die sharks en cats, ek kort die punte om my ego te herstel...alhoewel ek moet skree: "wat het my besiel om sharks te skree????"

groete, olde chuck

2 comments:

Jaco said...

Willem ...

Wel..wat ek kan ek se...?

Wel ek dink jy moet dalkies op my blog gaan loer na die statistieke & frons soos in die ou dae...

Jaco Brielie

Marius said...

My voorspellings is in, maar ek moet erken ek voel effe ongemaklik daaroor. Dit mag gebeur dat ek nie een reg het nie, en terselfdertyd kan ek almal reg hê, wie weet.

Jy sal anyway my voorspellings op Loutjie se Spreadsheet sien, maar ek kan die aap nou al uit die mou laat en jou skok deur te sê ek voorsien nie groot glimlagte op Bul-gesigte nie. Tensy hulle 'n Chuck Norris in die voorry gaan hê, want agterlangs weeg hulle maar swakkerig op teen die Aussie agterlyn, met 'n Gregan, Larkham, Gittau en Mortlock. Sjoe, net Habanna hou kers vas. so as Matfield nie gou terugkom saam met Richard Bands nie, is die skietgoed dalk net te min....