Wednesday, May 31, 2006

If you really get down to it...What's it all about?

So ja, julle mense wonder seker wat in my lewe aangaan en of ek nog op die planeet is en dalk of ek kwaad is vir julle en of jul dalk iets verkeerd gese het....

Wel, da het baie en min in my lewe gebeur. Ek het wel 'n nuwe meisie ontmoet so 3 weke terug...sy is stunning, pragtig, flippen oulik en die greatste persoon wat nog op die planeet geloop het...sy is ook nou nie meer myne nie. Ja, jul ken my, en my fantastiese manier om verhoudings op die weirdste en idiotieste wyses op te neuk. Dit wil gedoen wees as mens iemand regtig nie probeer seer maak nie, en net die beste wil doen...en dan blindelings droogmaak. Dis ek.

Anders werk ek hard, en swot soms, maar ek slaap meestal of lees 'n terry pratchett...ek het die naweek 3 boeke deurgelees want ek moet patologie swot...en dus ontwikkel ek dan dadelik 'n lus vir 'n goeie boek. Om te sien hoe hul stories en woorde en sinne kan opneuk om jou net ordentelik deurmekaar te maak sodat jy nie mooi weet wat herpes nou eintlik is nie is finominaal.

dis so erg hul spelling en woord leer is erger as my blog sin.

Ek mis die praktyk en my girls...kort so bietjie feminine ondersteuning in my lewe, en ek mis 'n braai en net 'n mal gaan sessie saam met goeie vriende.

So dis wat aangaan in my lewe.

2. Ek's nog op die planeet en jul het my nommer as jul wil bel of jul kan 'n comment los of selfs 'n sms...voel vry, ek dwing jul nie.

3. Ek's vir niemand kwaad sover ek kan onthou nie, maar as daar rede is vir my om vir jou kwaad te wees...laat weet my net en ons kan dit uitsort.

Right so hier is die vraag, analiseer die volgende sms vir my: Ek het vir 'n girl 'n bos blomme gestuur. Raai watter een...

Sy het gereply met die volgende: "Dankie vir die blomme :)"

Wat beteken dit? Is daar hoop? Was sy net ordentelik? Dis net te min om sekker te wees en net genoeg om my aan te hou wonder.

En wat klasifiseer 'n stalker?

Wednesday, May 17, 2006

vinnige ene

right, baie lanklaas geblog, gelukkig sien ek niemand lees meer nie om een of ander stomme rede...myne is dat ek ongelooflik besig is hierdie kant.

vinnige nuus...ek het 'n pragtige rooikop (properse rooikop soos in die cadbury advertensies) ontmoet...en ons gaan nou saterdag op ons 3rde date...sien uit daarna

het die super14 prysgeld met 1 punt gemis...tipies, geluk aan henning wat darem 'n R1000 losgeslaan het , en better luck next time aan die res van ons.

hoor niks van eddy of ptown af nie

hoor niks van ou briel af nie

mense in pta doen goed

wil geluk se aan piet dry wat nou vrydag 25 jaar vier....dit gaan 'n groote wees....lekker

en dis dit

lief julle almal
willem j espag