Friday, August 25, 2006

beta-blogger

ek is nog nie op die beta-blogger soos ed nie, maar ek is sterk oppad. Ek het 2 weke se chirurgie agter die rug en is nou mooi gatvol vir mense wat ander mense in die kop probeer skiet. Dis alright as jy iemand in die kop skiet, solank jy hom net dood skiet, want lyk my meeste mense mik net in die rigting van waar die brein soort van moet wees en eindig op om 'n kaak of neus of oog uit te skiet. Al wat julle bliksems regkry is om my van 12 uur die aand tot 6 uur die oggend besig te hou. Nie dat ek kla nie, want ek is altyd bored daai tyd van die dag. Maar ek begin wonder of die klomp gansters nie iets teen my het nie.

En tweedens is ek nou moer ongelukkig oor nuus wat ek vanoggend gehoor het. Ek gan nie veel se nie, behalwe die volgende.

Ek haat dit as mense moet leer uit hul foute omdat hul nie raak sien wat hul het nie. Ek haat dit nog meer as mense uit ander mense se foute moet leer omdat hul saam daai persoon in sy fout saam gevang is.

cheers vir eers
willem

Sunday, August 06, 2006

Another year gone by

Wel, ek kon nie anders as om op te daag vir Anton en Corne se verjaarsdag partytjie nie...hul het immers rooi koeldrank en cheeze curls belowe...wel na klas het ons direk deurgeskiet pietersburg toe en so 8 uur daar aangekom. My das is verwyder en die res is geskiedenis.

Ons het dadelik weggespring en drukkies en soentjies uitgedeel aan al die vrinne...dawie was in exstaaaaaase.

en dus het die tyd aangebreek vir die tweede sondebok in die tema: "sing alongs & shooters".

Waarna ons sommer weer begin rondruk het en oor die algemeen net die aand op hol gesit het.

En hier is die sing alongs, saam met die beeldskone dames met wie anton homself meeste van die tyd vergesel. Ek het nie eenkeer die aand verloor as my span gesing het nie...ma dis net omdat ek geloop het as ek sien my span sukkel so biejtie met die punte. Ek weet ek weet. maar ek het Verre noord kinder koor gesing, en die image moet bo gehou word.

Right, teen die tyd lyk dit asof anton redelik gedrink is, moenie dat hy julle om die bos lei nie...hy't nog baie in hom gehad.

Ek en Paul het besluit om gedurende ons site seeing in europa, 'n Westlife cover video te maak. Hier is solank 'n snapshot preview van Ek en Neale, met fog inge-edit...

Ons het lekker gedans, my grootste boesem vriendin sha-michelle mag maar op die dans vloer.

Wil net dankie se vir Main Man Marco wat saam met my gemosh het, en my so bietjie afgekoel het. baie, baie dankie.

Die groot oomblik arriveer, en Anton tel sy eerste dag as 21 af...


Waarna, Corne nog 'n 365 dae bygelas het by haar biologiese klok...het ek gese ons het geswem?


So, als en als...Dankie aan vriende vir uhnn heerlike avond...mag ons nogmaals weer so een hou binne kort. My endo is nog nie klaar nie, maar ek werk nou hard daaraan so deur die gebloggery.

cheerio

willem

Saturday, August 05, 2006

Daar is iets beeldskoon in die nag

Elke oggend is ek in die hel
Ek word wakker en die vlamme brand my vel
Sal ek ooit rerig kan opstaan en nie my bed mis nie

Gee my alkohol, gee my 'n lewe
Gee vir my raad, gee vir my 'n rede
Sodat ek kan opstaan, verlore gebore

Elke keer as ek glimlag raak dit net swaarder

Kan ek ophou lewe na vandag
Als is weg draai jou ander skouer dan's als reg
Hoekom raak ek so kwaad? ek vind ek raak so kwaad
En ek skree GOD, maar dis niks werd nie

Daar is iets beeldskoon in die donker nag

Wel, ek moes net...die song brand nou vas in my kop vandat ed so naweek of twee terug in pta was.

Die naweek was heel alright. Geluk aan anton wat nou groot is en aan corne wat nog 'n 365 agter haar naam het.

hier is 'n foto of twee van ons afskeids ete...so 3 weke terug gewees. Dit was nogal heel lekker gewees soos altyd. En ek wil net dankie se vir julle almal.


'n close up van die ouens wat daar agter in die hoekie sit is versekker nodig...ek het sopas besluit ek moet vir my 'n nuwe kamera koop...wat kan zoom en video met klank...hoe anders kan mens Europa doen?

Nie baie fluiend nie...maar dit was direk na werk.

So, lekker slaap oukies...ek het tot nou toe aan endo gewerk...jul gespoil met 'n foto of twee..en dans als reg.

Thursday, August 03, 2006

I'm not growing up

"Their results showe that a cytokine network is activated in the periapex in response to canal infection and that T helper cell-modulated proinflammatory pathways may predominate during periapical bone resorption."

My response net soos julle sin: ???????

Ja, ek moet 3 endodontic's artikels voltooi voor dinsdag...met sulke leesstof raak mens gou dik om werk te doen. Anyhow, ek is inelkgeval hewiglik geskroef omrede ek die naweek na 'n dubbele doring 21/3o something party toe gaan. Ek weet ek moes nie, ek weet ek kan nie...maar ek gan...

Uhmm, ek het my vliegtuig kaarjtie vandag gekoop.
Ek vertrek 30 Oktober 2006 om 23h55 en land weer 20 Januarie 2007 om en by 20h00 ek dink? Die kaartjie was redelik goedkoop, maar ek moes lank baklei om te bewys dat ek inderdaad nog 'n student is...lyk ek so oud?

Cecilia sien ongelooflik uit dat ek kom kuier, so sy het al groot planne gemaak. Klaarblyklik moet ek haar wys hoe mense van afrika ysskaats...dit gaan moer snaaks wees en dan gaan ons vir 'n week of wat na hul logcabin daar in die alpe, waar ek 'n sleutelbeen of twee wil breek, asook leer snowboard en ski. (Oom nic gaan so trots wees op my).

Sjoe, om te dink ek gaan nie meer die praktyk sien tot volgende jaar nie? Scary stuff? Kan jul dit glo...Da kak die spreekkamer se SEX APPEAL alweer. Die girls sal dit maar moet fake met jong dr. Maar dames, ek weet...dis net nie dieselfde nie. As troos kan ek darem se dat my bobene en kuite 'n stewige hipstoot gaan kry in holland..so begin solank droom en droel oor dae wat weer sal kom.

Ps. Ek sien almal 1 laaste keer gedurende 7, 8 Oktober wanneer die praktyk daai TMJ Kliniek anbied in pietersburg. Damn, Alicia mag maar...ek sien sommer baie uit om weer iets te leer.

Lief julle sommer baie..dis tyd om "specific mediators of periradicular lesions" uit te tik.
One, two, One, two...one, two, three, four...