Monday, December 18, 2006

Dusseldorf kersmark en Nijmegen ysskaats

Hi daar almal. Wel die video's is sekker 'n week of 2 terug geneem. Ek moet nog 2 video's voltooi. Een van 'n groot tandheelkunde party/st. niklaas en een van ons naweek in brugge (belgie) saam met die res van die uitruil studente. Dis onbeskryflik hier. Ek skat ek het meer internasionale studente al hier ontmoet as mense van Holland self. In die kompleks waar ek bly is daar in my woonstel net uitruil studente. Spanje, Portugal, Lutrania..etc. En die naweek was ons 'n groep van Portugal, Amerika, Suid Afrika, Polland en Holland. Crazy.

Anyhow, ek mis julle almal baie, en hoop eerlikwaar my leeserstal sal bietjie effort insit en vir my 'n comment los of twee...dis lonely hier en baie koud, dammit.

Groetniss tot later
willem

Ysskaats in Nijmegen




Dusseldorf Kersmarkt


Sunday, December 10, 2006

Antwerpen, Lierre en Eddy se sign

More ouens, ek het gisteraand die prelim video van antwerpen klaar gemaak. Ons het die plekkie einde november besoek. Maar ek het 3 gig se foto's en video's geneem. So dit het my so rukkie gevat om mooi alles uit te sort en n kort genoeg video te maak. Op een stadium het ek die song in snippets opgesny sodat jul mooi kan hoor wat ons se/dat die song lank genoeg is. Maar dit het sleg geklink, so toe maak ek die video nog korter...hy was eers 10 min lank. Nou 'n vinnige 6-7 minute. Onthou om die hele video te kyk anders sien jul nie die girls van antwerpen se groenlig distrik nie...ja, anders as amsterdam se girls stop hul vir niks nie. (Dis nou vir brielie wat gevra het: "Wa's die girls in die BBC video?"...aan die einde, idiot.) Sorry vir die spelfoute etc. Ek was maar moeg gewees gisteraand.

Groetniss tot later



Saturday, December 09, 2006

Reality, what a concept

Hello almal.

Ek moet se, dis 'n hele ruk sedert ek enigsins enige iets geskryf het. Dus het ek besluit vandag is hoogtyd. Ek moes myself daarvoor voorberei en het dus myself in my kamer toegesluit en gemediteer vir die afgelope 24 uur.

Ons het gister Dusseldorf besoek. Dus 'n dorpie/stad in Duitsland nie te ver hiervandaan nie. Ongeveer 1.5 uur per trein, maar mens moet ook die oorstap in agneem, wat nog 'n uur steel omrede mens 'n trein van punt A na punt B vat en dan moet "oorstap" om met 'n ander trein van punt B na punt C toe te ry. ongelukkig is die eerste trein altyd 5 minute laat en mis jy dus die tweede trein en spandeer die tyd om di stasie by Venlo te verken.

Right, so wat bied dusseldorf.
Ysskaats bane in die ope lug. Ek het dit gedoen, maar mense het vir my gelag omdat ek die enigste een op die baan was, saam met 'n klomp kiddies van 5. Maar dit sal vet pret wees saam met jou meisie in die aand, met funky kersfees vader musiek.

Kersmarkte. Dis stunning in dusseldorf. Mens kry alles kersfeesagtig by die verskillende kersmarkte, van oulike houtkersfeesvaders tot boemelaars met honde wat vra dat jy jou hart moet oop maak. Hul speel amerikaanse kersmusiek though, so wees gewaarsku.

Ben & Jerry Icecream, daar is 'n winkelkie in dusseldorf en ek raai almal aan om dit te probeer. Dis my nuwe sonde, as ek 'n ben en jerry roomys sien, is dit myne...brielie en al die ander mense wat so entjie gevlieg het behoort te weet waarvan ek praat. Ek rekken die persoon wat die roomys SA toe bring gat 'n fortein maak. Ek hoop dis ek.

Starbucks. Ons het ook die starbucks besoek om te sien waaroor No.2 (agent no.2) van Austin Powers so 'n Fuss gemaak het. Wel, ons het hul nuwe nutty toffie koffie probeer en dit was 'n wenner.

Yip, ons het besluit om die trippie al die touriste regulasies te oorskry en produkte van ander lande te probeer. En dit was lekker.

Nuus van die huis af is dat Ed my toe uiteindelik geskakel het en vir my vertel het hulle het 'n braai en dat daai girl (waarvan hy oppie blog gepraat het) toe nou nie uitgewerk het nie. Ek kon nie uitvra of sy shaglesspad se naam nog staan nie, omrede ek op speakerphone was en hy by marius hulle gebraai het. Marius hulle leef nog want ek het hul stemme in die agtergrond gehoor. Ek wou nog uitvra hoe dit met die jonge heer sheperd gaan, ma dit het nie reg gevoel nie, sedert meeste van ons gesprek se tema oor wallietjies straat en die rooilig distrik gegaan het. Sommige van julle sal sekker rekken dat dit perfek inpas, miskien as 'n prelude tot "hoe gaan dit met die pregnancy?" maar ek voel nie so nie.

Nuus van Casper is dat hy nog werk en niks nuus is nie...maar dat dit wel 35 grade celcius in pietersburg is.

En dis dit skat ek.
Miskien gaan ons more den haag toe, of dalk nie.
groete willem