Friday, September 29, 2006

Ysskaats is nie vir moffies nie

So, hier is my eerste birthday pic's...die ander is nog sterk oppad en sal gepost word sodra ek nie toets skryf nie...Die is by kollenade geneem nou die woensdag aand ter feesvieringe van my kwart eeu. Van links na regs: Anninke, Ekke en Paul.

Ons praat nie oor die wings nie, behalwe om te se, myne was verkeerd om aan en dus moes ek gatkant om oorent agteruit skaats...
Die foto sou cute gewees het as dit eerstens nie ek was nie en tweedens nie meer geneig het na die trek reg-aan-moroon kant toe nie.
Daar het jul dit. volgende keer sal ek die foto's van die suipende sound of music nonne laai
cheers.

Saturday, September 16, 2006

Piekniek oppie maan...

Wel so gese en so gedaan. Die week was vol interresante verwikkelinge en ek weet meeste van julle borrel om te weet wat dit is...

maar die los ek nou eers vir volgende naweek as ek by die tuis kom om julle in persoon te vertel. (en offffcourse sal ekke dan die hele blog toetie doen; foto's, video's en wedding albums. the works.)

'n troos prys is darem die minder interresante nuus wat nou die week gebeur het:
1. My vader was hier gewees om eksamen te skryf op sy ryke ouderdom. hy dink hy het gepass..en ek hoop wragtig so...of dalk nie. dis ongelooflik funny om die man te sien swot en stress...kry vir jou...hehehe.
2. Chippie het 'n PH kurses gaan doen, so hy swot ok nou. of hy gepass het weet ek nie. Ongelukkig het ek hom nie sien swot nie, so ek weet nie of ek wil he hy moet pass of dop nie.
3. Ortho was 'n bitch. ma dis verby.
4. Donderdag aand was ons Aqua Fresh Dinee...met die tema..."shine". Dit was heel positief en lekker gewees. Ek wil net aan vriendin alicia geluk se wat nou die nuut verkose HK president van 2007 is, ek sal versekker wit voetjie by jou soek indien ek dit dalk later gaan nodig kry.
5. Ek dink karin het toe haar skoene gekry.
6. Ek is nou broke omrede ek vir my warm snoesig klere gaan koop het, en as ek shop, shop ek groot want ek haat dit. Menlyn is nooit fun nie.
7. My foon se sms geheue was al 4 keer vol gewees die week. maar ek wil nie te veel weg gee nie.
8. Miranda vd Zeyden staat op trou. kan jul glo. sekker nie, want jul ken haar nie maar ek sal haar oor so maand of 2 sien. gan glorius wees. legendary.
9.the crocodile hunter is oorlede op omstrede wyse en dus is die ausies nie meer sulke groot diere liefhebbers nie. Yep hul het selfs die week die skape buite laat slaap.
10. Oor die algemeen was daar 'n truppel in my stappie gewees.

So daar het jul dit. punts gewys en op die man af. nes freek roberson en 3rd degree.

Groot nuus. Jaco kom weer wildtuin toe. ja die man is lyk my terug oppad SA toe. of ons dit sal sien weet ek nie, maar dit voorspel net moeilikheid.

En ed se party foto's is excellent.

groete tot later
die Uwe reen koning

lei bliksems lei...

Saturday, September 09, 2006

My tekken video

Right, die wat daar was ken die geskiedenis.
Die wat nie daar was nie hier is 'n rundown:
Daar was besluit om 'n toernooi te hou.
Daar was 'n wenner.
Hy't geluister na Fokoffposisiekar toe hy die toenooi gewen het.
Dus het hy ok gecelebrate met die liedjie.
Nie almal wou gees vang nie.
Die liedjie het baie krag woorde.
Dus se hy baie krag woorde.
Sy maters se ook baie krag woorde...maar dis na sy kant toe gemik.
Terloops, die bloubulle het ook daai aand gewen.




Rhagobi/spiderman

Yes ouens, so gisteraand het ek so bietjie saam met vrinne gekuier wat ek lanklaas gesien het.
Ons het gebraai in soos in die ou dae en dit maar rustig gevat.
Wie was almal daar?
The Usual suspects...

alicia & surina

Matthew & Neale
Jaco
Jaco se sus???
Ben...in die agtergrond (lol)

Ek en benna

Ben bring vis vir 'n Braai?

En ja, dis I&J...drama studente..hoe anders?


Celeb vir di Aand was RHAGOBI, die polokwane spiderman. Hy het mure geklim. Gese "GHooo", webb's gespuit en spiere gebult. En ek het die eer, ney, voorreg gehad om die man in lewende lywe te ontmoet en te groet.


How could you be sure?

Seen All
Good things and bad
How can you be smiling and saying:
"How can you be sure?"


Ed se 25 verjaarsdag? of so het ek gehoor?

Wel, dit was soos ons verwag het 'n groot dag gewees vir ons favourite beer van die noordelike provinsie.

Baie dinge is belowe, baie dinge is voorspel en verwagtinge is oorskryf.

Nou ek onthou nog vir Ed van skool af as die skaam outjie met die enigste glimlag wat "scalier" en slinkser as myne mag lyk. Dis nie net 'n glimlag wat se hy't sopas die melktert van die kombuistafel afgesteel nie, maar toevallig ook die kok en sewe bediendes in die koelerkamer beet gekry.

Hier is 'n foto of twee, want wragtig ek wil nie veel se nie. Ed moet. Buitendien het my verrigtinge slegs tot 9 uur die aand toe gehou.


Hierdie foto is inderhaas 4 keer oorgeneem want daai vuur was wragtig warm

Nog 'n "WESTLIFE pouse" oefen sessie vir holland..eks amper weg, ed is.


Neale, ek en Alicia...Geluk neale met jou landie...ek hoop hy ry lekker.

Right, weer eens geluk met die party en die groot 25, ed sal versekker die hele storie en foto's spin vir die wat wil weet...en ek sal nog by neale gaan foto's haal en dalk nog 'n keer of wat post.

"If i could be who you wanted, if i could be who you wanted. All the time"

Monday, September 04, 2006

Well, I'm long gone

Jong ja, mag ek se dat dit 'n heerlike naweek was. Ek was bietjie huistoe, en het vrydag laat middag daar aangekom. So bietjie geswot en toe het ek by alicia hulle 'n stunning ete gaan nuttig. Neale is versekker 'n bo-baas kok, en enige geleentheid wat ek kry sal ek nuttig as hy 'n spatel en broodmes in sy hand het.

Sommige mense kan maar net kook, en hul geselskap is altyd goed vir jou siel.

So toe is saterdag op my en ek wou gaan werk het, maar vader wou toe he ek moes hom wys oor kamera's want hul werk wil vir hulle koop en hy wil groot gaan...die probleem is net dat daar 'n fyn lyn le tussen semi-professioneel en professioneel...en natuurlik tussen wat my pa met die kamera wil doen en kan doen.

So, die plus punt is dat ek nou saam in die deal is, maar ek gaan nou so bietjie meer spandeer as wat ek wou...so dis alweer brood en water vir my vir die volgende paar maande.

En toe is dit ed se party...weereens in die bos. weereens so rustig soos 10 en gelukkig het die bokke gewen. Hmm...ek het probeer visvang van so 5 uur af, maar dit het nie lank gehou nie..want die mense wou kuier. En buitendien het ek bietjie flouerig gevoel omrede daar bloedsuiers in die water was en ek mos met my voete daar staan en in loop het...not cool.

Ons het maar begin kuier, en ek was rustig met 'n bier in die hand toe ons begin pons drink het...die pons...was 'n onderduimse hel...en hy het siekies op jou afgepyl en jy het niks gevoel nie...totdat jy weer kyk en voel jy voel wragies nie lekker nie en jy begin strompel en voor ek weet het ek die bed gaan opsoek.

Dit was sekker 9 uur die aand, ek het heel eerste uitgeklutch van almal...klaarblyklik het ek baie gemis. die leeuloop. die foto's shampanje. en klomp ontaartse dinge...so ek kan nie besluit of ek bly is of nie. aan die plus kant was ek die volgende oggend 6 uur wakker sonder 'n hoofpyn of enige iets. weird ne?

en dus is ek toe weer huistoe, tassie gepak en reg om te swot vir more se toets.

Endo hier kom ek.

Friday, September 01, 2006

Tand vir 'n tand, Hoe sout is jou seer?

Right mense, first things first....welkom aan Dr. Aninke Lippert wat nou ook ons blogger community ontdek het. Sy het die afgelope paar weke 'n goeie vriendin van my geraak nadat ons saam by KGM se ko-assistensie gewerk het. Die girlkie het baie spunk en ons verstaan mekaar gereeld mis..om mooi te wees, ons het gisteraand ooreengekom om mekaar mis te verstaan met sms'se en ek moet eerlik wees...ek weet nou glad nie meer of sy kom of gaan nie.

sy het ook nou 'n posting gesit en sal versekker 'n foto oplaai sodra sy dit reg kry. Aninke ons hou duim vas.

Tweedens...Edrich, buddy...pel...ek is oppad en ek hoop om 'n visstok of 2 saam te vat want ek het my hobby net te veel afgeskeep die laaste paar weke. dit mag nie. Hmm, ek vat ook boeke saam want ek moet swot, maar ek weet sommer al klaar ek gaan nie, so ek redeneer dat ek sondag baie vroeg gaan terug ry om te swot...maar ek weet ek gaan nie, so endo moet nou maar net goed gaan.

Derdens. Ek het nuus ontvang dat Sarel my friend van maroela af dood is. Dit was ongelooflik hartseer om die nuus laas vrydag oggend te hoor, al het ek die man 6 jaar laas gesien. Dis baie sleg as mense voel hul pas nie meer in die lewe in nie, of dat hul voel hul niks met hulle lewe regkry nie. Sarel het selfmoord gepleeg. Hoekom en waarom weet ek nie presies nie, maar ek het dit soort van verwag al jare terug. Fabio/Sarel het my bloot gestel aan maroela lewe in die eerste jaar, ons het laat aande saam geswot..ek bsc.med.sci en hy bsc.biol.sci. hy het my voorgestel aan vriendin nelda en anri en aan my X Irene...wat my lewe heeltemaal verander het. Hy het my voorgestel aan martie wat toe vir 'n ruk met Casper uitgegaan het en dus sy lewe ook beinvloed het. En soos wat die ketting maar net aanlas het ek uit eindelik opgeeindig waar ek vandag is...Met anderwoorde: ek sou nooit tandheelkunde gaan swot het as dit nie vir hom was nie (hy't my aan irene voorgestel wat my ambisie gegee het om verder te swot). Ek het vir botha deur nelda ontmoet wat nou 'n goeie vriend van my is, al sit die man so doer in die kaap. Ek sou nooit die mense van "the dental studio" af leer ken het nie, omrede ek nooit sou tandheelkunde geswot het nie. ens. ens. Ek sou nooit die site ontwikkel het nie...en nie een van jul boggers behalwe rolf en jaco sou dan so lekker kon tik soos jul vandag kan nie...so se dankie aan sarel.

In kort, Dankie Sarel. Jy het onbewustelik my as persoon ongelooflik baie beinvloed, sonder dat jy daarvan geweet het. Sonder jou was ek versekker nie die mens wat ek vandag is nie. Dankie vir al die goeie tye wat ons kon deel, en ek is jammer oor al die slegte tye wat jy moes beleef. Ek hoop jy vind rus.