Monday, February 20, 2006

Breaking news
Brielie se Bulle number one on log...well done, i knew it would happen one day...but didn't expect it so soon. As hy net geweet het, maar nou sit die blonde bom en neil in austria, besig om blonde ski-instructors op te chat en bome mis te koes met daai sneeuborde van hulle. Ja julle bogger, ek wens ek was daar. Die groot vraag is...wie gaan die week vir brielie sy inskrywings stuur...tien teen ek...mwhaaaa....

My vriend, mastermind le op posisie 24 na 'n afskuwelike vrydag...ja...hy't my ook getref...diep en seer

kamp bloustaal le weer stewig die week, met 'n 76...jy kruip nader...hou so aan

ou chuck skuif af na 83...maar een roundhouse kick en hy is weer bo...chuck doesn't sleep, he waits.

gullowane, ou pel...ek skat dit was die stormers ne? en die bulls? ons spanne wat ons so teleurstel...jy le op 'n stewige 107, ma moenie worry nie, dit kan als die week verander...dan skyf jy sommer 'n hele 107 plekke op.

married without children...sit op 160, boetie...jy moet op beweeg met die log...nie af nie...

En heel laastens Botha...mik jy vir die laaste plek prys...200...dis nie hoe ekke jou ken nie? wat gaan aan? jy bly sekker te lekker saam met nelda om rugby te kyk? A-nee-a, se vir haar sy moet meer kos maak en jou minder pla die week...jy het rugby predictions om te maak, en grootes.

en laastens captain confusion met his match with the terminator...bietjie opwinding vir laaste plek sien ek....

So, die naweek kom ek huis toe, ons kyk chris cameleon en vang vis en dis tekken challenge...so tussen deur moet ek 'n taak oor practise management skryf wat sekker nie gaan gebeur nie...ma nou ja...daai trofee moet weer terug kom huis toe....hoe anders?

en dis dit vir eers
groete
willem

3 comments:

Marius said...

Ja, die naweek was vir my shocking (bedoelende die super 14)
En nee, dit was beslis NIE die Stormers OF die Bulls nie, ek het hul albei vir 'n verloor opgesit (ek is een van die min wat nie so 'n groot kop het dat ek kan insien dat die Bulle wel kan verloor van tyd tot tyd )
Nee, inteendeel, ek is in die steek gelaat deur die Sharks, wat met een skamel puntjie my sowat 20 plekke op die leer gekos het, en die Cats, wat hul harte uitgespeel het vir 'n verandering en my nog 20 plekke op die leer gekos het. Die bliksems.
Maar, sal ek sê, my opinie oor 'n paar spanne is permanent verander. Fok die Blues ou maat, Fok die Blues!

Marius said...

Ja, dit sal seker 'n Tekken Challenge moet wees Saterdag. Ons sal die mense probeer uitnooi, sommige se Saterdae is voller as ander s'n....
Thanks vir die Chris Chameleon-ding. Wat skuld ons jou nou al alles?
Omtrent jou taak moet ek sê ek kan nie minder omgee nie. Slim mense doen hul take in die week al klaar sodat hulle nie naweke hoef te worry nie. Hulle maak tyd, ou maat, hulle maak tyd.
Sien jou dan Vrydag, ons kan ook begin brainstorm aan T-shirts vir Metallica (of anti-Fokofpolisiekar T-shirts, die Godslasterlike bliksems)

Marius said...

Lees jy nooit die Beeld nie?
Fokofpolisiekar het in 'n onderhoud gesê "F*k God" en "Christenskap is 'n p**sspul". Hulle het ook F*k God op jong aanhangers se beursies geskryf in plaas van handtekeninge.

Ek is jammer, ek vereis nie van mense om Christene te wees nie, ek skryf ook nie voor nie, maar dis onnodig om openlik te laster.

Ek sal die een wees wat boo as hulle optree by die Coca Cola Mega Mix