Monday, November 27, 2006

Visiting the BBC (bikes, babes, computers)





Wel dit was 'n lekker naweek, en ek het uiteindelik die moed bymekaar geskraap om 'n foto saam met 2 modelle te neem...nadat ek dit sterk oorweeg het met die ander 10 pare modelle by wie ons verby gestap het. Ek meen, dit vat regtig effort om na so 'n meisie toe te stap en 'n foto te neem. Veral as jou gewoonlike respons 'n toon-in-grond-in-boor respons is, met die woorde "aaaah...shucks".

Tuesday, November 21, 2006

Amsterdam

Hier is die klein/cheap weergawe vir SA mense...





Better kwaliteit vi mense met snelle modems of baie tyd...


Tuesday, November 14, 2006

Earthworm Jim



Well, vandag kan ek nie anders as om van Earthworm Jim te gesels nie...brielie se karatie kid 3 storie het my herhinder aan die dae wat ek en ed en casper die program vir niks gemis het nie.
Dit was om en by std.9 rond gewees en soos enige normale tiener was ons permanent op die uitkyk om te score. Dit mag dalk die hormone gewees het wat ons daartoe gedryf het, of dalk die feit dat ons op daai stadium dit nog nie so goed reggekry het nie....ek skat op daai stadium as dit met jou gebeur het dat jy 'n meisie vry het, was dit either 'n moerse misverstand of 'n werklike wonderwerk...want dit was regtig moeilik vir ons ouens gewees in daai tye...op daai stadium het sommiges van ons dit nog nie eers gedoen nie...maar anyhow. dit was die maer jare. Wel die meer as gewoonlik maer jare....en meestal was dit ons eie skuld.

So, dit was 'n moerse mission gewees om in te kom by 'n mooi meisie wat jou toelaat om by haar te kuier en met haar te gesels. en nog soveel meer moeiliker om nogal by 'n maklike meisie te gaan kuier, wat jou buddies van vertel het is maklik...want sy het nou die dag vir so en so gevry...en is nou die village bicycle, etc. etc. Want snaaks genoeg het ons dit nooit reggekry om met hulle te vry nie...dit mag dalk die moerse tou gewees het waarin ons gestaan het om by die voordeur in te kom, of dalk was die idee om iemand te soen met droee lippe te veel...want daar was nie meer rooi koeldrank oor nie. wie weet.

anyhow, casper het op die stadium 'n vriendin ontdek wat in noorderland was en sy was 'n model. ouens ek se vir julle. brunette, blou oe, blas vel...die works. pappa. en sy was berugt gewees. Wel, ek onthou nog die dag wat ons by haar gaan kuier het, en lekke gechat het, en ernstig gevaal om enigsins iets biologies te doen, maar moenie worry nie ouens...want kommende 3:40 die middag het ons vir haar gese toedels. Ek onthou nog, ek was besig om duime te rol op 'n sitkamer stel. Dit was my normale posisie gewees daai tyd. En Casper het soort van 'n gesprek aan geknoop. Jul weet, die hoe gaan dit met jou ma'le tipe. Ek ek dink toe dit was ed wat agter gekom het wat die tyd was....en toe sit ons met 'n panarie. hoe se jy nou vir so 'n girl jy moet waai, uhmm, want jy moet 'n strokies prent op sabc 3 gaan kyk. Ons het die eerlike roete gevolg en dit straight foward vir haar gese. ek dink dit was capser gewees. en wroem, weg is ons soos 1 man om ons favourite show te kyk. snaaks genoeg het ons nooit weer iets van die gril gehoor of ooit weer by haar gaan kuier nie.

Ja, dis hoe belangrik earthworm jim vir ons was. en ek kon nooit verstaan het hoekom hulle nooit 'n 2'de seisoen van die storie uitgebring het nie. So, ek het vanaand spandeer om al die ou episodes te kyk en op te vang met my jong dae. Ek kon weer lower-back pain man sien. en sidekick peter. en dit was goed. So as 'n bonus vir ed post ek die theme song van ons favourite show...Ed, gryp vir Casper nader en ons sing hom uit volle bors.
ps. ek sit ook vanaand en wonder of ons slim was om die 3:40 skuif te gemaak het. Wel ek rekken so, op daai stadium het net brielie dit reg gekry om koning te kraai onder die girls....wel so se hy.


Sunday, November 12, 2006

Snowworld

hier is ons video oor snowworld 27 meg groot, so as jul wil kyk wees gewaarsku. maar dit was vet pret en ek raai di storie aan vir enige persoon wat nog twee bene het. soos my een onnie op varsity gese het, dis better as seks. ek weet ni so mooi daarvan nie, maar dis versekker di meeste fun wat mens op twee bene kan he.



Rundown of 2005-2006

So here it is as a prelude to my travels. starting from the destressing november 2005 up untill a few weeks before i left for the netherlands. this file is big, so you might consider not to watch it.



Monday, November 06, 2006

Amsterdam

hier is ek en paul se eerste gedagtes oor amsterdam en oor holland oor die algemeen.




Sunday, November 05, 2006

Would u be my sweet thing?

Aviators at work

hello almal.

Ek weet nie veel nie, maar ek weet darem meer as bush. Ek weet ek het lanklaas gepost. En ek weet jul laaik dit nie so kwaai as ek te veel of te min post nie. So ek sal maar probeer matigheid voor oe hou.

Wel, eks nou in holland, meer presies Nijmegen. Het Amsterdam vir so 2 dae besoek en al klaar 'n poolse party bygewoon, waar ek tipies die enigste ander suid-afrikaner ontmoet het wat homself ook in die geweste bevind. Dit was werner. Werner het saam met my begin swot toe ek nog my eerste graad gedoen het en hy en sarel was groot tjomme.

die wereld hier is klein.

Spesiaal vir Ed: die eerste dag het ons gedog hier is net mooi mense in europa. Ma al die hunchbacks het so stelselmaatig aan ons aankoms gewoond geraak en ons sien nou beina daagliks oorgewig en ugly people.

wat ek wel kan se is dat die mense ontsaglik mooi aantrek hier. hul daaglikse klere is soos my jobinterview klere...maar dit het my nog nooit afgesit nie en buitendien moan ek nie as iemand 'n euro of 2 in my hand stop nie.

goed.

Hier kom 'n foto van my 2de handse bicycle wat ek vir 100 euro's gekoop het. En dan net om te wys dat ons wel nie heeltemaal kultueel ongeletterd is nie...hier is 'n foto van myself by die museum plein.


toedels tot later
willem