Wednesday, November 30, 2005

Right, jul weet ek was af en redelik waansinnig gewees die naweek om sulke nasty goed oor my vrinne te skryf op die blog. Soos ek gisteraand by the deck vir marius hulle gese het: "jul het my darkside gesien". Ja darf wimmil was hoog in my kop gewees toe ek die paar postings gedoen het. En ek het dit eers besef toe ek vir marius hul gevra het hoe die blog was en ek daai uitdrukking gekry het van jy is... laer as skuim/nasty nurses 3 het my nie so baie geskok nie/"whadahf@ck"/asook "o, jy's ok 'n man"....so ek het onsin geskryf en as jul eerder iets meer oor verhoudings en die lewe wil weet is jul welkom om marius se note te lees.

Dankie vir julle en casper en ed. jul maak die lewe die moeite werd.

Ek moet ook vir Meisie A onverskoning maak, want mens moet nie mens se opinie lig voor jy 2 jaar saam met haar spandeer het nie.

Moenie rooiwyn of cocktails by die deck drink nie, dis nie die moeite werd nie.

Ekt besluit om my eie blog reels te begin "hamburger en tee house rules" soos die van "cider house rules"...nie dat die storie daaroor gaan nie, maar meer en deels omdat ek die naam smaak en ook omdat my blog, nes die boek, oor die afgelope paar weke 'n aborsie was.

hamburger en tee house rule 1:
Die blog is 'n happy plek en mens skinder nie oor ander mense hier nie

sal nog verder aan ander reels dink, jul is welkom om jul eie's by te las. Ek het al my darkside postings ge-edit in blackhole postings deur van al die lelike dinge ontslae te raak. as jul dink ek het iets gemis, laat weet my gerus en ek verwyder dit.

groete tot 'n volgende keur
Darf wimmil

Sunday, November 27, 2005

Ja ouens, was toe gisteraand op 'n date. En dit was heel oraait, maar ek kry myself nie verder as soen nie...nou weet ek ook hoe dit voel as ......................... Ek dink ek mis daai va-va-voom. Miskien sal dit better gaan verder in die week, ek is seker dis als in my kop. Fine, ek kon seker meer gedoen het as vry of verder gegaan het. Die ander ding is dat ek so lanklaas iemand anders gevry het, ek het vergeet hoe dit voel met 'n ander persoon en iets in my kop se die heeltyd vir my dat ek iets verkeerd doen en dat my tong wel nie in haar maagsappe moet rondwarrel nie. Dit kan dalk 'n chocking hazzard veroorsaak.

Bygese het ek besef ek's regtig sleg met die eerste date ding...ek't die girl gevat vir 'n fliek en koffie en toe 'n rugby game wat ek weet sy nie sou geniet nie (en wel later die aand toe ons verloor het, het ek dit ok nie geniet nie). Dis toe wat ons huis toe ry en daar daai stiltes oor mens val en ek dink die girl dink eks 'n loser...maar wag...toe nooi sy my vir 'n koffie...en gat haal haar foto albums uit (met baba foto's en 'n bikini foto van str.8...'n eerste wat dit met my gebeur) en toe knoop ................

Ek dink ek gaan dit stadig vat met die girl (was ek verkeerd oor daai een), wat snaaks is...want ek't ......................en dis presies wat ek nodig het op die stadium. Maar nou dat ek haar better leer ken, is sy nie so .............. nie...of is ek dalk nie ............... nie. Die lewe is interresant, die lewe is 'n lied.

Right, ek ry vandag pretoria toe om daar oor te slaap en dan vertoef ek na secunda om te gaan kyk na 'n spreekkamer uitleg, waarna ek al die pad terug ry. Gat seker by cj oornag omdat ek nie alleen in pta wil slaap nie, en nee...ek slaap verseker op die bank so 5m van hom af weg as jaco weer met sy gay streke iets vir my wil se.

Dis 'n funny gevoel die...wanneer jy nie 'n meisie dadelik wil sms nie, om te verhoed dat sy dink jy's 'n loser...maar jy wil, net om te se hi...ek dink nou al die hele oggend oor iets wat ek vir haar kan se, maar WAT?

groete tot 'n volgende keer, en marius die stukkie van ......................................................., sal dit nie delete nie. so lees gerus maar verder.

thanx rolf vir jou blog en jaco thanx vir jou raad
groete tot 'n volgende keer
wimmil

Saturday, November 26, 2005


More mense, eks vandag redelik broos maar het gisteraand my eerste vry reggekry...en vanaand gat ek groot. Maar in dieselfde asem is ek so bietjie de fabond in vir van my vriende en die groef waarin hul hulself laat beland het.

Mense, mens gan nie club toe om te suip, te dans of na die horribaaaale musiek te luister nie (wel ten minste normale ouens), .........................(klaarblyklik gan mense club toe om hoenders te check, te suip en moeilikheid te maak). ...maar wragtig mens soek daar defnitief nie 'n trou vrou nie....

en dis wat ek nie verstaan nie, ............................................soos marius sal se "....................". ..............................die girls ....................verander in kloosterkoeke wat ............. is deur hul pa's en nou sit met 'n feministiese haat teenoor mans. Regtig, ................................(hot and flusterd natuurlik, ouens). En dis waar ek terug val na "the Rock" toe met my eie twist: "......................................, winners go home and karnalie the prom queen". Jy kan praat so veel as wat jy wil, as daar nie aksie is nie, was daar boggerol.

So, wat ek eintelik se is die volgende: ouens asseblief, as jul uitgaan...probeer iemand opchat, al is dit juffrou fokkens...wie gee om of sy jou afskiet of jy jou naam vergat. Kan mens jou naam vergat deur vir iemand te se jy stel belang? ek dink nie so nie. So daai storie wat jul spin is vir die voels. En om te se daar is niemand mooi's die aand nie, werk ok nie. As jy goed genoeg was om iemand aantrekliks op te kon tel sou jy jouself nie by die club bevind het nie, ne? En weereens, as jy dink haar persoonlikheid stink, who cares...jy moet mos weet as jy soentoe gaan, dis wat jy gat kry. So stop die ......... en vry 'n girl, maar dra ten minste 'n ............., voor jy ok eindig met 'n ................................

groete tot 'n volgende keer
wimmil

Thursday, November 24, 2005

Pelle, en weer eens pelle

lees daai comment van marius en jul sal verstaan...dit kom nou van 'n ou af, hoe sal ek dit stel...soos daai song "pas getroud...nannananana...pas getroud", en nou wil hulle saam met ons ................... rond hang, a-nee-a. Buddy, jy't iets goed daar aan die gang, en geniet dit vir so lank as wat jy kan...met die volgende bedoeling, om en by 50 jaar.

so marius, nou moet jy net jou blogger adress ook vir my gee, dan weet ek mos waar jy post. want post sal jy post.

Ons het vanaand saam met die maters gekuier, en ek het 6 love vir ed se gat geskop...sommer 1,2,3...nee wat 6,7,8 neeeeee....9,10 keer in 'n ry. Dan raak 'n man mos frikkie met tekken 5. By the way, lat marius vir julle sy storie vertel van hoe hy sy true love ontdek het. Sy was dalk 'n stalker in die begin, maar sy't heel goed uitgedraai, luv ya anel.

En chippie lyk nou ook asof hy op die prauwl is...blykbaar 1324 messages gekry van 1 girl af in 1 maand...maar ons almal ken vir chippie, so om dit realisties te stel het 'n girl vir hom die maand ................................................................. Ons almal het ons plesiertjies tog in die lewe.

Cas het gat grotkryp, nee hy's nie gay nie, maar hy het wel met 'n onderbroek vol gwanna terug gekom...moet ons die spca laat weet van die verkragte vlermuise in die grot. Wie weet?

Dan het ons ook die lekkerste boerewors rolle met tjatnie en tammatersous ge-eeeeet vanaand. dis nou ouma wors. en julle soutnekke daar anderkant mis dit seker een karnalie skoot.

ek het gehoop dat .......... my vanaand sal bel, maar dit het nie realiseer nie, gewoonlik kuier sy donderdag aande saam met haar vriende in rustenburg, seker vanaand met 'n spesiale vriend..boeta, ek hoop jy voel eendag soos ek voel, sterkte.

Wel, ek het nou op 'n paar dates gegaan, maar kon dit net nie oor my hart kry om iets te doen nie...selfs ............... wou nie werk nie. aaai ja jaaai

die naweek fondue ek saam met alicia hulle en saam met van haar vriende, eks seker dit sal lekker wees. ek hoop net nie eks 'n spaar wiel daar die aand nie.

groete mense
ek sal weer post met prente en dinge.
maar gat nou slaap
willem

Sunday, November 20, 2005

Antidotes for loneliness in a goldfish bowl would be easy to get to. Appear assured at all times. See no-one as a rival. Compliment those who deserve it. Cooperate. Give yourself to someone each day. Develope skills that occupies your hands as well as your head. Make a point with being happy with people. Never cry over spilt milk. What's done is done. Up there in your goldfish bowl turn to God and you will find that you were never alone in the first place.

my koppie raas
"Maak gou, ek wag vir jou..."

Enige Suider afrikaner behoort daai woorde te ken, en nie omdat ons dit elke "gefnuikte" keer gebruik as ons wag vir die ander geslag nie, maar omrede dit liedjie nommer 3 is op klopjas se 15de laan. Om een of ander rede speel ek die cd permanent deesdae...wonder hoekom.

En jaco gabba, ek weet om te vergeet moet mens van als ontslae raak...maar ek het mos vroeë altzheimers en dis vergeet ek baie maklik...so ek skat ek gat die goed hou. Woorde wat vashak in my kop is die volgende: "jy't vir my gese, jy sal bel. Nou maak ek weer 'n draai in my jong mans hart se hel...whooeeeehoeeehoee". En ek is uiters bedonderd al van gister af om veeeeellleee redes.
Dis verbasend hoe baie mens kan doen as jy moet besig bly. ek het vrydag middag na werk saam met ons personeel 'n wyntjie gedrink om my uitslae te vier. Daarna het ek nog 'n wyntjie saam met ed en cas gedompel...maar ek moes waai daar, want dinge was net-net still genoeg om my te laat dink aan ander dinge. Right, toe kuier ek saam met cj en 'n paar lekker kinnes (woord in die kaap vir girls, van om en by ag 19)...daar was hoop, todat hul begin praat het van seks en dat hul nooit-ooit die wilde ding sal doen voor hul getroud is nie. Net daar en dan besluit ek om te back-track en maar dit 'n nag te noem. Girls ons praat wee oor 'n jaar, as ek kon sou ek gehelp het...maar ek het net nie die krag daarvoor nie...kan nie almal met die hand groot maak nie.

Saterdag oggend bel cas my 6:30 vir 'n visvang sessie by mountainflyfishing...so toe gan ons. tweede cast 'n vis gehak, en daarna was dit stil. En dis toe dat ek besef dit was 'n moerse groot fout om by die viswaters te kom...jy kry mos lekker tyd om dinge vir jou self uit te dink en as jy vashak bliksem jy die stok en skop paddavissies ens. so toe's ons 3 uur al terug.

En met die bel ek toe vir cj wat nou 'n quad gekoop het, en ons gat ramp toe bietjie by capricorn racing club. Hier is foto's van vandag (dis nou sondag, ja ons het weer gegaan). Maar let wel...ek lyk soos 'n panzy op die foto's want cj kan nie aksie foto's neem nie en dis lyk ek maar horing...aan die ander kant lyk cj soos 'n cowboy, want gabba kan mos mooi mik...wat ek eintlik wil se is: ek ry nie soos 'n meisiekind nie, dit lyk net so...en ek weet ek gat hel kry oor daai een.

Ouens, ek wil weer eens dankie se vir jaco, botha, cecile, casper, ed, cj, my ouers, en rolf (dis nou die dag wat die gabba weer 'n posting doen/of op die net kom/of sommer net by pik). Ek het wel besluit dat niemand dit like om sulke diep/depressing sake te lees van iemand anders nie...volgens die gesegde...dis jou kak, nie myne nie...so ek gat probeer om te smile vir julle en myself en as daar weer 'n funny posting opduik/of 'n parragraaf/of sin/woord/of letter, verskoon my/lees dit deur of skip tot die volgende sonstraal. Ai, hoe mooi eindig ek af daar.

So, die naweek was regtig great gewees, behalwe dat dit nie so gevoel het nie...ek sou dit graag met iemand wou deel, so nou deel ek dit met julle...

bygese het ek weer oom geword, die slet van pietersburg was weer op die proawl...so nou sit ons met 4 kinders.

groetniss
tot volgende keer
willem
ps. rolf...scuba in ptown kos R14oo, so as jy wil...weet jy waar om dit te doen.

Thursday, November 17, 2005

more ouens, vandag het goed gegaan tot en met die tyd wat ek moes huis toe gaan. En soos ek nou 'n tradisie opgebou het die afgelope 3 aande het ek 3 bottels wyn uit die kas uit gevat en leeg gesuip by ed. Dit het gewoonlik gewerk, maar nie vanaand nie. Ek was uiters depressed gewees. Hoe's dit moontlik dat iemand vir wie ek so lief kan wees, niks om gee vir my nie? So ek het buddy marnus laat weet eks single...hy't fokkel terug laat weet. en vir buddy botha laat weet, en hy't vir my gese dit sal better raak na so paar jaar...en dat dit better is dat dit nou gebeur en nie 15 jaar later nie...great, maar ek voel ons het 5 jaar saam deur gebring...en dis erger om so iemand af te staan aan sulke omstandighede as om iemand af te staan aan die dood. Dis kak, want jy weet jy kan hul bel...maar jy weet hul wil nie regtig van jou hoor nie....dis uiters kak.

en soos klopjag se..."sy't gese, sy sal bel....nou maak ek weer 'n draai in my jong mans hart se helll....oehohoeohoe...ens"

dankie broeder jaco, vir jou goeie gesprek van gisteraand...ek ken geen iemand wat my van so ver af sal bel om my better te laat voel nie, jy't my hart snare geprikkel en my dag gemaak.

Ons was vanaand gamblers/club toe, en dis kak om daar in te gaan en absoluut falie met die girls wil te doen te he...die sin is nie reg nie, maar om en by verstaan jul wat ek se.

Ek's so bang om my selfoon te laat lui na haar kant toe, en ek kyk elke 30 sekondes of daar nie 'n bootskap is nie...ek gat sommer die ding weg gooi, want hy gaan moeilikheid vir my maak.

dis swaar.

ek dink ek moet gaan slaap, ek staat more oggend weer op 6 uur en dan wag daar 'n lang dag vir my...

hoe gaan ek ooit verby die storie kom
ek wens ek kan

willem

Tuesday, November 15, 2005

Goeie more mense.
Dis glad nie 'n lekker blog om vandag te lees nie. Vandag se blog gaan ten volle oor verhoudings of meer die beeindiging daarvan.

Right, soos jul kan aflei is ek nou weer single, en ek weet nie presies hoe ek daar gekom het nie. Maar ek is daar. Basies het sy my gisteraand gebel, en vir my laat weet dat ons tyd by ons eie nodig het. "Om dinge uit te sorteer...ons albei". En ek kan vir myself lieg, en vals hoop gee. Maar ek het al vroër in my lewe vir edrich die volgende gese. "In 'n verhouding is daar nie iets soos tyd af vat nie, dis of verby of dis goed". Sien ek verstaan dat enige mens in 'n verhouding baklei, en kan kwaad wees vir die ander persoon, maar jy baklei en kry dit oor en verby en dis uitgesorteer of dis nie. Geen middelman nie.

Sien sy het laas week dinsdag my gebel en vir my gese dat sy nou al die afgelope 7 maande ongelukkig was in ons verhouding. Dat ek haar te veel seer gemaak het, en dat sy basies my emosioneel uit haar lewe uit verwyder het. Dit was 'n trokslag vir my, veral nadat ek planne gemaak het om verloof te raak, (by the way, ek het 'n verloof ring van 18 wortels wit goud, met 'n .52 wortel diamand, as iemand belang stel...dis 'n verskriklike goeie gehalte steen en daarom is die prys om en by ag, maak dit R12 000...maar op die stadium sal ek iemand seker betaal om dit by my te vat)...ek sit ook nou met 'n verlowings naweek wat ek klaar afbetaal het...so ek sal seker maar moet gaan, maar "faaaallie" weet ek gat daai naweek nie op my eie kan deur bring nie, so rolf...jy is welkom om my te join, ek gaan soveel mense as moontlik uitnooi. So jul sal my moet oppas en ondersteun daai naweek in 'n war-bar van gesuipenheid en vroeë oggend visvang sessies. Jaco, as jy wil kom is jy welkom pel...maar jy betaal jou eie vliegtuig kaartjie.

Mense, ek moet nog een of ander tyd al haar goetters uit my huis uitkry...en ek is bang vir daai dreaded 2nd rejection, daai een wat jy kry om net mooi jou ter helle neer te slaan. Net soos die duiwel wat jy is.

Ek skat ek sal jaco se biggest loser ding join, om die volgende redes...ek eet "frikkie" niks nie...is nou in die oggende 4 uur wakker so ek kan maar net so wel gym en ek sal seker moet mooi lyk as ek weer die enkel loper mark wil betree.

Ouens, dis "karnalie" om hier te wees waar ek nou is. Ek skat ek moet seker nou maar die pad loop, en ek weet eks nie die enigste een wat die pad nou al geloop het nie. Casper en Ed is ook daar deur en hul het belowe hul sal my in denmar of weskoppies in book as ek hulle begin af-"uriene" later.

ouens ek moet gaan
lekker dag verder en ek wil amper se bid vir my
williewiemps

Wednesday, November 09, 2005

Goeie naand mense. Jong was ek besig tot nou toe. Fabond (dankie marius, jou karnalie). So ek het toe begin werk by Dr. ... die week en dis 'n leer sessie een strook deur. Dis verskriklik interresant, met al sy nuwe gadgets en goete waarmee hy die heel dag speel. fun, fun, fun.

Maar ek moet se die naweek was die beste.
Ons was mos naby Machadodorp na 'n plaas met die naam winkwater toe (www.winkwater.co.za) en dit was net een groot jol. Dis nou ek, my (ex) meisie, chippie en my ouers. Die weer was teen ons, want dit was die eerste naweek waar die reen oor die hele SA geval het (terloops 50 ml in p-town), maar ons het nog steeds die visse uitgeruig...die groote vissermanne wat ons mos is. Ons het wel nie so baie visse gevang soos gewoonlik nie. Om eerlikwaar te se het chippie vrydag 3 visse uitgehaal (ek het nie daai dag 'n lyntjie nat gemaak nie, het vir my girl gewag...ja ek weet eks 'n panzy). Saterdag het ons so om en by 30 visse almal saam gevang en Sondag weer 'n hele klomp, om en by, ag, 20.

Not to shabby hey niaage...maar hiers die groot nuus...saterdag oggend trek chippie mos die eerste vir oor die 2 kg uit...nou dis redelik huge vir 'n forel en jy vang hulle nie sommer nie, dis ook die enigste een van die ou grotes wat ons toe uitgehaal het, die res is almal 'ge"-catch/weighed and released. Net daarna, hak hy weer een, miskien bietjie groter, wie weet...maar die ding stroop toe al sy lyn uit...en hy moes als weer in katrol, wat 'n mooi vis.

Toe het ek so bietjie daar gat staan en my forel van oor die 2kg uitgehaal. Ok maar "net-net", want toe ek hom wou skep in die net, pas hy nie in nie, en onduik my vir nog een run-of-freedom...dis toe wat die fabond die fan strike, want toe breek my stok...fabond ja. Ek moes hom verder met die hand uithaal en kop eerste in daai net in kry. Ek het ook net daar na weer 'n groote gehak, maar die het al my lyn afgestroop en toe die leader (dis nou daai deurskeinende stuk lyn voor aan die punt) gebreek...wat terloops 'n breekkrag van 4.38 kg gehad het.

Ag, verder het ons maar die hele tyd deur gevang, en ons het die prime spot prys gegee vir Irene, om ook 'n groote te hak. Die het sy eers Sondag reggekry, toe sy ok 'n forel van oor die 2kg uitgehaal het (dis haar grootste tot dus ver). Ek's so trots op haar (punte (toe nou nie)), en dis niaas dat sy van my tipe ding ok hou (bing-bing-bing(ok nie)). Ek het wel nou nie 'n foto van hare hier nie, dis op haar kamera, maar sal dit oplaai sodra ek die prente ontvang (vergeet dit maar).

Daar was natuurlik die primespot waar ons die grotes uitgetrek het, en daarvoor het jy daai swempakkie nodig gehad waarmee ek in die foto's rond paradeer. Om een of ander rede het die grotes daar gevat. Maar dit lyk nogal koel as mens daar in die water staan en cast...nes "a river runs through it"...hiers my (ex) girl, asook 'n paar visse van sondag wat ons uitgetrek het.


NEHOW, die was nou nie 'n fabond snaaks posting nie, dis dalk omdat ek ma fabond moeg is en deels omdat ek nie te veel oor my hobby wil spot nie. Ek sal wel dit se, ek kan die week woorde uiter wat brielie al vir 4 jaar lank nie kan se nie..............................................................

groetniss tot 'n volgende keur, as ek kans kry sal ek 'n exposé doen oor my plek waar ek werk..net om al die gadgets te wys, asook al die mooi meisies...naas Dr., is ek die enigste ............................. daar..."............................"se ek vir julle, die girls is regtig nice en beeldskoon...enigste fout wat hul tot dus ver gedoen het (wel een van hulle) was om my pokkel te noem. Maar as jy na die foto's kyk verdien ek dit seker.

Cherio
tanneman




Friday, November 04, 2005

Ok ouens, ek het lank gedink hier oor en het toe maar gisteraand besluit om 'n nuwe blog te begin. Dis nie oor die blou bulle verloor het nie, (of omdat ek 'n bloubul posting 10 minute voor die game gedoen het nie... toe ons nog sou gewen het nie) of omdat ek 'n hart gekry het en nou gaan probeer om nie meer vir brielie (jaco) so veel te mok nie. Nee dis nie dit nie.

Dit mag dalk wees omdat my ouers nou amper rekenaar geletterd geraak het. Dis waar, my ma weet nou al waar die krag knoppie is en hoekom mens agterste voor om met die muis werk (sy stert moet mos na jou toe wys). Dit kan dalk ook wees dat ek kriminele inligting teenoor my broer op die net geplaas het, dit sal dalk nie goed gaan in sy opkommende hofsaak nie.

Ag daar is menige redes, maar ek skat die hoof ene/main attie is dat ek nou tyd het....eerlikwaar, wat anders is daar om in pietersburg (p-town, soos diddy to hy nog p-diddy was, maar na hy puff-daddy was).

Right, die vorige paragrawe was glad nie amisant gewees nie, en ek skat die volgende paar gat ok lam wees. Die rede, dis nou 5 uur in die oggend en ek het nog nie 'n koffie gehad nie.

Ok, ek gat nog een laaste keer vir jaco mok (as if thats ever gonna happen):

Dude, you asked for it...as jy jouself met 'n ou wat ballet gedoen het wil assosieer...Fine

van Dyk op warm kole...kinky








Ja, ons almal weet wat gebeur in die army. Dis die "van dyke's" se favourite uithang plek naas die tronk. En dis net na die tronk omdat dit die avontuur element kort, en omdat mans in 'n tronk sel nie te verweg kan hardloop nie.









Dit was in sy jonger dae toe die man nog nie mooi geweet het hoe om K Y jellie te gebruik nie.










You never know when those moments will hit you. And you never know what fudge your packing. Make the best of those moments by using viagra and going to the lue before hand. Lack of following these procedures will lead to a double impact.








Leading to heamorrhage (ambeie vir brielie).










or a raging inferno (jou holletjie brand, jaco).










Wel die foto se als, niemand hang so om "net" 'n "buddy" nie...en daai anner ou lyk redelik happy vir my, dis defnitief nie 'n tic-tac nie.









Ok, dis dan al vir vandag se posting. Gat nou pak, ons gat vir die naweek by machadodorp fly. chippy, ek, my girl en ouers. Naais. soos brielie se. Ps. alle vloekwoorde gat nou ok vervang word met die woord "fabond".

Buddy van die week (maar nie so clos buddy nie/nie een van daai buddy's nie/a non-benefit buddy:
Sir jaco brielie van dyk

groete
wimmel