Friday, March 10, 2006

Discovery is nie 'n match teen my 1400
So, dis my 2de post vir die dag want my pasient het nie opgedaag nie...

Ek wou nog se, ek het 'n great naweek in pietersburg gehad.
Ek onthou ongelukkig net sondag.
So hier kom hy, ek en my nuwe friend...Dawie...nog een...het besluit om te gaan visvang by oom dave.

Die klok slaan 5 uur, ek skrik wakker en hoor die reendruppels val op ons sinkdak...en my eerste gedagte was: "Wats die kans?", my tweede gedagte was "dis fly, flyfishing"..so toe staat ek 5:30 voor dawie se deur. Bonita het 'n maagaandoening of iets gehad (ek dink net sy was by my eerste gedagte gewees...doevy) so toe is dit net ek, dawie en my 1400...en ongelukkig nie Dawie se BMW soos beplan nie.

Right, net voor dave se indraai is daar so 'n 500m modder slipslide van so 45 grade helling...en soos die vorige keer (vra vir casper) het ek alweer soos 'n krap met my bakkie afgegaan...so skeef en skynslangs.

So, dit reen nog, en ek dink...assemblief hou op reen...sonskyn...want ek moet nog pretoria toe ry. Dit het nie. Dis hoers koud. So teen 1 uur durf ons toe die pad terug. Dawie kom met die blink idee van "vat die ander pad, hy's geskraap" en ons maak toe so.

Ons verdwaal

Ons sien by SUV's en 4x4's en al die insittendes kyk ons an met daai "jul-hoort-nie-op-'n-4x4-eksursie-nie"

Die pad raak slegter, met 10 keer erger heuwels as die een wat ek oorspronklik nie wou aandurf nie.

Hmm...op een stuk sien ons 'n Discovery staan, en die man wonder of hy die volgende opsticle gat maak, ek trek toe langs hom in om pad te vra, maar die gauteng idiot gooi my net toe die vorige kyk en besluit as ek dit kan maak kan hy.

Hy probeer die versperring aan, hiers die beskrywing: 'n 30 grade slope, met klippe, erosie vlakke en 'n rivier...dan is dit modderplasse na die rivier, en 'n modder klim van 45 grade met klippe en al die bogenoemde.

Die discovery maak dit nie

hy tru, probeer weer en maak dit

ek se vir dawie: ...hou vas my dop en check die move...
dawie vra: "wa's die graaf?"

Ek ry, ek doen weer die krap ding en eerlikwaar ek het geen beheer gehad oor my 1400 nie, maar ek is daar deur, sonder om vas te hak.

En toe moet ons mos kyk waar stop daai discovery in haenertzburg, net om vir die ou top te bewys dat hy inderdaad te veel vir sy voertuig betaal het.

Dit was fun, die chicken mayo sandwitch was ok alright.
My bakkie is nog nie gewas nie, hy lyk horribaal...erger as daai...ons ry op die capricorn lyn brandewyn add.
ek sal hom sekker nie was voor metalica nie, so jul sal die skade nog sien

aan die anderkant betaal mense vir sulke modder hier in pta.

hoop jy voel better jaco, ek dink aan jou broeder.

No comments: