Monday, February 27, 2006

Goeie more mense, eerste dinge eerste nes dit moet wees:
2 buddies van my nou al in die top 20 op die log...die groote brielie se bulle en die geniepsige mastermind. Ek en marius het ok opgeskyf...chuck le nou op posisie 44 (moving on up) en marius op 55...nie te sleg nie!!! Eugene le op 154 so hy sementeer sy plek vas daar bo die honders...kom nou boetie. En dis official...botha gat nou maar vir laaste plek, en hy sit met 'n aligmuntige 209. Kamp bloustaal loutjie is 4 plekke voor chuck, maar ok nie meer vir lank nie...en dis dit vir super 14 nuus.

Ek wonder of jaco brainfreeze daar bo in austia gekry het? wat het hom besiel? hy is dus ook ons biggest mover van die week...afwaarts, ai? Moenie na bullet luister vir advies nie jaco, sy kennis sterk net so ver as die bulls. Wat reg is, want maak die ander spanne nou eintlik saak? ek dink nie so nie.


Right, so die naweek was ek al donderdag huistoe. ek dink ek het by marius hulle gat kuier en toe by bonita...my oulike vriendin met lekker wyn en 'n great boyfriend genaamd dawie...dawie soek nou al ring, of so loop die rumour.

Toe het ek vrydag by Dr. Nic hulle gewerk, op afwagting op die groot aand saam met chris cameleon. Nou die show is gereel deur alicia (die girl met die wit hemp en jeans). Sy werk saam met my by oom nic, en is sekker die naaiste persoon wat jy nog in jou lewe ontmoet het, natuurlik na julle ouens of course. Dan sal jul sien dat bernidice poawel (sorry oor spelling, ma jy het 'n weird van en naam) langs my in die oranje toppie (botha en nelda mag haar dalk herken), asook elaine (jaco se exs) langs my. Jaco, sy swot nou saam met my en is maar in daai vriende kring en sy doen alright alhoewel die lewe haar 'n hele paar suur pruime gegooi het. Dan staan daar nog jakes en sy girl en surina (ander jaco se vrou).

Die show was great, al ingrid jonker se gedigte gesing en so paar van die ou boo songs. My ouers, casper, marius, anel, eugene en sy vrou het by ons tafel gesit. Lekker wyn en piekniek gehou. En toe die show klaar is het ek 'n paar foto's gat neem en anton het my met tequila's gegooi...en dis waar dit als verkeerd gegaan het....

So hier staat ek met die groote chris cameleon...baie nice ou, en hy't gese ons moet kom kuier as ons in pretoria is...dis nou vir my, neale en alicia...(en toevallig is ek en alicia die naweek in pretoria...guess what?)...wel maybe.


En toe kom die tequila...5 minute later is my ma'le huistoe en toe marius hulle...en toe 30 sekondes daarna slaat hy my plat. Ek weet ek het basies met elke girl daar vas gedans (want ek doen mos nou die dans klas ding in die aande, nes billy elliott). En toe spring ek en alicia en corne op die stage...om so paar ou bekende afrikaanse treffers te sing. Soos...almal wil 'n fokken huisie by die see he, van koos...en ek dink Dr. nic was daar vir daai ene. So ek hoop ek het nog werk na die naweek. Want ek het daai "fokken" nogal fokken baie gese. En toe het ons gerally vir die DA, en dat almal assemblief tog moet stem. En verder is als blank.

Saterdag het ek gat visvang saam met casper en sy swaar en alweer die meeste visse uitgetrek al was die gesaamentlike gewig sekker maar 250g. Toe was dit bulle tyd en Tekken challenge tyd, daar was groot opskudding gewees. Ek is geskors omdat ek self erken het dat ek 'n spesifieke move 4 keer oor gedoen het (perongeluk) en toe is netta ontneem van 'n semi-finals plek deur 'n auditeurs fout van ons judges (shame die wildcard kry maar net nie 'n kans nie)...en finaal het casper toe gewen...maart se tekken champion van 2006.

Sondag het ek en anel gat tennis speel....eks nogsteeds styf

groete en sterkte en lief jul almal.

3 comments:

Jaco said...

Dit was nou onnodig...

Ek kan nie anders nie as om maar net my kop in onwee te skud...

& ek praat nie eers van my Super 14 nie(alhoewel ek nog steeds voor jou is).

Een woord Willem: 'Tippex'...

Jaco said...

Karma...

...Dis reg ek is weer op van 15 af na 12 toe...

Dis reg...

Op pappa op...

Ek is 'n 'vindictive bitch'...

So leer ons...

Eddy said...

ja nee, ou st wielliemwiemps was weer baaaaaaaaaaaie selektief met sy foudies wat hy opsit, Tippex. soos die meester sĂȘ.