Tuesday, June 27, 2006

Varsity is getting in the way of my education

Maseltof!!!!

hoe gaan dit met julle mense? Kom aan? regtig?...wel dis leeu koud hier waar ek vanaand sit en my vingers probeer verkluim voor die keyboard, maar eks hier. En nou comment jaco dat ek nie genoeg blog nie? In jou lewe chom, ek blog meer as julle almal saam...dr. Ruth het nie eers so baie geskryf oor die liefde/leed soos ek nie. So kry jou feite in 'n ry, bullet sal dit ook vir jou so se.

Statisties gesproke, blog ek die meeste, brielie die tweede meeste, dan die herder, eddy, rolf, jou sussie...en dan natuurlik bullet. Ma bullet is 'n os, al is dit ook 'n agteros (kom ons analiseer...os, gekastreerde bul...gay bul...en dan sit die geletterde mense nog "agter" ook aan daai woord...agteros...dit klink baie, baie gay).

Right, iemand wat versekker nie 'n os is nie is ons vriend marius, hy het bewys dat hy geen sins in daai kategorie val nie...maar ek gee die pel die voorreg om self iets ouliks daaroor eerste te skryf. Want iemand trotser in my lewe het ek nog nooit gesien nie.

Chippie was gisteraand hier gewees, en die wil ook nou vir hom 'n motorbike koop...so klink my hy gat nou 'n banjee 4 wiel gedrewe motor aanskaf...want hy hou van hard val. hy lyk goed en ons almal weet hy het nou die dag verjaar. Ja jaco, ek het vir hom gese...etc.

More werk ek van 5uur af op vriend Casper se tande, hy het 'n groot gat in sy tand en ons gat daai gat toemaak met prit en 'n stuk klip. (Meer geletterd: Mnr. van Wyk het uitgebruide karies in sy mond, spesifiek pit en fisuur karies op al sy molaar en premolaar tande. Daar is ook 'n groot karieuse letsel op sy 26 mesio-oklusaal wand wat ontstaan het a.g.v interproksimale karies en ook nou in die dentien instrek en selfs die pulpa mag affekteer. Mnr. van Wyk benodig 'n inlegsel/oorlegsel, en hy mag selfs wortelkanaal behandeling nodig he.)

Casper is ongelooflik bang vir tandaartse, veral die pyn wat daarmee gepaard gaan. Dus het ek vir Casper vanaand verduidelik presies hoe senuweeagtig ek is om op hom te werk, en dat ek nie regtig 'n clue het wat ek met hom gaan doen nie. Maar as dit als te veel raak of ek droog maak (wat heel moontlik gaan gebeur) sal ons die tand vir hom trek. As ek dan droog maak met die getrekkery, sal ek die gebreukte tand uitboor. As daar dan enigsins nog probleme is, sal ek hom maar verwys hospitaal toe. Want die is net oor die pad, maar hy moet nie te veel worry nie, want ek hoor die privaat hospitaal se standaarde het geval, en ek hoor die nursies weet nie meer mooi hoe om bedpanne te skrop nie. Maar hy moet nie worry nie, as hy blind raak of herpes/krabbs of so iets daar optel moet hy nie vrees nie, want ek hoor die susters is nie meer so mooi soos in die ou dae nie, so hy sou in elk geval nie met hulle wou score nie. Uhmm...en ernstig ouens, ek het nie 'n clue hom 'n cerec MO klas II kaviteit te sny nie, ek hoop as ek genoeg boor gaan daar nie meer 'n tand oor wees om mee te werk nie, en dan kan ons almal gelukkig huistoe gaan.

Hopenlik sal Alicia my more middag help, want as ek droog maak more...is sy versekker die assistent wat ek daar wil he, dit het ek geleer uit ondervinding, want sy freak gewoonlik die minste uit van die lot...en het altyd sommer vinnig 'n bog storie om vir die pasient te vertel as iets fout gegaan het. En sy oortuig hul gewoonlik redelik heel oraait. Bv. "Nee Mnr. Annoniem, ons wil he jy moet die pyn voel...dis sodat ons weet ons werk op die regte plek/tand." of "Dr. raak net so bleek as hy iets regtigs mooi reggekry het...die ou fabond het 'n soft spot vir goeie werk...kyk net hoe huil hy...ek het hom laas so sien huil toe ons voor die Mona Lisa gestaan het" of "Ons het vandag 'n special, ons trek 2 vir 1 prys. Wat mens een kant trek moet mens die ander kant ook trek om uit te balanseer..anders begin mens skeef smile." of "dis goed as mens, mens se hare verloor na laser behandeling...dan groei daar mos nuwes terug, en oom lyk sommer 10 jaar jonger".

Die beste is natuurlik die bog storie wat ons vertel van X-stale. Dis veilig? hehehe...het jy al gesien hoe mooi ons vir 'n pasient verduidelik dis baie veilig, ons vir hom so klein voorskootjie aansit en dan hardloop ons vir daai betonmuur, druk die knoppie, hou alles toe want ons as belangrik ag, en hoop vir die beste. Maak dit sin vir julle?

Het julle al ooit 'n mediese vorm ingevul sonder om 'n kruisie te trek in die blokkie genoem "siekte toestande"? Die beste een wat ek nog gesien het het die volgende gehad:

Harttoestande: Ja/Nee
Hoe bloeddruk: Ja/Nee
Lae bloeddruk: Ja/Nee
Bloeddruk: Ja/Nee

Daai ding is daar, sodat ons kan se: Mnr./Mev. Annoniem, ek het geen ander keuse gehad as om jou tand te trek, jou kaak te fraktuur en jou linkerkantste gesigssenuwee voorsiening af te sny nie. Ek het inderdaar Mnr./Mev. se lewe sopas gered, daai bloeddruk ding kon erg skade berokken het. Gelukkig het ek tussenbeide getree...hiers jou rekening, eis dit self by die medies.

Hiehie hie, en dan gewoonlik een keer per maand stuur die mediese fondse vir ons 'n e-pos van die mees idiotiese rede wat die pasient verskaf het (soos verduidelik aan hom deur die dokter) om te probeer om sy geld terug te eis van die mediese fonds af na behandeling. Soort van 'n Darwins award for idiots we can do without. Ons smile breed, want ons het ons geld klaar by die pasient gekry. Die mediese fonds smile breed, want hulle hoef nie te betaal nie...en ons almal lag saam oor die redes wat verskaf is oor hoekom ons nou eintlik gedoen het wat ons gedoen het.

Ok, ek het nou genoeg gek geskeer, dis nie meer snaaks nie.
Bottem line, mense is oor die algemeen goed van hart. Niemand sal iemand regtig kwaadwillenlik probeer benadeel nie. Ons almal probeer ons bes. En laastens, Casper sal dalk more survive.

Sunday, June 25, 2006

Bieeeg Fish



Dumela, hoezit, wys my jou muis...

Ek en Casper en Casper se Swaar het gister gou daar by oom dave 'n draai gemaak. Dit was Alright, alhoewel die visvang maar af was...ek kom nie verby daai Jinx van 2 visse vang per keer nie...Any how, hier is 'n fotie van Casper met sy 2de grootste forel ooit. Ek weet. Ek kort 'n better kamera. Moenie worry nie dit sal kom.

Sunday, June 18, 2006

Bernice se vintage party

hi, jong hier is so paar foto's van bernice se vintage party. Dit was heel lekker, en ek weet so omdat ek daar was en dit oorleef het. Dit lyk net nie so nie, want tipies het ek nie 1 foto van myself geneem nie, sal maar by die ander mense moet gaan soek. Het wragies nie vir Eddy hulle die naweek gesien nie, ek hoop hul doen nog goed. Maar ek en Benna is wel deur 2 dertienjarige meisies opgechat, dit was weird, want die girl vat my so by rib nommer 7; hoogte gewys...en dus het ek dit geniet, want ek kon lekker neerkyk op haar en dit gebeur nie baie met my nie. Eks bly Cas was nie daar nie, anders was dit weer moeilikheid gewees.




Saturday, June 17, 2006

Proof of progression

Yep, vir julle ouens wat wonder of 'n mens kan verander. Wel ek het 2 bewysstukke wat ek vanaand gaan plaas...

Van super geek...



















Na super gay...


















Ja, van algehele slimkop in 2005 het ek omgeswaai na 'n sterk contender vir Mnr. Gay Gauteng in 2006. Let op die spelling in my figure skating sertifikaat. Espag is nie goed genoeg om geassosieer te word met 'n ysskaats ballerina van formaat soos ek nie...en dus is die toe verander na 'n gepaste Espay...


















En hier is ek en Jean en Mitesh, besig om reg te maak vir ons sitcom in scrubbs...















Foto van 'n girl...
























Foto van my vriende saam by Heanertzburg...
























Dawie, 'n visvanger van formaat...2/0 gatskop...die man mag maar, hy hoef nie eers by sy stok te staan nie...dinge gebeur net...

en dit is dit vir eers, natuurlik sal cock&bull, Oceanbasket en Milkylane? Nooit ooit weer die selfde kan wees na gisteraand nie...geen familie's of kinders mag ooit weer by daai tafels sit nie...dit sal net verkeerd wees in my oe.

En dus is dit nou tyd om vanaand Vintage te gaan met my keppie om presies te sien hoe iemand lyk as hul 'n kwart eeu draai. Geluk bernice, en sterkte.

Wednesday, June 14, 2006

pietersburg hier kom ek...

right ouens, ek het so paar minute voordat ek vir my weeklikse ysskaats klasse gaan. So nou spandeer ek die aan julle.

ek sien verskriklik uit om die naweek weet huis toe te gaan. Ek het iets in die gras gehoor van mense wat dinge aangevang het. Ander nuus dat iemand se hart nou weer aan iemand anders behoort. En eks bly, want eerlikwaar ek was gatvol vir al die gevaalde liefdes verhoudings in ons vriende kring. Ek sweer as iemand iemand ontmoet, is hul of getroud voor ek weet van enige iets...of die ding is op die rotse. Dammit, is daar geen middel man nie. En dan vat ander mense dit mos altyd een stappie verder, en voor ek weet is ek alweer oom.

Groot nuus is dat ek so in die begin van julie bietjie "in die bos" gaan verkeer saam met vriende wat van daai valley afkom...dis nou nelspruit/witrivier...ek het gese dis koning solank ek net van die woord "go" af dronk gaan wees...en hopelik min van die ding gaan onthou. 'n groot deel daarvan is omrede ons met 'n boyband daar gaan kuier...en ek het niks teen die band, behalwe dat hul 'n boyband is, en ek nie die boyband tipe groupie is nie...maar VIP en free booz was nog nooit te versmaai nie en die geselskap is great. So, vir die van julle wat my ken, wil sekker weet wie is die gesogde band? Dis EDEN. Moenie worry nie, as ek met hul klaar is gaan hul klank, melodie en lirieke better as Collective soul klink...wat soort van die naaste is wat ek al ooit gekom het om na 'n boyband te luister. Julie gaan EDEN internasionaal...watch out.

Right, wat nog, van die 23/24 junie het ek weer vakansie...ek gaan die een benut deur net weer 'n bietjie tyd by my favourite praktyk in pietersburg te spandeer...en ook om te leer hoe mens belglass komposiete doen...dis eintlik 'n tegnikus se werk, maar om iets soos dit te leer...soos van kaviteit voorbereiding en ook ordentelike anatomie en komposiet vaardighede was ook nog nooit van te vore te versmaai nie.

En dan gaan ons in die aande braai, en praat oor die ou dae en toe ons nog jonk was...en ek gat weer vir almal vertel regtig hoe lief ek vir almal is....same old same old...miskien 'n bierproe sessie? wie weet.

Wil net graag geluk se aan Dr. Bernice Powell, wat nou binnekort 25 draai. Oulike meisie, al was sy skoolhoof se dogter. Die van julle wat nie so mooi onthou nie, dis die girlkie met die kuite om van te droom...vat 'n paar sekondes...ja sy. Ek het belowe om vir haar vogroompies te koop, so wie weet dalk van 'n goeie maak/of het inside info oor waarvan sy hou. Dis sal wardeer word.

O-ja, opvolg nuus oor die girlkie wat ek verloor het en probeer terug kry het...dit het nie gewerk nie. Ons gesels weer, maar dis net oppervlakkig en daarvan gaan niks kom nie. soos sy se: "Too Bad:)" hoe de hel mens 'n smiley face kan sit na so 'n komment weet geen siel nie...en dis ook die nuutste rede waarvoor iemand my gedump het, alhoewel ek dink dit waar is en baie girlkies al groot geskrik het as ek hul perongeluk in 'n skuwe hoekie vasdruk...Ja ek is gedump omdat "ONS MORELE WAARDES NET TE VEEL VERSKIL" Ons kan 'n pole hou oor of dit waar is of nie...voel vry om 'n komment te los, maar ek weet..en my exse weet..en hul lees die ding...so dis nie nodig nie.

More het ek my praktiese eksamen vir 'n klas 4 komposiet herstelling...hul het klaar vir my gese ek gaan sleg doen omdat my pasient se herstelling te maklik gaan wees..maar ek het nie tyd gehad om iemand better te kry nie...en ek gee net nie om nie...en dan sien ek vir mnr. seaman vir 'n inpas...dit gaan fun wees...waarna ek vertoef pietersburg toe.

Wat nog? Chippie doen alright, hy sit permanent op die plaas omdat dit jag seisoen is...ek was 2 jaar laas op die plaas...snaaks hoe tyd vlieg.

Uhmm, ek gaan vrydag sommer saam met dawie en vriendin bonita flyfish, ons gaan probeer groot gaan, maar ek dink nie daar gaan veel sukses wees nie want dis winter. Sal dalk iets anders beraam om dit lekkerder te maak.

Dankie Netta, sy was die enigste een wat by die vorige blog 'n komment gelos het...en haar voorspelling was toe op die ball...die girl mag maar...geluk.

en vir 'n troos prys. en privaat. Botha buddy, ek dink aan jou en maak nie saak wat jy doen nie...soms kan mens net sien as 'n persoon stunning is, hul gloei sommer. En as "ander mense" dit nie besef nie, is die wereld tipies wat ek dink dit is. idioties. maar tog interresant.

luv you all
willem

Saturday, June 10, 2006

Jy en Jou Sterre

Vir al die ouens daar in pietersburg het Piet Dry vir ons die brokkie inligting gestuur, sedert daar nou so baie sterre na die valley verreis om ons te betower met hul wonder klanke.

"Hoe om korrek op te tree wanneer jy jou gunsteling Afrikaanse sanger ontmoet."

Wanneer u die gewilde minnesanger Dozi raaksien, kyk op... anders sal hy jounie sien nie. Maak seker u spreek die "z" korrek uit. Dit is slegte smaak omhom uit te vra oor hoekom sy asem so stink.

Indien u Steve Hofmeyr raakloop, moenie vra vir 'n a capella weergawe van sy treffer "Pampoen" nie - hy mag dit dalk net doen. Indien u tussen die ouderdomme van tien en vyf-en-twintig is, mag Steve aanstoot vind indien uvra vir 'n speekselmonster aangesien u dink "hy is jou pappa".

Indien u die opkomende talent Robbie Klay ontmoet, vlei hom dat hy sy"mullet" afgesny het. Dit is nie baie goeie smaak om vir iemand onder die ouderdom van twintig te vra hoeveel ongehude kinders hy het nie.

Dit is uiters ongemanierd om in gesprek met die operaster Manuel Escorsio, die woorde ""Porra" en "Is dit jou kafee daai ene?" te gebruik.

As u Johan Stemmet raakloop, komplimenteer hom dat hy baie lanklaas 'nmusiek-CD vrygestel het. Die kleurvolle onderbaadjie wat hy aanhet - veralin lewende aangesig, mag aanleiding gee tot braakheid, maar dit is ongeskikom dit voor hom te doen. Doen dit liewer binnemonds. Indien u sukkel, oefensolank deur aanhoudend na die liedjie "Pappa se dogtertjie" te luister.

Indien u ons eie "loslappie" Kurt Darren ontmoet, kan dit tot ongemaklikheid lei indien u te lank staar na sy misvormde gesig. Begeef uself in die feit dat sommige manne ook partykeer grimering dra.

Indien u die Groep twee sanger en Wielie Walie aanbieder Gert van Tonderraakloop, sal dit onvanpas wees om te vra of hy enigiets te doen gehad hetmet die gay kouse wat so in en uit die kas was op die stel van Wielie Walie. Gert was net 'n aanbieder van die program en ek weet ook nie of hy nog leefnie.

Wees taktvol wanneer u die sangeres Juanita du Plessis ontmoet. Sy is wel 'n gewilde Afrikaanse ster, maar het nog nie die taal onder die knie nie. Gebruik klanke soos oi-oi en patti-patti indien u met haar wil kommunikeer. Indien u u Juanita-woordeskat wil vergroot, neem 'n boek saam bed toe ennoteer die klanke wat u uiter tydens geslagsgemeenskap.

Indien u die immergewilde Anneli van Rooyen ontmoet, moenie woordspelingsmaak oor haar "Eerste liefde" nie. Mense bly ongehuud vir verskeie redes.

Dit is uiters swak smaak (en mag dalk tot 'n blouoog lei) indien u diesangeres Amore Vittone-Van der Westhuizen vra of sy net kinders kry om indie kollig te bly. Net omdat u dink dat sy 'n betwyfelbare sangtalent het,beteken dit nie dat u haar so mag beledig of, in haar geval, bemoedig nie.

Dit sal onvanpas wees om vir Andre Schwartz te vra of hy mense verkies soos in sy musiekvideo "Ek wil jou nooit weer sien" - manne geklee invroumensdrag.

Indien u 'n ongetroude man is tussen twintig en vier-en-tagtig, sal ekaanraai om liewer nie die geselskap van Sunette Bridges op te soek nie. Geen ordentelike, Calvinistiese man moet tot sulke laagtes daal nie.

Dit sal onbeskof wees om, in geselskap met Theuns Jordaan, te verwys na system as 'n "brul van 'n lesbiese leeu". Lesbiese leeus kannie brul nie.

Rina Hugo sal nie geamuseerd wees indien u haar vra "Is daai mal spinnekopagter die perkussiestel van Noot vir Noot jou kind?" en "Ek wonder hoe hydaar gekom het?". Wees taktvol en bly maar liewer stil. Wees bly dat u nie so 'n kind het nie.

Die jong talent Nadine sal aanstoot vind, indien u haar vra "Wanneer hou jyop?". Onthou, swak smaak verskil.

Indien u Jurie Els raakloop, skiet hom net dood asseblief. Hy sal langs 'n afgetrede atletiese figuur loop. Onthou, Jurie sal die korter, gegrimeerde een wees van die twee.

En daar het jul dit, sommige van die gee my aanstoot, ander dink ek kan nogal waar wees...mens weet nooit, as dit nie in die huisgenoot staan nie, kan mens niks glo nie.

...En JACO, Steve het gese jy kan daai speekselmonster maar los....want almal weet wie is SY PA...ja pappa.