Sunday, July 02, 2006

Naweek se hartseer kortverhaal.

Hierdie is die sad deel/blog van die naweek. Die stunning/awesome/ass-kicking/one and only/how bizarre? innibos festival blog is oppad...sodra ek al die foto's en inligting het. An art piece in progress.

As jy moeg gelees is oor my issues oor irene. Skiep hierdie een. Regtig. Moenie my hap as jy nie weet waaroor dit gaan nie. Probeer net verstaan. En as jy nadat jy dit gelees het dink..."hoe lank nog willem?" moes jy die een geskip het. So vergeet dit dan net. Want hierdie het ek vir myself geskryf, om dinge vir myself te probeer uitredineer.


22:36:35 30-06-2006
....soek; skreeu 'n song vi jou my lief, jy is 'n engel en 'n dief.... Vyf meter voor my staan Karen Zoid. In 'n bondel langs my staan Bonita en Dawie en que; en ek gluur doelloos na die stage terwyl die woorde my gryp. Nelspruit het goeie herrineringe wat ek eerder wil vergeet.

Die show is klaar, en ek vertoef saam met Corne, Marco, Anton en Sha-michelle. Dawie en Bonita gaan kruip maar in, die vorige aand was lank..maar slaap ek in elk geval ooit? Dinge raak ongelooflik still by die Fees terrein en ons skiet deur Stables toe, drink 'n paar drankies. En sommer nog een of twee. Ontmoet vir EDEN, word afgeskiet deur 'n hele paar meisies en bouncers. So toe gaan staan ek maar en kyk hoe Marco en Jaco Teuns Jordaan se gat skop in 'n game pool. Dis nie dat hul so goed is nie, die ou kan ongelukkig net nie pool speel nie. Dit gebeur soms met Lae-lakke.

02:34:25 01-07-2006
Hey jong. Gaan goed met my. Terug in pta, uiteindelik bedank. Hoe dinge met jou?

????

02:34:54 01-07-2006
Ag, gan goed. Swot nog, werk nog. Mis jou. Same old, same old. Hoekom sit jy nog ni in ireland ni?

02:40:24 01-07-2006
Lang storie, wag vir werk, bietji moeiliker as gedink. hoop nog sterk, anders begin ek eers januarie!

02:40:56 01-07-2006
Great stuff, sterkte.

02:43:45 01-07-2006
Hoop jy weet jy was altyd te goed vir my. Jammer oor alles.

???? En dis presies hoe 8 Januarie 2006 homself herhaal, sommer net so. Soos jul weet is daar net te veel vra gelos oor myself, oor jou en oor liefde. Iemand wat ek vrede mee gemaak het. Iemand wat ek gedog het sit 3600 myl ver weg van my af, is met een groot skok so naby aan my as wat kan wees. Iemand wat vir my gese het hul het my nog nooit ooit lief gehad nie. Iemand wat my gevra het of ek die res van my lewe kan spandeer saam met iemand anders wat hom nie lief het nie? Iemand wat ek van 11 uur die aand af gebel het tot 3 uur die oggend toe (57 missed calls, omrede iemand die eerste keer opgetel het; niks gese het nie; en die foon neer gesit het.)...en wat toe saggies antwoord na 3 uur omdat sy saam met 'n duitser kuier.

02:50:08 01-07-2006
Nee, ek was nie. Ek het baie droog gemaak. Ek dink elke dag an jou. En ek wens dinge was anders, ma dit is ni. En dis waar ek is. En dis ni altyd maklik ni, ma dis alright. Ek werk 24/7, was al oorals gewees. En nou dat ek 'n naweek afvat is ek depressed. En nou pla ek jou, eks jammer. Weetie wat het in my ingevaar nie.

Wat anders kon ek se, dit was als waar. Sien ek staan elke oggend op met die woorde: "fok jou". Ek slaap gemiddeld 3 ure per aand. Die res van die tyd lees ek en wag dat die voeltjies fluit. Slaap pille en rooi wyn werk al lankal nie meer nie, so nou los ek daai maar eerder. Mens bly net besig, enige iets om net nie still te sit nie. Squash, werk, vriende, tennis, draf. lees. skoon maak. ysskaats. werk. swot. sms. en baie fok jou's. waarna daar gewoonlik 'n hele paar cigarette volg. en musiek 24/7 asseblief.

09:07:40 01-07-2006
Jy is 'n amazing mens, 'n ongelooflike man. Kan met liefde pla enige tyd.

So, wat antwoord mens daarop. Ek het eers besluit om dit eerder nie te doen nie. Die hele dag het ek na my selfoon gekyk, gelees en gewonder. Weer gelees, geanaliseer. Geredeneer. Geheue. Woorde. 'n foto in my kop van 'n meisie by 'n halloween partytjie met feetjie vlerkies op haar rug, 'n sterrietjie staff, 'n tand op haar hemp getekken. 'n tande feetjie wat sit en glimlag op 'n foto. 'n dood gewone meisie. Ek het daai foto vir haar terug gegee, saam met alle foto's van haar wat ek gehad het. Snaaks, ek het nie 'n lang termyn geheue nie. Mense wat my ken weet dat dit waar is. En ek het sekker nie 2 keer na daai foto gekyk nie. Hoekom sien ek deesdae daai foto so helder?

22:17:57 01-07-2006
Dankie vi die mooi woorde. Jy's nogal heel alright. Maar die weet jy in elk geval.

...Woorde maak regtig seer. Sometimes people are so unkind. Ek het op 'n bankie gesit en huil terwyl T. Jordaan 'n girl probeer opchat het van 19; en terwyl Jaco en Marco pool gespeel het. Terwyl ek baie vrae aan Corne gestel het. Gewurg tussen Sha-michelle en Corne. Die heel slegste goed kom van diep binne jou af. En dit wat ons vrees in die nag, speel in elk geval hul deel af in die dag. Ek wou skreeu!!!

Waarheen nou?

3 comments:

Jaco said...

Aan my Dagga-Blaar..
Dude,

Dit gaan nog lank vat...ek het eers gedog ek gaan vir jou sê poepol ens...maar toe besin ek oor die lewe & besef ek dat ek ook maar eintlik daar was...en ek het seker vir 5/6 jaar sonder die fisiese aspekte van die lewe gegaan & vir ongeveer 3/4 jaar sonder 'n girl gewees...ek skryf dit deesdae toe aan iets wat ek wil noem DDKW...Deur die kak wees...
Dis gebeurlik & dis iets waardeur elke persoon maar moet gaan...
Maar dit sal eindig - Oor 1 ding moet ek dalk my voet neersit & sê dat jy haar nou maar moet ophou kontak...regtig-egtig...ons wil mos nou nie weer ons kop stamp nie né?

Sterk wees gabba...Jy sal mettertyd daaroor kom.

Lawwe ou ekke

Janneman.

Eddy said...

Gaan lees my blog vir jou comment. Link is: http://www.pimpeddy.blogspot.com

Anonymous said...

Eks so jammer om te hoor. Dit maak my ok sommer hartseer om my eie dinge. Ek ken nie die storie van voor-af nie, maar ek weet wat seer is, nie dieselfde as joune nie, maar jyt my herinner, en ek kry jou baie jammer! Moet net nie die fout maak om enigsins weer te oorweeg om haar ooit terug te vat nie. Sy is jou nie werd nie! Sal maar niks se nie, behalwe, ek dink ek moet meer vir jou bid!

By die tyd weet jy wie comment

ekke

P.S. Baie baie bly vir jou oor Nijmegen! Julle gaan 'n absolute jol he! Ek was MAL oor die plek! Ek mis Europa. Sulke mooi herinneringe! Maak mens se kop skoon en bring perspektief! Help jou jouself vind, want mens dink altyd jy ken jouself-maar nie so goed nie...as in sulke tye oor die see.