Tuesday, June 27, 2006

Varsity is getting in the way of my education

Maseltof!!!!

hoe gaan dit met julle mense? Kom aan? regtig?...wel dis leeu koud hier waar ek vanaand sit en my vingers probeer verkluim voor die keyboard, maar eks hier. En nou comment jaco dat ek nie genoeg blog nie? In jou lewe chom, ek blog meer as julle almal saam...dr. Ruth het nie eers so baie geskryf oor die liefde/leed soos ek nie. So kry jou feite in 'n ry, bullet sal dit ook vir jou so se.

Statisties gesproke, blog ek die meeste, brielie die tweede meeste, dan die herder, eddy, rolf, jou sussie...en dan natuurlik bullet. Ma bullet is 'n os, al is dit ook 'n agteros (kom ons analiseer...os, gekastreerde bul...gay bul...en dan sit die geletterde mense nog "agter" ook aan daai woord...agteros...dit klink baie, baie gay).

Right, iemand wat versekker nie 'n os is nie is ons vriend marius, hy het bewys dat hy geen sins in daai kategorie val nie...maar ek gee die pel die voorreg om self iets ouliks daaroor eerste te skryf. Want iemand trotser in my lewe het ek nog nooit gesien nie.

Chippie was gisteraand hier gewees, en die wil ook nou vir hom 'n motorbike koop...so klink my hy gat nou 'n banjee 4 wiel gedrewe motor aanskaf...want hy hou van hard val. hy lyk goed en ons almal weet hy het nou die dag verjaar. Ja jaco, ek het vir hom gese...etc.

More werk ek van 5uur af op vriend Casper se tande, hy het 'n groot gat in sy tand en ons gat daai gat toemaak met prit en 'n stuk klip. (Meer geletterd: Mnr. van Wyk het uitgebruide karies in sy mond, spesifiek pit en fisuur karies op al sy molaar en premolaar tande. Daar is ook 'n groot karieuse letsel op sy 26 mesio-oklusaal wand wat ontstaan het a.g.v interproksimale karies en ook nou in die dentien instrek en selfs die pulpa mag affekteer. Mnr. van Wyk benodig 'n inlegsel/oorlegsel, en hy mag selfs wortelkanaal behandeling nodig he.)

Casper is ongelooflik bang vir tandaartse, veral die pyn wat daarmee gepaard gaan. Dus het ek vir Casper vanaand verduidelik presies hoe senuweeagtig ek is om op hom te werk, en dat ek nie regtig 'n clue het wat ek met hom gaan doen nie. Maar as dit als te veel raak of ek droog maak (wat heel moontlik gaan gebeur) sal ons die tand vir hom trek. As ek dan droog maak met die getrekkery, sal ek die gebreukte tand uitboor. As daar dan enigsins nog probleme is, sal ek hom maar verwys hospitaal toe. Want die is net oor die pad, maar hy moet nie te veel worry nie, want ek hoor die privaat hospitaal se standaarde het geval, en ek hoor die nursies weet nie meer mooi hoe om bedpanne te skrop nie. Maar hy moet nie worry nie, as hy blind raak of herpes/krabbs of so iets daar optel moet hy nie vrees nie, want ek hoor die susters is nie meer so mooi soos in die ou dae nie, so hy sou in elk geval nie met hulle wou score nie. Uhmm...en ernstig ouens, ek het nie 'n clue hom 'n cerec MO klas II kaviteit te sny nie, ek hoop as ek genoeg boor gaan daar nie meer 'n tand oor wees om mee te werk nie, en dan kan ons almal gelukkig huistoe gaan.

Hopenlik sal Alicia my more middag help, want as ek droog maak more...is sy versekker die assistent wat ek daar wil he, dit het ek geleer uit ondervinding, want sy freak gewoonlik die minste uit van die lot...en het altyd sommer vinnig 'n bog storie om vir die pasient te vertel as iets fout gegaan het. En sy oortuig hul gewoonlik redelik heel oraait. Bv. "Nee Mnr. Annoniem, ons wil he jy moet die pyn voel...dis sodat ons weet ons werk op die regte plek/tand." of "Dr. raak net so bleek as hy iets regtigs mooi reggekry het...die ou fabond het 'n soft spot vir goeie werk...kyk net hoe huil hy...ek het hom laas so sien huil toe ons voor die Mona Lisa gestaan het" of "Ons het vandag 'n special, ons trek 2 vir 1 prys. Wat mens een kant trek moet mens die ander kant ook trek om uit te balanseer..anders begin mens skeef smile." of "dis goed as mens, mens se hare verloor na laser behandeling...dan groei daar mos nuwes terug, en oom lyk sommer 10 jaar jonger".

Die beste is natuurlik die bog storie wat ons vertel van X-stale. Dis veilig? hehehe...het jy al gesien hoe mooi ons vir 'n pasient verduidelik dis baie veilig, ons vir hom so klein voorskootjie aansit en dan hardloop ons vir daai betonmuur, druk die knoppie, hou alles toe want ons as belangrik ag, en hoop vir die beste. Maak dit sin vir julle?

Het julle al ooit 'n mediese vorm ingevul sonder om 'n kruisie te trek in die blokkie genoem "siekte toestande"? Die beste een wat ek nog gesien het het die volgende gehad:

Harttoestande: Ja/Nee
Hoe bloeddruk: Ja/Nee
Lae bloeddruk: Ja/Nee
Bloeddruk: Ja/Nee

Daai ding is daar, sodat ons kan se: Mnr./Mev. Annoniem, ek het geen ander keuse gehad as om jou tand te trek, jou kaak te fraktuur en jou linkerkantste gesigssenuwee voorsiening af te sny nie. Ek het inderdaar Mnr./Mev. se lewe sopas gered, daai bloeddruk ding kon erg skade berokken het. Gelukkig het ek tussenbeide getree...hiers jou rekening, eis dit self by die medies.

Hiehie hie, en dan gewoonlik een keer per maand stuur die mediese fondse vir ons 'n e-pos van die mees idiotiese rede wat die pasient verskaf het (soos verduidelik aan hom deur die dokter) om te probeer om sy geld terug te eis van die mediese fonds af na behandeling. Soort van 'n Darwins award for idiots we can do without. Ons smile breed, want ons het ons geld klaar by die pasient gekry. Die mediese fonds smile breed, want hulle hoef nie te betaal nie...en ons almal lag saam oor die redes wat verskaf is oor hoekom ons nou eintlik gedoen het wat ons gedoen het.

Ok, ek het nou genoeg gek geskeer, dis nie meer snaaks nie.
Bottem line, mense is oor die algemeen goed van hart. Niemand sal iemand regtig kwaadwillenlik probeer benadeel nie. Ons almal probeer ons bes. En laastens, Casper sal dalk more survive.

No comments: