Monday, July 10, 2006

A couple more for breakfast, and a little more for tee

Jong, ja. So die naweek het ons donderdag na werk afgevlieg na suncity vir 'n "Future Today" Kongress aangebied deur Unique dental/Sirona. Bietjie laat die aand daar aangekom, maar dit het ons nie gestop om die plek te verken nie...omrede ons almal dood honger was. Opsoek na ietsie te ete het ons die mooi foto geneem. My mooiste foto ooit, dit wys al my regte bates...d.w.s....die drie bates links van my. Genaamd: Alicia "cool sussie/funky motha" en die twee sexyste hobbets ooit...Hannelie met 'n "H" en Annelie met 'n "A".



Yes, ons het toe ons spot gekry en dadelik afgeskop met 'n wyntjie soos dit hoort...en toe volg die oesters...blykbaar 'n ou tradisie van Alicia/Dr./Leonie. Mag ek se die oesters was flippen lekker, maar ek was bitterlik spyt dat ek die aand in 'n hotel kamer moet slaap op 'n dubbel bed, alleen. Leonie is die ander blond in die prentjie, en heel moontlik die oulikste 30 jarige auntie wat ek ken.

Soos altyd le daar altyd stressvolle tye voor as mens 'n presentation moet aanbied wat mens 5 minute voor die tyd klaar voorberei het. Miskien leer ons volgende keer ons les. Maar die speech het heel wel afgegaan en dr. kon selfs sy "lions" grappie inwerk. Goed gedoen daar. Nou weet ek ook meer oor lasers en presies wat mens als met 'n Sirolaser kan doen.


'n hoogte punt was natuurlik die volgende. elke dag na 'n lang lessing het ons 'n draai by die poolbar gemaak waar ons kon afskop met 'n sappige cocktail. Die naweek se gunstelinge was: Harvey wallbangers, Strawberry daqeries en amstel.


Hier is ons in die boswa, oppad na die boma dinner in die bos. Alicia smile nie verniet so nie...die ou toppies met die greys hare is die Canadese internasionale sprekers...Dr. Tsotsos, en 'n ander groot kokedoor. Alicia het Dr. Tsotsos vinnig geleer om mooi afrikaans te praat, net die basics soos: "K#K" ens. Dit was ongelooflik funny en ek moet se dit klink nogal oulik en foreign, nes Ca-pa-chi-no.


Alicia en Dr. wys ass en lipgloss..blykbaar werk die lipgloss ook vir mans.


By die Boskamp het ek een van die lekkerste etes in 'n lang ruk ge-eet. en Krokodil proe toe nes hoenner. Ons almal kon ook op afrika dromme speel en dit was nogal funky, ek het net nie die ritme gehad nie...so toe neem ek maar foto's.

Right, So van ons almal af wil ek net graag dankie se aan Dr. Nic vir 'n Stunning naweek. Dit was 'n groot sukses en ons almal het baie geleer. Baie, baie dankie. Ek het vroeer terug gekom (sondag), omrede mense in Pietersburg nog tandaartse nodig het...al is die service so goed. Ons het wel nie ons target van R50 000 vir Maandag gemaak nie dr., maar ons was close. Ek hoop die Cerec Advance kurses was ook 'n groot sukses, alhoewel almal Sondag oggend 2 uur (by die bar) gerideneer het dat die advance kurses nou maar net moet terug val na basic toe...

Ek het my dames in die kantoor gemis die hele naweek en ek wens julle kon saam gaan, ek kon vandag nie uitfigure of jul my ook gemis het nie...so laat weet my more deur die regular "OE-AA" geluid te maak as ek by die deur instap. (Sal dit aanhits deur 'n stywe broekie more aan te trek..dis net regverdig).

3 comments:

Anonymous said...

klink lekke jong!! lekke gekuier saam met mense?

Marius said...

Ek het toe maar besluit om daai storie-blog te begin. Elke ou wat lees en wat wil, kan ietsie in die comment inskryf om die storie verder te vat of te draai in 'n rigting. Dit maak dalk net moer snaaks word.

Ek noem dit die Nimmereindigende storie, op nimmereindig.blogspot.com

Eddy said...

Hobbits, Haaaaaaaaaaaaaaaaaaahahahahahahaha. Brilliant.

Wie is ons anonieme vaarnemer? Indien ek so voor-op-die-wa mag wees en vra.