Monday, July 03, 2006

Dr. van Oudshoooorn's kwadraat


Wel, hier is die Man/die Main Cheese/gabba/The big Kahoena. Sybrand syfers het vandag sy eerste offisiele dag afgeskop as volwaardige tandaarts en "vars van die plaas af vleis/beef" vir enige dames wat nie regtig mooi tande nodig het nie...maar nou sal begin wonder hoe hul dit so gaan kry om werk aan ons arme tandaarte te verskaf. Jammer dames, die man is al lankal van die rak af geraap, en buitendien is hy binne twee maande pappa...so dames, is daai stunning looks regtig al daai bagasie werd?...HARD PROBEER EN BRING JUL BEURSIE SAAM AS JUL KOM KUIER, ONS TYD KOS FISIESE PYN, EMOSIONELE LEIDING EN SO IETSIE IN DIE GAT SAK...MAAR DIS DIE MOEITE WERD.

(Enige manlike kliente wat dalk die model in die agtergrond raak gesien het...sy's jonk, sy weet hoe om te suig, 'n sonde/probe aan te gee, jou te light cure en met x-strale kan sy jou ontkleet met die push van 'n button. Annelie, welkom hier, geniet dit...jy is verskriklik oulik en moerse skerp. hou so aan. jy leer my elke dag 'n ding of twee.)

Van my kant af, welkom tuis broeder. Jy weet nie hoe ons na die dag uitgesien het nie. En ek moet se jy het 'n properse tandaarts bestaan begin maak...deur 'n kanselasie...dis hoe dit moet wees, en moet werk...jy't net vergeet om op jou stoel te gaan sit met jou hande in jou hare...moenie worry nie, niemand is perfek nie. Dit was jammer dit het so dol gegaan die hele dag, ek sou graag 'n wyntjie wou knak, maar ten minste het jy nou my inniebos hoetjie.

Ek skat ons gaan ons site-braai iewers in volgende week reel. ek sal 'n braaier bring en een van daai verwarmers...want dis leeu koud in die aand buite...maar doen gaan ons doen.

En ek wil net geluk se aan Dr. van Oudshoorn (die gevestige een). ek was so bietjie in spreekkamer saam met hom gewees. En die man kan die dinge hanteer. Is flippen oulik en maak selfs vir die mense tee. dis hoe dit moet wees. Ons het vroeg vroeg besef wortelkanale is nie enige een se speel maat nie, maar ons sal deur hul werk...en wie weet, miskien na 50 jaar kan ons dit goed doen.

Dankie Dr. Sybrand vir my mooi MO Cerec kaviteits voorbereiding, Dankie Alicia vir my Inlegsel en dankie Dr. Nic vir die vasplak en afwerk. die tand voel sommer tonne better.


So hier staan ons drie nou, dis19:07 en dit was 'n lang dag. dit was lekker. Maar mense moet sekker ook 'n huis he. Waars ons dames? die foto gat mos nooit mooi lyk met net ons gevreete daar binne nie? Al is ons hoe sexy.

Geluk Carla Groenewald met jou 10de verjaarsdag, jy het 'n verskriklike mooi worshondjie gekry en jy is defnitief een van jou oom se mees favourite girls. Hou so aan, en steel so veel as moontlik harte...want jy's dit werd.

Ek belowe, ek werk nog aan inniebos...daar is baie foto's en dit moet net perfek wees...goeie dinge vat tyd.

No comments: