Tuesday, July 04, 2006

!!Inniebos!! Ons was daar, maar ons het nie geshag nie

Wel die storie begin so...vandat ek die BMW squad en Colgate girls ontmoet het, brag hul van inniebos en die venue "Blue Moon". En te danke aan al die stories om braai vure en bottels rooi wyn het ek begin wonder hoe dinge lyk. Nie dat dit ooit saak gemaak het nie, mens kan in 'n shack sit saam met die mense en nog steeds rol van jou draad stoel af soos mens lag.

So, Impulsief het ek donderdag na werk my goete gepak en saam met Dawie en Bonita deur geskiet om daai fees gevoel te gaan streel. Ons het 10 uur die aand by Dawie se huis aangekom en sommer dadelik weggeval met 'n night cap. Soos in die ou dae het ons gesit en kuier in die kombuis, gas verhitter op full blast, brandewyn in die hand en gesels. Somme oor alles. Die mense mag maar, en dit was versekker 'n hoogte punt....4 uur die oggend het ons toe maar in die bed gespring om 'n uilkie te knip.

So, in die begin was daar drie vrinne gewees. Daar was 'n motorfiets sonder 'n helmet, blue moon kaartjies wat in pietersburg se flat le...wys jou wat gebeur as mens in 10 minute moet pak. Sou dit ons keer? Was die bui af by die party...wat dink julle? Mens kan vinnig sulke dinge fix met 1 oproep.

So, hier is die view waarmee ek wakker geskrik het vrydag oggend...Nelspruit bly maar 'n mooi dorp. Wraggies, dis nou waar mens 'n regte koppie vind. Nie soos ons 0.5 cm hoer bo see spieel koppie in pietersburg nie.


En toe het ons die aand vir Bonita se Fedamilie gaan kuier. Stunning mense, 'n stunning ete, en ons het ook vir die eerste keer 'n smaakie gekry van die naweek se verrigtinge toe 'n band van stellenbosh daar opgetree het. Toevallig was Lukas Maree ok daar. Celebs, Celebs.


'n Stunning foto geneem toe ons by blue moon gearriveer het, wat 'n aand, wat 'n show en ek glo nie ek sal gou weer OBS wil sien nie...boy was ek verkeerd.

Die is Karen Zoid, belowe.

So, toe is ek afgedrop by die Fees terrein om saam met die ander lede van die Funky squad te kuier. Waarna ons Stables toe is. Blykbaar is Dozi gebliksem die aand toe ons daar was, maar die scene het ons gemis. Verkeerde plek, verkeerde tyd, soos altyd. So laat ek jul voorstel aan die eerste en grootste boesem vriendin, luv ya Sha-michelle. Dis nou Ernst se suster, die mans verkoop wyn iewers innie kaap.

Marco, the invincible. Kyk mooi, as Marco naby is, is selfs Jaco van die band Eden in die agtergrond...die man steel al die aandag met sy slick pool moves, en sexy smile. (eks nie gay nie).

Maar sulke stunning looks vat groot effort...Dis Saterdag oggend so 9 uur en almal sproes mooi op om so paar shows by die verskillende skole te gaan kyk. Wat was dit? Ons het eers monsters gekyk waar ons gesien het hoe rof die mense van 7de laan swingers speel...dis nou die wat straight is. Waarna ek en Sha "playboyz" gaan kyk het, wat al die 7de laan ouens bevat het...wat gay is...en graag wou strip. Mag ek se, Paula is flippen hot. Sjoe, sy mag maar strip.

Anton, chill dude...was my bonk/bank buddy by die koshuis...ons praat nie uit die slaapkamer uit nie, tensy iemand ons vra of ons net lus is om iets te se.

Ons het ook saterdag ongelooflik baie geWIMPY, ek en anton was 3 keer daar...want as mens groot word...moet mens begin STUFF versamel en dalk begin leer kook.


Saterdag aand, blue moon, band, brandewyn, rooiwyn, en (ek sak my kop in skande) OBS.

Ek, Sha-michelle en Crazy women.

Marco besig om te model vir 'n foto...

Prinsloo op sy beste, ek weet nie wat daar gebeur het nie, maar mag ek nooit langs hom wakker skrik die oggend nie. Sha, jy't guts. Dis 'n sit 'n sak oor my kop asseblief geval.

Sondag breek aan, baie dinge het gebeur en marco en corne het selfs hul aanstaande skoonseun onmoet. 'n regte bulls fan...hy't selfs graad 2 gedop, net om die bulls image hoog te hou.

Pa en skoon seun.

'n foto voor die groot en scary trek.

Prinsloo gooi 'n pietersburg teken om te wys dis tyd om terug huistoe te gaan.

Die groot en scary trek. Marco het roadrage uit ons mede padverbruikers uitgelok deur sy bestuursvernuf en ek het hom probeer ondersteun deur my middelvinger te gebruik. Mens kan sien marco het op die pad gery as mens op RSG hoor dat iemand alweer sy motor teen die Uniegebou vas gery het. Hy het daai effek om mense.

Mens vergeet darem nie jou Pietersburg vibe nie, al was jy in die bos...dis soos fiets ry. Ne Corne?

No comments: