Friday, March 31, 2006

Stom geslaan

Ja, dis waar...botha los 'n comment..."wie is die mense nou eintlik? 'n band?"...iemand wat nie weet van klopjag nie. Dis onaanvaarbaar, hoe kan dit wees...ek sweer die mense in london weet wie hulle is...so...hoe kan kaapenaars dan nie sulke dinge weet nie, en indien wel...weet hul wie die melktertkommisie is? Ken hulle voorbrand? Chris Cameleon? Fokofpolisiekar?Karen zoid?

Wel, die woorde is klaar geuiter. So gaan kyk by klopjag.co.za, dan kan jy sien hoe hulle lyk. En dan sal ek maar op daai DVD van radiohead ok maar vir jou so paar songs van klopjag sit.

Moenie verkeerd verstaan nie ouens, Botha is hipper cool. Hy het goeie musiek smaak en hang saam met regte boereseuns uit (sakkie kan daar 'n goeie woord insit..hy's tipies boer, met plaas en bles), alhoewel hy meer die tipe is wat met oakleys sal trekker ry...hy praat goeie afrikaans en volgens Irene (die gevreesde) het hy 'n briljante algemene kennis in 30 seconds...veral in musiek...so wa was klopjag?


So hier is anel, marius, ed en casper se boetie...jasper...in die agtergrond...snaaks casper is nie in die foto nie...hy weet ook nie van klopjag nie.


Maar die aand was great gewees. Dit was bietjie stuif aan die begin gewees...maar dit het my nie gekeer nie en ek was soos 'n energizerbunny op my stoel gewees. Voorbrand was ok nie te sleg nie, hul het geopen...en hul hoofsanger kom van pietersburg af...glad nie te sleg nie. Vir die wat nie weet nie, sing hulle "warrelwind". Nou klopjag het 'n sagte plekkie in my hart, dit was die 3rde keer wat ek hul gesien het...en hul word net better by die dag. Dit was versekker better as die colab ding, en daar was genoeg drank ook gewees. Songs wat my hartsnare gekarfoefel het die aand was: 24 uur, stof, 'n briljante "dalk 'n boerseun", karloos in arcadia, gee (great), skree...en ek het op meeste van die songs saam gesing.

Ek hoop die ander mense het dit ook so baie soos ek geniet, maar ek het nog niks van hul gehoor nie...en hul het nog niks geblog nie, so wie weet.

My super 14 rating gaan drasties die naweek verander...of ek skuif 120 toe of so paar plekke op...ek hoop vir op, maar dink ek gaan af...brielie..sien jou binnekort by die bodem of the log.

Ek ry so 4u huistoe, maar braai by bonita vanaand...as iemand gewonder het.

Ek is nog steeds single.

En hoop vir 'n lekker vakansie met vriende, terry pratchett en patologie.

No comments: