Sunday, March 19, 2006

Koel Kola se Massiewe Mengsel

Vrydag aand saam met: Christina en Christelle en Sakkie en Botha en Amelia en Andries en Henning en the famous gang van PTOWN: Marius miellie, Anel broccoli, Edrich spenasie, Casper ertjies, Chippie aartappel en sommer baie meer...dit was lekker, die guinnies was great. Botha is Koel soos altyd, en sakkie...wel sakkie het 'n mooi sussie...

Dit was 'n lang aand en 'n vroeë dou oggend dagbreuk maak my wakker soos hoenders wat kekkel op die maat van "SEEK AND DESTROY", Casper se voete stink, Chippie snork en Marius se matras le maar al te lekker met sy termodenamiese slaapsak wat hitte in terme van fisika en chemie deur holhare kontroleer en reguleer. En toe slaan die groot kaas:





Dis ek daai en ja my bril sit skeef, of eintlik is my een oor laer as die ander...wie weet...kyk agter, dis karen zoid daai ne, en toevallig is karen ook toe sommer weer agter in 'n foto wat ure later en op 'n totaal ander plek van marius en anel geneem is.


Hey, daar is mariska ook, wat maak sy daar? Is daai 'n hand op my skouer? Kyk marius dalk vir my?

Die skare op die groot skerm en Metallica se vuis in die agtergrond.

Casper het dit toe wel net net gemaak, en ed is darem ook op 'n foto...laid back and in charge...geen cleavage het daai dag verby hom gekom nie en hy was heeltyd opsoek na crack...say no to crack man...yeah.

Nog skare, centurion gaan nooit weer die selfde krieket speel nie. En Chippa, Ek en Marius (veral marius) moet dankie se vir daai bier.

En dis dit vir eers...ek hoop nie ek het jul modems ooreis nie.
Groete tot 'n volgende keer.



1 comment:

Marius said...

Brilliant, meneer!
Daai selfoon neem mooi kiekies, nê.
Jammer dat my nuutste blog nie juis 'n rooskleurige prentjie van die Colab skilder nie, maar ek is oud man, en ek kan nie meer so lank staan nie, die knieë die knieë raak seer......

Ek moet nog 'n cooler ook by jou kry next time, maar baie baie baie dankie dat ons by jou kon crash. Sonder jou sou ek aan my kar se seat vasgegroei het.

Thanks tot volgende keer.