Thursday, November 24, 2005

Pelle, en weer eens pelle

lees daai comment van marius en jul sal verstaan...dit kom nou van 'n ou af, hoe sal ek dit stel...soos daai song "pas getroud...nannananana...pas getroud", en nou wil hulle saam met ons ................... rond hang, a-nee-a. Buddy, jy't iets goed daar aan die gang, en geniet dit vir so lank as wat jy kan...met die volgende bedoeling, om en by 50 jaar.

so marius, nou moet jy net jou blogger adress ook vir my gee, dan weet ek mos waar jy post. want post sal jy post.

Ons het vanaand saam met die maters gekuier, en ek het 6 love vir ed se gat geskop...sommer 1,2,3...nee wat 6,7,8 neeeeee....9,10 keer in 'n ry. Dan raak 'n man mos frikkie met tekken 5. By the way, lat marius vir julle sy storie vertel van hoe hy sy true love ontdek het. Sy was dalk 'n stalker in die begin, maar sy't heel goed uitgedraai, luv ya anel.

En chippie lyk nou ook asof hy op die prauwl is...blykbaar 1324 messages gekry van 1 girl af in 1 maand...maar ons almal ken vir chippie, so om dit realisties te stel het 'n girl vir hom die maand ................................................................. Ons almal het ons plesiertjies tog in die lewe.

Cas het gat grotkryp, nee hy's nie gay nie, maar hy het wel met 'n onderbroek vol gwanna terug gekom...moet ons die spca laat weet van die verkragte vlermuise in die grot. Wie weet?

Dan het ons ook die lekkerste boerewors rolle met tjatnie en tammatersous ge-eeeeet vanaand. dis nou ouma wors. en julle soutnekke daar anderkant mis dit seker een karnalie skoot.

ek het gehoop dat .......... my vanaand sal bel, maar dit het nie realiseer nie, gewoonlik kuier sy donderdag aande saam met haar vriende in rustenburg, seker vanaand met 'n spesiale vriend..boeta, ek hoop jy voel eendag soos ek voel, sterkte.

Wel, ek het nou op 'n paar dates gegaan, maar kon dit net nie oor my hart kry om iets te doen nie...selfs ............... wou nie werk nie. aaai ja jaaai

die naweek fondue ek saam met alicia hulle en saam met van haar vriende, eks seker dit sal lekker wees. ek hoop net nie eks 'n spaar wiel daar die aand nie.

groete mense
ek sal weer post met prente en dinge.
maar gat nou slaap
willem

4 comments:

Marius said...

Thanks vir die fraaie woorde, o grote magtige Tekeen-kampioen! Ed sal nie te vrolik wees daaroor nie, maar die wereld het nuwe heroes nodig.

Ek sal probeer iets post op dieherder.blogspot.com, en jy van alle mense sal gou die gepastheid van die naam sien.

Ja dit was lekker gisteraand so op 'n effe meer rustige tipe manier, niemand het ge-headbang op rammstein of omgevabond op die grasperk nie, so dit kan deurgaan as 'n onder-standaard partytjie.

Nietemin, ek hoop jou fondue is baie beter die naweek, en van spaarwiele gepraat, almal soek een op een of ander stadium, selfs girls. Die laaste dinge wat 'n girl soek om om sonder 'n goeie tyre te staan en daar is nie eers 'n spaarwiel in die rondte om die aand te red nie, hiehiehie.

Wel, ek moet ook eers gaan, jy moet tanne gat trek en ek moet ontwikkeling probeer orden, alhoewel dit vir my meer beteken ontwikkeling stop. Nog 'n grappie, effe flou.

Cheers, ons praat weer
Marius

Jaco said...

Dames,

Julle ...fraaie woorde is 'woorde' wat geen man van die 21ste eeu meer moet uiter nie..nee, inteendeel woorde soos: spanner, boksombende, gabba & vy...wel dis wat aan die orde van die dag is...
Dis net na 11 op hierdie pis koue,xx, Vrydag aand die 25ste. Vandag was payday(fok) & ek sou vanaand 'n 'blinddate' gehad het maar daai kite het toe nou ie gevlieg nie & nou het ek sopas my laaste skoon dubbel Klipdrift Premuim gegooi...wat etter is want ek weet nie waneer bring iemand weer vir my 'n bottel hierdie kant toe nie.
Dagga, ek weet nie og jy onthou nie maar jy & Ed het my karige woning stink gepoep terug in die dag terwyl julle op my PS! gespeel het - daarmee bedoel ek dat as ek jou die dag weer in die hande kry sal daar kragte gemeet word natuurlik(Tekken gewys).
Ons 8MB internet is vanaand nou weer ouma stadig - Rolf download seker nou weer diere porn of iets...
Gooi mielies & onthou:
Wat sou hy gedoen het as jy die piel was & hy jy?
Presies..
Dis al...

Jaco said...
This comment has been removed by a blog administrator.
Jaco said...

O en ek het somer 2 keer gepos - dis die mens wat ek is ...'n giver en nie 'n taker nie...