Wednesday, November 09, 2005

Goeie naand mense. Jong was ek besig tot nou toe. Fabond (dankie marius, jou karnalie). So ek het toe begin werk by Dr. ... die week en dis 'n leer sessie een strook deur. Dis verskriklik interresant, met al sy nuwe gadgets en goete waarmee hy die heel dag speel. fun, fun, fun.

Maar ek moet se die naweek was die beste.
Ons was mos naby Machadodorp na 'n plaas met die naam winkwater toe (www.winkwater.co.za) en dit was net een groot jol. Dis nou ek, my (ex) meisie, chippie en my ouers. Die weer was teen ons, want dit was die eerste naweek waar die reen oor die hele SA geval het (terloops 50 ml in p-town), maar ons het nog steeds die visse uitgeruig...die groote vissermanne wat ons mos is. Ons het wel nie so baie visse gevang soos gewoonlik nie. Om eerlikwaar te se het chippie vrydag 3 visse uitgehaal (ek het nie daai dag 'n lyntjie nat gemaak nie, het vir my girl gewag...ja ek weet eks 'n panzy). Saterdag het ons so om en by 30 visse almal saam gevang en Sondag weer 'n hele klomp, om en by, ag, 20.

Not to shabby hey niaage...maar hiers die groot nuus...saterdag oggend trek chippie mos die eerste vir oor die 2 kg uit...nou dis redelik huge vir 'n forel en jy vang hulle nie sommer nie, dis ook die enigste een van die ou grotes wat ons toe uitgehaal het, die res is almal 'ge"-catch/weighed and released. Net daarna, hak hy weer een, miskien bietjie groter, wie weet...maar die ding stroop toe al sy lyn uit...en hy moes als weer in katrol, wat 'n mooi vis.

Toe het ek so bietjie daar gat staan en my forel van oor die 2kg uitgehaal. Ok maar "net-net", want toe ek hom wou skep in die net, pas hy nie in nie, en onduik my vir nog een run-of-freedom...dis toe wat die fabond die fan strike, want toe breek my stok...fabond ja. Ek moes hom verder met die hand uithaal en kop eerste in daai net in kry. Ek het ook net daar na weer 'n groote gehak, maar die het al my lyn afgestroop en toe die leader (dis nou daai deurskeinende stuk lyn voor aan die punt) gebreek...wat terloops 'n breekkrag van 4.38 kg gehad het.

Ag, verder het ons maar die hele tyd deur gevang, en ons het die prime spot prys gegee vir Irene, om ook 'n groote te hak. Die het sy eers Sondag reggekry, toe sy ok 'n forel van oor die 2kg uitgehaal het (dis haar grootste tot dus ver). Ek's so trots op haar (punte (toe nou nie)), en dis niaas dat sy van my tipe ding ok hou (bing-bing-bing(ok nie)). Ek het wel nou nie 'n foto van hare hier nie, dis op haar kamera, maar sal dit oplaai sodra ek die prente ontvang (vergeet dit maar).

Daar was natuurlik die primespot waar ons die grotes uitgetrek het, en daarvoor het jy daai swempakkie nodig gehad waarmee ek in die foto's rond paradeer. Om een of ander rede het die grotes daar gevat. Maar dit lyk nogal koel as mens daar in die water staan en cast...nes "a river runs through it"...hiers my (ex) girl, asook 'n paar visse van sondag wat ons uitgetrek het.


NEHOW, die was nou nie 'n fabond snaaks posting nie, dis dalk omdat ek ma fabond moeg is en deels omdat ek nie te veel oor my hobby wil spot nie. Ek sal wel dit se, ek kan die week woorde uiter wat brielie al vir 4 jaar lank nie kan se nie..............................................................

groetniss tot 'n volgende keur, as ek kans kry sal ek 'n exposé doen oor my plek waar ek werk..net om al die gadgets te wys, asook al die mooi meisies...naas Dr., is ek die enigste ............................. daar..."............................"se ek vir julle, die girls is regtig nice en beeldskoon...enigste fout wat hul tot dus ver gedoen het (wel een van hulle) was om my pokkel te noem. Maar as jy na die foto's kyk verdien ek dit seker.

Cherio
tanneman




2 comments:

Jaco said...

Ola !!
So vis...wens ek was jy - moet erken dit lyk asof dit lekker was...lekker pants...Kallie, ek dink dit is tyd dat Rolf weer blog...dis reg..ek dink ons moet hom kak hap..so net waneer jy tyd het.
Maar lekker foto's!! Chippa lyk maar nog presies dieselfde.
Jou enigste wit & reguit vriend

Jacolien

Jaco said...

Willie Wiemps,
Janneman hier...dude...e-mail my asb & met 'n NB !! soos in die ou dae 'n land lyn nommer waar ek jou tot & met 11 uur in die aande kan kontak na my g-mail toe of los hom net op my blog in 'n comment & dan sal ek hom neerskryf & dlete sodat jou sekuriteit & veiligheid 1ste kom & prioriteit neem.

Jannie