Sunday, November 27, 2005

Ja ouens, was toe gisteraand op 'n date. En dit was heel oraait, maar ek kry myself nie verder as soen nie...nou weet ek ook hoe dit voel as ......................... Ek dink ek mis daai va-va-voom. Miskien sal dit better gaan verder in die week, ek is seker dis als in my kop. Fine, ek kon seker meer gedoen het as vry of verder gegaan het. Die ander ding is dat ek so lanklaas iemand anders gevry het, ek het vergeet hoe dit voel met 'n ander persoon en iets in my kop se die heeltyd vir my dat ek iets verkeerd doen en dat my tong wel nie in haar maagsappe moet rondwarrel nie. Dit kan dalk 'n chocking hazzard veroorsaak.

Bygese het ek besef ek's regtig sleg met die eerste date ding...ek't die girl gevat vir 'n fliek en koffie en toe 'n rugby game wat ek weet sy nie sou geniet nie (en wel later die aand toe ons verloor het, het ek dit ok nie geniet nie). Dis toe wat ons huis toe ry en daar daai stiltes oor mens val en ek dink die girl dink eks 'n loser...maar wag...toe nooi sy my vir 'n koffie...en gat haal haar foto albums uit (met baba foto's en 'n bikini foto van str.8...'n eerste wat dit met my gebeur) en toe knoop ................

Ek dink ek gaan dit stadig vat met die girl (was ek verkeerd oor daai een), wat snaaks is...want ek't ......................en dis presies wat ek nodig het op die stadium. Maar nou dat ek haar better leer ken, is sy nie so .............. nie...of is ek dalk nie ............... nie. Die lewe is interresant, die lewe is 'n lied.

Right, ek ry vandag pretoria toe om daar oor te slaap en dan vertoef ek na secunda om te gaan kyk na 'n spreekkamer uitleg, waarna ek al die pad terug ry. Gat seker by cj oornag omdat ek nie alleen in pta wil slaap nie, en nee...ek slaap verseker op die bank so 5m van hom af weg as jaco weer met sy gay streke iets vir my wil se.

Dis 'n funny gevoel die...wanneer jy nie 'n meisie dadelik wil sms nie, om te verhoed dat sy dink jy's 'n loser...maar jy wil, net om te se hi...ek dink nou al die hele oggend oor iets wat ek vir haar kan se, maar WAT?

groete tot 'n volgende keer, en marius die stukkie van ......................................................., sal dit nie delete nie. so lees gerus maar verder.

thanx rolf vir jou blog en jaco thanx vir jou raad
groete tot 'n volgende keer
wimmil

4 comments:

Marius said...

Wow, dude, wow.
Ek kan vir almal wat hierdie posting lees. sê: "Ja, Willem het regtig op daai date gegaan en hy het haar regtig gevat op 'n rugby-kyk (daar by my huisietjie)en ons almal het haar gesien." Sy lyk orraait, en behalwe vir die baie klein, stywe wit toppie wat sy aangehad het het sy nie noodwendig maklik of los gelyk nie. En o ja, ek dink Casper en Ed sal met my saamstem as ek sê:" Will, ou maat, dis dapper om 'n girl se gat te skop met Playstation op 'n first date" Dis nou as PS naby 'n first date moet kom, wat ek betwyfel. Maar nietemin, ten minste het jy haar aan ons kom voorstel, wat haar nou vinnig sal laat verstaan watter soort mense jy jou mee ophou, wat jou either kan laat misluk in jou quest (baie moontlik) of jou kan laat slaag.
Anyway, dankie dat jy ons so baie vertel van jou liefdeslewe,(probeer my stemtoon hoor hier)en ons sal aanhou probeer om jou van die wal in die sloot in te help. Feit bly staan, al is ons Homo Sapiens Sapiens en lank nie meer Australophiticus of erectus of habilis (shit, die woorde homo en erectus in dieselfde sin klink net so verkeerd)het ons nog steeds 'n sterk sin vir gesonde, outydse instink. Jy sal vanself weet wat om met 'n girl te doen as dit die regte een is. Die geheim tot 'n goeie verhouding, hetsy een nag lank of 25 jaar lank, is dat alles van self gebeur en baie gemaklik en reg voel. Dis hoekom mens nie trou met 'n los gelukkie nie en nie jou trouvrou binne 2 minute shag nie, oordat dit nie reg voel nie. So volg net die situasie. As dit vir jou moeilik is om met die girl te vry en dit verg te veel inspanning om net te kommunikeer, is dit 100 teen 1 nie die een nie.

For what it's worth.....

Anyway, groete, en ons praat weer, daai Shiraz moet een of ander tyd knak, miskien by die viswaters, maar om die vuur laat die aand as daar stories van die groot een saam mee geniet kan word.

Cheers
Marius

Anonymous said...

I would like to talk to you on this theme.

Anonymous said...

And variants are possible still?

Anonymous said...

It is excellent idea. I support you.