![](http://photos1.blogger.com/blogger/2267/1668/320/quad%20015.jpg)
En jaco gabba, ek weet om te vergeet moet mens van als ontslae raak...maar ek het mos vroeƫ altzheimers en dis vergeet ek baie maklik...so ek skat ek gat die goed hou. Woorde wat vashak in my kop is die volgende: "jy't vir my gese, jy sal bel. Nou maak ek weer 'n draai in my jong mans hart se hel...whooeeeehoeeehoee". En ek is uiters
![](http://photos1.blogger.com/blogger/2267/1668/320/quad%20004.jpg)
Dis verbasend hoe baie mens kan doen as jy moet besig bly. ek het vrydag middag na werk saam met ons personeel 'n wyntjie gedrink om my uitslae te vier. Daarna het ek nog 'n wyntjie saam met ed en cas gedompel...maar ek moes waai daar, want dinge was net-net still genoeg om my te laat dink aan ander dinge. Right, toe kuier ek saam met cj en 'n paar lekker kinnes (woord in die kaap vir girls, van om en by ag 19)...daar was hoop, todat hul begin praat het van seks en dat hul nooit-ooit die wilde ding sal doen voor hul getroud is nie. Net daar en dan
![](http://photos1.blogger.com/blogger/2267/1668/320/quad%20017.jpg)
Saterdag oggend bel cas my 6:30 vir 'n visvang sessie by mountainflyfishing...so toe gan ons. tweede cast 'n vis gehak, en daarna was dit stil. En dis toe dat ek besef dit was 'n moerse groot fout om by die viswaters te kom...jy kry mos lekker tyd om dinge vir jou self uit te dink en as jy vashak bliksem jy die stok en skop paddavissies ens. so toe's ons 3 uur al terug.
En met die bel ek toe vir cj wat nou 'n quad gekoop het, en ons gat ramp toe bietjie by capricorn racing club. Hier is foto's van vandag (dis nou sondag, ja ons het weer gegaan). Maar let wel...ek lyk soos 'n panzy op die foto's want cj kan nie aksie foto's neem nie en dis lyk ek maar horing...aan die ander kant lyk cj soos 'n cowboy, want gabba kan mos mooi mik...wat ek eintlik wil se is: ek ry nie soos 'n meisiekind nie, dit lyk net so...en ek weet ek gat hel kry oor daai een.
Ouens, ek wil weer eens dankie se vir jaco, botha, cecile, casper, ed, cj, my ouers, en rolf (dis nou die dag wat die gabba weer 'n posting doen/of op die net kom/of sommer net by pik). Ek het wel besluit dat niemand dit like om sulke diep/depressing sake te lees van iemand anders nie...volgens die gesegde...dis jou kak, nie myne nie...so ek gat probeer om te smile vir julle en myself en as daar weer 'n funny posting opduik/of 'n parragraaf/of sin/woord/of letter, verskoon my/lees dit deur of skip tot die volgende sonstraal. Ai, hoe mooi eindig ek af daar.
So, die naweek was regtig great gewees, behalwe dat dit nie so gevoel het nie...ek sou dit graag met iemand wou deel, so nou deel ek dit met julle...
![](http://photos1.blogger.com/blogger/2267/1668/320/quad%20023.jpg)
groetniss
tot volgende keer
willem
ps. rolf...scuba in ptown kos R14oo, so as jy wil...weet jy waar om dit te doen.
No comments:
Post a Comment