Tuesday, November 15, 2005

Goeie more mense.
Dis glad nie 'n lekker blog om vandag te lees nie. Vandag se blog gaan ten volle oor verhoudings of meer die beeindiging daarvan.

Right, soos jul kan aflei is ek nou weer single, en ek weet nie presies hoe ek daar gekom het nie. Maar ek is daar. Basies het sy my gisteraand gebel, en vir my laat weet dat ons tyd by ons eie nodig het. "Om dinge uit te sorteer...ons albei". En ek kan vir myself lieg, en vals hoop gee. Maar ek het al vroër in my lewe vir edrich die volgende gese. "In 'n verhouding is daar nie iets soos tyd af vat nie, dis of verby of dis goed". Sien ek verstaan dat enige mens in 'n verhouding baklei, en kan kwaad wees vir die ander persoon, maar jy baklei en kry dit oor en verby en dis uitgesorteer of dis nie. Geen middelman nie.

Sien sy het laas week dinsdag my gebel en vir my gese dat sy nou al die afgelope 7 maande ongelukkig was in ons verhouding. Dat ek haar te veel seer gemaak het, en dat sy basies my emosioneel uit haar lewe uit verwyder het. Dit was 'n trokslag vir my, veral nadat ek planne gemaak het om verloof te raak, (by the way, ek het 'n verloof ring van 18 wortels wit goud, met 'n .52 wortel diamand, as iemand belang stel...dis 'n verskriklike goeie gehalte steen en daarom is die prys om en by ag, maak dit R12 000...maar op die stadium sal ek iemand seker betaal om dit by my te vat)...ek sit ook nou met 'n verlowings naweek wat ek klaar afbetaal het...so ek sal seker maar moet gaan, maar "faaaallie" weet ek gat daai naweek nie op my eie kan deur bring nie, so rolf...jy is welkom om my te join, ek gaan soveel mense as moontlik uitnooi. So jul sal my moet oppas en ondersteun daai naweek in 'n war-bar van gesuipenheid en vroeë oggend visvang sessies. Jaco, as jy wil kom is jy welkom pel...maar jy betaal jou eie vliegtuig kaartjie.

Mense, ek moet nog een of ander tyd al haar goetters uit my huis uitkry...en ek is bang vir daai dreaded 2nd rejection, daai een wat jy kry om net mooi jou ter helle neer te slaan. Net soos die duiwel wat jy is.

Ek skat ek sal jaco se biggest loser ding join, om die volgende redes...ek eet "frikkie" niks nie...is nou in die oggende 4 uur wakker so ek kan maar net so wel gym en ek sal seker moet mooi lyk as ek weer die enkel loper mark wil betree.

Ouens, dis "karnalie" om hier te wees waar ek nou is. Ek skat ek moet seker nou maar die pad loop, en ek weet eks nie die enigste een wat die pad nou al geloop het nie. Casper en Ed is ook daar deur en hul het belowe hul sal my in denmar of weskoppies in book as ek hulle begin af-"uriene" later.

ouens ek moet gaan
lekker dag verder en ek wil amper se bid vir my
williewiemps

1 comment:

Jaco said...

Willie,

Gabba brielie hier - ek gaat try om jou net na 10 te bel - dis waneer ek by die huis kom...
Ek voul jou pyn ou - ek voel jou pyn...

Ons gaan praat