Saturday, December 03, 2005

More mense,

Die week het soos 'n boeing gevlieg in nat weer, en nou voel dit kompleet asof die naweek ook sommer verby is.

Wel, eerstens sien ek nog "girl A", maar wonder of sy regtig in my belang stel. I don't know, ons gaan vanaand saam met alicia, en jaco osmers en hul trawante kuier. Die het ek nou die dag eers uitgevind is 'n nice ou. Niaaace.

Gisteraand was weer 'n kuier sessie saam met die herder en sy volgelinge. Mens kan dit sekker nou al 'n sekte noem, want daar gebeur funny dinge...en ons probeer jong volgelinge werf (die bure se 2 kinders) deur vir hul 9u in die aand ramstein te speel net na hul ma'le hul bedtime story klaar gelees het...die kiddies tel nou sommer al skape in duits (ein, swein, etc.). Ja, so gemaak en so gedoen...ek skat as ons hul van seks en dwelms afhou tot op die rype ouderdom van 11 het, doen ons sekker 'n goeie ding. Wie weet?

Dan het ek nou die dag met rolf ook so bietjie gemsn, maar vader weet alleen wie en wat ons gese het. Jaco het ook 'n quickie ingekry of twee...en toe vind ek uit dis eintlik 'n stalker wat op sy msn chat...die dommie dink sekker hy staat 'n better kans om op brielie se naam te chat, maar ek dink nie ek ken iemand wat so 'n lang droogte al gehad het in die department van meisies kry nie. Amazing, mens leer elke dag van iets nuuts of van iemand nuuts. Lyk my dan jaco het sy plek in die guinies book of records verloor teenoor die dude...maar ek spot sommer net, en dis sekker nie iets waarmee ek moet spot nie, so jammer daaroor ouens. Ons almal hou duim vas, en weet sommer dat Lara Craft binnekort per ongeluk deur jul venster gan bars en besef dat julle ouens eintlik indiana jones op sy plek sit...gabba vir julle, gabba...sterkte mense.

Nuwe hamburger en tee house rule:
Rieël Twjiee:
djalle rieëls tsal in geharde transvaalse pogins van "kaaps-hollands" af geskrewe word.

dus moet ek rieël ene ok nou aanpas:
Rieël Ene:
Djie blog is 'n plêk van jol, djy sal nie djou comrad lem in die agterstewels nie, met uitsondering van die genoemde parragrawe in die komment van die uwe marius, wat hy 4:42 gepost het in die vorige blog.

Dankie marius vir jou blog net voor die naweek:

Vreemde situasie 1: Ek ken 'n ou wat baie sorgvuldig kan skryf oor vroumense, verhoudings en die lewe; en dit nogal reg kry om goed sin te maak daarvan vroeg in die week...maar kom die naweek nader, en vrydag slaan, word die droom man ok maar net 'n gewone brielie soos die res van ons en dan post hy liederlike prentjies van mooi tannies op sy site om die naweek foeffie in alle mans op te kikker. vreemd ne?

Groetniss tot 'n volgende keer
williewonker

1 comment:

Marius said...

Hmmmm.
Ek moet erken, ek mag dalk dink ek ken van die lewe en ek ken van mense, maar ek moet hier erken, ek kry jou nie gepeil nie, ou vriend.

Van die dinge wat jy sê en impliseer vlieg seker oor my kop, en ek wonder altyd of jy my nou slegsê of nie. Maar dis 'n goeie eienskap, want party mense snap jou en gaan saam, en die res wonder of jy nie maar tog net 'n grappie gemaak het nie.

Ek sal aanvaar dat die spoof op "Vreemde Situasie 1" net humor is, en niks meer nie, tot jy vir my laat weet ek's heeltemal verkeerd. Intussen kan ek sê: Goeie probeerslag met die 'Capie-aksent' daar, maar laat ek jou bietjie meer afrig as dit weer wil gebruik. Daar's 'n woord of twee wat jy nog moet bysit om rêrig 'kwai' te klink, 'my broe'