Sunday, December 25, 2005

Right so dis waar ek staan, ek het 2 weke van niks doen...so ek gaan nou 'n boek op die blog begin skryf. makliker gese as gedaan en die kritiek is al daar en sommer welkom ook. marius se ek moet skryf oor 4 vrinne wat 'n band stug. miskien kan ons dit inwerk.

en nou kry ek kommentaar oor my vrinne en kappie e. en my nuwe paragraaf met 'n klein lettertjie/kie/pie...

great...enige idees is welkom, gat nou pickel oor die saak.

1 comment:

Marius said...

Ek het die naweek al vir jou gesê daar is geen so 'n ding soos exclusive groepies nie, en as daar is, is ek en Anel nie naby aan so iets nie. Ons is juis die twee wat net te dankbaar is iemand praat met ons en vermy ons nie soos vrystaat rugbyspelers nie......

Casper het iets laat val dat hy nie noodwendig wil OPHOU drink nie, maar dat hy baie beslis die volume inname sal moet check, en heelwat afbring in 2006. En dis fine met my, ek drink soos Alexander die Grote van ouds: nie soseer om dronk te word nie, maar om ietd te doen terwyl ek tot in die vroeë oggendure kan gesels.

En ek en Casper sal moet gesels, want jy en Ed verlaat ons vir Pretoria, en ons sal, as ons gelukkig is, elke 2de naweek julle sien op die meeste. Sad.

Maar kom ons kom by die boekskryf ding. Ek dink dis 'n goeie idee en ek dink jy moet dit doen. Al is dit vir jouself, maar ek is seker die ander van ons sal elke dag inboek net om te sien watter wending die wilem-sepie nou gaan inslaan. Het Sannie regtig geheueverlies? Is Pietie die buite-egtelike liefdeskind van Gertruida en Sipho? Skakel more in om te hoor.....

Ja, die vrinne wat 'n band stig idee is maar effe geskoei op die lewe van 'n miljoen bandmembers oor die jare, including die Beatles en U2, maar eintlik het ek gedink aan 'n Klopjag - ietsie jonger en closer to home.En die musiek is nie die belangrikste deel van die storie nie, maar wat die vriende doen met die uitdagings van gigs, tekorte aan geld, groupies en one-night stands, dwelms en misdaad, publisiteit en roem (of die gebrek daaraan). Maar dis jou verhaal, moenie na my luister nie. Dis miskien 'n holruggeryde topic, so ek vertrou jou eie sal meer oorsprinklik wees.

Ek persoonlik sou graag wou meedoen aan 'n verhaal in dieselfde trant as "Hitch hikers Guide trough the Galaxy" jy weet, 'n effe absurde komedie oor karakters en plekke wat kwalik realisties is of met mekaar verband hou. Dis vet pret.0

Anyway, enjoy, ons praat weer. Miskien sien ons jou nuwejaar as dit nie te veel vir jou is nie.....