Wednesday, December 21, 2005

Vat selfs 'n woord soos liefde, hartseer of hoop. En bloei net eenkeer in woorde strepe alleen. Bou 'n monument, wat staan, wat skree, wat gee. Dit kan nie te moeilik wees om te laat gaan nie. Dit kan nie te moeilik wees om te verstaan nie - Dis jy. Dis jy. Dis jy. Dis jy. Gee bene vir die kruppel man. Gee 'n been vir die honger hond. Gee Gee....Gee Gee Gee Gee. Gee iets vir die hartseer vrou. Komaan Komaan gee dit nou. Gee Gee... Gee Gee Gee. Dit kan nie te moeilik wees om te laat gaan nie. Dit kan nie te moeilik wees om te verstaan nie - Dis jy. En as jy dit kry sal jy weet - Dis jy. Dit kan nie te moeilik wees om te laat gaan nie. Dit kan nie te moeilik wees om te verstaan nie.

Gee> klopjag

Daas 'n auntie en oomie by my werk...hul staan elke dag daar voor die spreekkamer by die parkeer terein...en probeer elke dag aan my 'n bangle verkoop... my antwoord elke dag is soos volg: "nee dankie"...ek's elke dag daar en se elke dag dieselfde...snaaks genoeg noem die swart man wat my kar elke dag wil oppas (en 'n straight foward..nee dankie kry) my nou al dokter. Nou vra ek die volgende...as ek elke dag daar is, het ek of horribale tande ('n mengelmoes van jaws/predator/grinch/the hoff/braceboy) of eks 'n dokter/hulp...dink die tannie dalk dat my tande moerse lelik is as sy my Mnr. noem?...So deesdae smile ek nie meer as ek by die werk instap nie...moerse publisiteit vir ons praktyk. Verkoops foeffie: mens verkoop makliker iets aan iemand as jy sy ego streel...lelike tande nee...dr...ja...dit wys net, as almal net my blog gelees het was daar minder mense op straat.

Wel more is nou my laaste dag daar en ek soek nou my volgende werk...of miskien moet ek soos 'n beer (nie teddy beer nie) baie kellogs eet (high fibre) om 'n anale (sensor self as jy 'n sensitiewe lesser is) plug te vorm...sodat ek die volgende 3 weke kan hiberneer...miskien...maar ek het nog nooit van kellogs gehou nie...eks meer snap crackle pop.

Dit kan nie te moeilik wees om niks te doen nie...dit kan nie te moeilik wees om still te sit en te dink nie. Wel dit kan.

Ek drink nou al die hele week koffie by die municipality, en moet my nie vra om dit reg te spel nie, want ek werk nie daar nie. ek bring gewoonlik iets soets, droog of sout en sy bring die geselskap en koffie en suiker en melk en bekker en piering en lepel. Soms nooi ons vir ou marius en as dit gebeur ontwikkel pietersburg teen 'n snot skoot...want marius het 'n stamp met 'n not approved stempel op, en hy dink die ding lyk net te oulik op papier..so nou kan jul vir jul self indink...ek en magdaleen doen man (en vrou) hope vir ons gemeenskap. hier in polokwane, ons moederstad ons trots. Nou dat ek daar aandink, wat van 'n stamp collection stel vir kersfees marius...R120 by game..ek weet want ek het vir die kinders dit gekoop. mens kry selfs rollers stamps in die boks.

Om terug te kom by magdaleen, sy's great...maar ek het nog nooit deur so baie moeilikheid gegaan gedurende die tydperk wat ek haar ontmoet het nie...mag wel se dat ek meeste van dit self gemaak het...So, meeste van die tyd verbeel ek my in haar skoene...en ek sien myself met nike tekkies; en ek vat die pad so vinnig weg soos wat jaco 'n 100 m sprint kon doen met hekkies in sy gesogte jong dae. Ek hoop hierdie fase in my lewe gaan vinnig verby...ek is sekker dit sal. Maar nou weet julle waar aan ek dink, dis net my verbeelding wat op hol loop.

Terloops maak ek more weer daar 'n draai, en ek ruik wortel koek hier in die oond. Nee jaco, regte egte wortelkoek.

wil ook net aan vriend marius jammer se oor nou die aand se moeilikheid...ek't 'n af aand gehad en jy het 'n af aand gehad en ongelukkig maak 2 af's nie 'n op nie...in teenstelling met "2 thongs does make a right".

Rolf was altwee aande met ons uitgewees en ons het sweet blue bugger all gedoen, want eks moeg en die is pietersburg en jaco is nie hier nie, en wat dan???? dit maak my bang, want ek dink nie ons sal vir jaco kan vervang in die dorp nie...en wat dan? hoe nou gemaak.

My baas ken my musiek smaak, want die ou toppie het sommer self vir my klopjag se CD gekoop...en ek vra jou watter 50 jarige oomies ken julle wat sulke dinge doen...ek sal sommer opskop en vir die res van my lewe daar werk..dis so lekker...ongelukkig het ek sekker nog baie meer jare oor as hy, en dus gat ek werkloos wees vir 'n goeie tydperk daarna (as hy nou ooit eendag sy manfrid mandrill (drill punt om stopsel te polletoer) en sonde (probe) neersit die dag...dis nie lelik bedoel nie...maar dis net feite. hy kan sekker nog tot 100 toe werk, maar dan sit ek vir 40 jaar sonder werk en wat dan? wat se dit vir julle...eerstens dat ek nie wiskunde kan doen nie, en tweedens dat ek beplan om 'n paar jaar ook te werk...ek wil graag dit nou begin doen...is dik vir my swottings...my lewe kort 'n rede, 'n pad en 'n sin. Brielie sal sin vat by die woorde en rolf ook op 'n meer skeppende wyse...klaarblyklik iets soos die lewe is 'n rit...want die man travel mos van dorp tot dorp en land tot land om sy sonde te versprei.

so op so 'n lae/diep noot los ek julle...
ek sal dalk more weer koffie gryp so 10 uur soos altyd...ek bring die koek as daar is.
goed so
williewiemps/williewonker/wimmel/willem en nou ken almal my eie persoonlike byname...so nou kan niemand my meer spot as my ma my roep vir hamburger en tee nie...

sien sy kryp soms in my gedagtes rond.

1 comment:

Marius said...

Hmmmm. Diep en deurmekaar, hierdie seun van Josef Espag. Ek stem meeste van die tyd met hom saam. Veral Klopjag. Daai groepie het ek waardeer van die eerste keer wat ek hulle gehoor het 'n jaar of twee terug. Ou Dawie, Salas, Marie-Louise hulle het 'n ding beet hoor. Die "Boerebeatles" is hulle beslis.

Ek sien die koek-etery elke dag en ek wonder: hoeveel koek moet mens eet voor te veel koek te veel is? Net so wonder ek soms hoeveel keer moet 'n man 'n kar se deur vir sy girl oopmaak voor dit te veel is? Of moet hy net eendag haar hare in die deur vasklap en dan is dit nie meer verder nodig nie? Soos om daai dag toe jy besluit het jy is nou moeg daarvoor om jou pa se kar te was of die gras te sny, so 'n sleg job daarvan te maak dat hy jou nooit weer vra nie.

Ek babbel sommer en maak geen sense nie. Anyway, geniet dit, laaik die bloggery, hoop jy vang visse swaar genoeg om 'n lesing te kry op daai skaaltjie van jou....