Sunday, December 18, 2005

Ouens en dames....laat ek begin deur onverskooning te vra omdat ek jul die afgelope week of wat afgeskeep het...ek is jammer..in die selfde asem wil ek ok onverskoning maak vir my spelling in die weergawe en enige vorige spel foute in die vorige weergawes...om die HAT vas te vat was nooit my ding nie.

Tweedens wil ek 'n versoek plaas, as enige iemand dalk 'n swart baadjie sien rond le het...asemblief kontak my by die adres. Die swart baadjie het missing geraak by 'n party, om en by 22:00 uur die vorige donderdag aand, nadat sy eienaar hom vermoedelik mishandel het en toe verplaas het. As u 'n beskrywing van die baadjie nodig het: Die baadjie is 'n baadjie en hy is swart...hy hang vermoedelik gewoonlik in 'n dame se klerekas rond...alhoewel daar nou al bespiegelinge is dat die einste baadjie gesien was in edrich se kas...wat heel moontlik is omdat edrich self nou al pink dra en saam met casper rond hang...en hul twee alleen nou al by huise saam drink en ander dinge doen (dis gesensor).

Moet die baadjie asseblief nie aan die salvation army skenk nie, en ok nie verkoop vir drank geld nie...doen die regte ding...jy weet jy kan...

Ok, dit gese en gedoen gat ek nou vinnig tik, want die tyd stap aan en ek moet bed toe...die naweek was great gewees, ek het vis gevang...marius het vis gevang en casper was ok daar gewees. Anel het laat geslaap, ons het krieket gekyk en gespeel (as 'n score van 8 lopies nou 'n wedstryd genoem kan word). Marius mag maar. Maar dalk moet ek nie nou oor die naweek skryf nie want sondag aand dwaal nou in my kop rond en ek weet marius gaan my hap oor my sms'se wat ek stuur vir 'n persoon wat oorkant my sit...so voor jy dit doen...onthou net, dit was privaat...en dit was bloot so gedoen om groeps druk te vermy. En die 4 ander sms'se het net die eerste sms bevestig...as jul gewonder het waaroor dit gaan. verder kry jy niks meer uit my uit nie...

hmm...ek hoop marius kan so paar foto's blog van ons naweek (ek verwys jul na...dieherder.blogspot.com toe). Bass Master Espag sal seker sy verskyning maak op ESPN voor die einde van die jaar.

Ek en Rolf sal more aand 'n biertjie gaan drink, enige een is welkom...jy ok jaco...maar dan moet jy nou vlieg, want ek wil weer vroeg in die bed wees. En waarom blog jul nie as ek nie blog nie...jul het my toestemming om maar te post, sonder om vir my post te wag...wees kreatief, jul het dit in julle...bring die innerlike blog in jul uit, wees 'n dier en tik voort.

OK, dis dit...gaan nou doeks
ek weet dis kort, ek weet ek se niks...en ek weet jul het sopas 3 minute (5 vir julle wat met die alfabet stoei) gemors...but that is how the cookie crumbles.

good night
wimmel

No comments: