Sunday, December 18, 2005

sien nou post ek nog een..vir julle wat stadig is...my eerste post van vanaand is onder die een wat ek nou geskrewe het....hoekom....want ek skryf mos voor ek marius se blog lees. ja, dis die tipe pel wat ek is...hmm...jammer dat my beloftes leeg was donderdag aand...ek was net te moeg en toe was die naweek op my.

Marius praat die waarheid, maar praat hy die volle waarheid??? Ouens kan ok maar piekie wees op tye (nee..nie die kort gat piekie tipe nie...die piekie wat bedoel dat jy net nagereg eet en spinage uitlos en boontjies en ertjies en pampoen...daai piekie). Die feit bly staan dat mens aangetrokke moet voel ten opsigte van 'n sekere persoon. En dis net makliker vir mans om aangetrokke te voel teen oor 'n meisie, as wat 'n meisie aangetrokke voel teenoor 'n man....ek meen, kom aan, kyk hoe lyk ons. En ek moet se, in die dorp lyk dit as of vroumense kan kies vanuit 'n 100 mans...so dan kan hulle mos hul standaarde lig...wat kan lei dat hul single is (piekie issue..), wanneer hul wil wees...en dis soos marius se...hul eie lot bepaal. Die selfde geld vir ouens, jy kan score wanneer jy wil...dis maklik...jy moet net bereid wees om jouself daar buite te sit...een brandewyn minder drink, en 'n pink hemp of twee uit die kas uit grawe...en siedaar, jy's nie meer single nie.

Maar ek dink ek het die trant van die storie heeltemaal nou alweer mis gesit want ek is moeg en wil nie nou dink nie...jimmel, ek weet ek het die storie verloor...

probeer more weer, ek onthou wat jy gese het marius...ek sukkel nou net om dit in woorde te sit wat sin maak...sal more weer probeer

cheers

No comments: