Sunday, December 25, 2005

There is a little child. Running round this house. And he never leaves. He wil never leave. And the fog comes up from the sewers. And glows in the dark. Baby alligators in the sewers. Grow up fast. Grow up fast. Anything you want. It can be done. How did you go bad? Did you go bad? Did you go bad? Some things will never wash away. Did you go bad? Did you go bad?

Fog (again)

I know what your thinking, a little more tea, just to take the edge off. Move along. There is nothing left to see. Just somebody, poaring down some steam. Move along. There is nothing left to see. Just a boy, nothing left to see.

So, hier gaan ek alweer. Dit was kersfees en dit was groot. Maar ek is nie verskriklik lus om te blog vandag nie, dis toe getrek oor die hemel vandag en alles lyk donker en loomerig...wat dan deur jou trek en mens ook sommer so laat voel. En marius se coin phrase hak vas: "vreemd ne?"

Ek het hul glad nie die naweek gesien nie, en gaan dalk eers vanaand hul kersgeskenke vir hul gee...so bietjie late delivery, maar toe ek vrydag voor hul hek gestaan het was marius se foon af en toe moes ek maar, krismas pakkie en als, omdraai en terug keer huistoe...

hul het die naweek na ed tannie se plaas toe gegaan...da by die lapa...klink nogal lekker...dam...en al daai dinge. (as mens nie in die in groepie is nie, dan is mens net nie). Dis die tweede exclusive club by wie ek uitgeskop word die naweek...die eerste was die werkende jeug, by die kerk omdat ek nou weer werkloos is...dit het my 6 jaar gevat om daar in te kom en nou sit ek weer terug tussen niks en nerens in die tempel. Kan ons nie dalk 'n werkloose jeug stig nie...daar is nogal baie van ons...of is ons te useless.

groetniss tot later.
ps. jaco se suster het ok nou 'n blog.
as jul haar wil "herr-ass-e" is jul welkom. dis op my.

O-ja, casper is nou 'n geheel onthouer...dis nie snaaks nie...want laas het hy van smokes ook so gepraat en ons het hom gespot en dit was fun todat ons 2 jaar later besef het hy het dit soort van eintlik reg gekry...'n casper wat nie drink nie is 'n waag stuk...dit kan enige kant toe val...hy kan dalk meisies makliker ontmoet omdat hy nou sy klinkers mooi kan uitspreek...maar hy kan dalk net hul ook afskrik omdat hy mag grumpie wees oor dat hy nie meer mag kuier met dop nie en omdat mense soos ek nou net rooi partytjie koeldrank in sy hand in stop.

goed so
as ek weer blog het casper nog nie my kop afgebyt nie
groete willem

No comments: