Monday, September 04, 2006

Well, I'm long gone

Jong ja, mag ek se dat dit 'n heerlike naweek was. Ek was bietjie huistoe, en het vrydag laat middag daar aangekom. So bietjie geswot en toe het ek by alicia hulle 'n stunning ete gaan nuttig. Neale is versekker 'n bo-baas kok, en enige geleentheid wat ek kry sal ek nuttig as hy 'n spatel en broodmes in sy hand het.

Sommige mense kan maar net kook, en hul geselskap is altyd goed vir jou siel.

So toe is saterdag op my en ek wou gaan werk het, maar vader wou toe he ek moes hom wys oor kamera's want hul werk wil vir hulle koop en hy wil groot gaan...die probleem is net dat daar 'n fyn lyn le tussen semi-professioneel en professioneel...en natuurlik tussen wat my pa met die kamera wil doen en kan doen.

So, die plus punt is dat ek nou saam in die deal is, maar ek gaan nou so bietjie meer spandeer as wat ek wou...so dis alweer brood en water vir my vir die volgende paar maande.

En toe is dit ed se party...weereens in die bos. weereens so rustig soos 10 en gelukkig het die bokke gewen. Hmm...ek het probeer visvang van so 5 uur af, maar dit het nie lank gehou nie..want die mense wou kuier. En buitendien het ek bietjie flouerig gevoel omrede daar bloedsuiers in die water was en ek mos met my voete daar staan en in loop het...not cool.

Ons het maar begin kuier, en ek was rustig met 'n bier in die hand toe ons begin pons drink het...die pons...was 'n onderduimse hel...en hy het siekies op jou afgepyl en jy het niks gevoel nie...totdat jy weer kyk en voel jy voel wragies nie lekker nie en jy begin strompel en voor ek weet het ek die bed gaan opsoek.

Dit was sekker 9 uur die aand, ek het heel eerste uitgeklutch van almal...klaarblyklik het ek baie gemis. die leeuloop. die foto's shampanje. en klomp ontaartse dinge...so ek kan nie besluit of ek bly is of nie. aan die plus kant was ek die volgende oggend 6 uur wakker sonder 'n hoofpyn of enige iets. weird ne?

en dus is ek toe weer huistoe, tassie gepak en reg om te swot vir more se toets.

Endo hier kom ek.

2 comments:

Marius said...

Nee, Willem ek praat nie eers oor Marnus nie. Ek het dit al oor en oor duidelik gemaak dat ek g'n probleem met Marnus gehad het nie. Die blote feit dat almal vir Lize ge"badmouth" het en ek en Anel toe moes deurloop toe ons bietjie saampraat, is nou maar iets vir die verlede.

Ek praat juis van CJ, wat dik pelle met hulle is en gevolglik 'n verskoning uitgedink het om kamtig nie die plaas te kon vind nie. Net te toevallig.

En dan ook jou eie boetie Chippie. Ek gaan dit nou vir die laaste keer sĂȘ,en ek weet nie watse liegstories by jou en jou pa moontlik uitgekom het nie: Daai ander jong pel van hom het agter in jou pa se bakkie vasgery. Ek was agter die stuur omdat Chippie nie in staat was om te bestuur nie. Dit was nie my fout nie, ek het vir seker 5 tellings al stilgestaan voor daai outjie in ons kom vasry het. Maar sedert die petalje vermy Chippie my soos die pes.
En dit maak my sad, want ek het eerlikwaar niks verkeerd gedoen daai naweek nie.

Lientjie said...

Hey Yaaaa!!!!

Ek het toe maar ook julle voorbeeld gevolg en die blog ding begin doen!
so check it out @ roela.blogspot.com

Is maar nog bietjie lame, maar sal nog aankom!

OK baai!!

*