Saturday, September 16, 2006

Piekniek oppie maan...

Wel so gese en so gedaan. Die week was vol interresante verwikkelinge en ek weet meeste van julle borrel om te weet wat dit is...

maar die los ek nou eers vir volgende naweek as ek by die tuis kom om julle in persoon te vertel. (en offffcourse sal ekke dan die hele blog toetie doen; foto's, video's en wedding albums. the works.)

'n troos prys is darem die minder interresante nuus wat nou die week gebeur het:
1. My vader was hier gewees om eksamen te skryf op sy ryke ouderdom. hy dink hy het gepass..en ek hoop wragtig so...of dalk nie. dis ongelooflik funny om die man te sien swot en stress...kry vir jou...hehehe.
2. Chippie het 'n PH kurses gaan doen, so hy swot ok nou. of hy gepass het weet ek nie. Ongelukkig het ek hom nie sien swot nie, so ek weet nie of ek wil he hy moet pass of dop nie.
3. Ortho was 'n bitch. ma dis verby.
4. Donderdag aand was ons Aqua Fresh Dinee...met die tema..."shine". Dit was heel positief en lekker gewees. Ek wil net aan vriendin alicia geluk se wat nou die nuut verkose HK president van 2007 is, ek sal versekker wit voetjie by jou soek indien ek dit dalk later gaan nodig kry.
5. Ek dink karin het toe haar skoene gekry.
6. Ek is nou broke omrede ek vir my warm snoesig klere gaan koop het, en as ek shop, shop ek groot want ek haat dit. Menlyn is nooit fun nie.
7. My foon se sms geheue was al 4 keer vol gewees die week. maar ek wil nie te veel weg gee nie.
8. Miranda vd Zeyden staat op trou. kan jul glo. sekker nie, want jul ken haar nie maar ek sal haar oor so maand of 2 sien. gan glorius wees. legendary.
9.the crocodile hunter is oorlede op omstrede wyse en dus is die ausies nie meer sulke groot diere liefhebbers nie. Yep hul het selfs die week die skape buite laat slaap.
10. Oor die algemeen was daar 'n truppel in my stappie gewees.

So daar het jul dit. punts gewys en op die man af. nes freek roberson en 3rd degree.

Groot nuus. Jaco kom weer wildtuin toe. ja die man is lyk my terug oppad SA toe. of ons dit sal sien weet ek nie, maar dit voorspel net moeilikheid.

En ed se party foto's is excellent.

groete tot later
die Uwe reen koning

lei bliksems lei...

No comments: