Friday, September 01, 2006

Tand vir 'n tand, Hoe sout is jou seer?

Right mense, first things first....welkom aan Dr. Aninke Lippert wat nou ook ons blogger community ontdek het. Sy het die afgelope paar weke 'n goeie vriendin van my geraak nadat ons saam by KGM se ko-assistensie gewerk het. Die girlkie het baie spunk en ons verstaan mekaar gereeld mis..om mooi te wees, ons het gisteraand ooreengekom om mekaar mis te verstaan met sms'se en ek moet eerlik wees...ek weet nou glad nie meer of sy kom of gaan nie.

sy het ook nou 'n posting gesit en sal versekker 'n foto oplaai sodra sy dit reg kry. Aninke ons hou duim vas.

Tweedens...Edrich, buddy...pel...ek is oppad en ek hoop om 'n visstok of 2 saam te vat want ek het my hobby net te veel afgeskeep die laaste paar weke. dit mag nie. Hmm, ek vat ook boeke saam want ek moet swot, maar ek weet sommer al klaar ek gaan nie, so ek redeneer dat ek sondag baie vroeg gaan terug ry om te swot...maar ek weet ek gaan nie, so endo moet nou maar net goed gaan.

Derdens. Ek het nuus ontvang dat Sarel my friend van maroela af dood is. Dit was ongelooflik hartseer om die nuus laas vrydag oggend te hoor, al het ek die man 6 jaar laas gesien. Dis baie sleg as mense voel hul pas nie meer in die lewe in nie, of dat hul voel hul niks met hulle lewe regkry nie. Sarel het selfmoord gepleeg. Hoekom en waarom weet ek nie presies nie, maar ek het dit soort van verwag al jare terug. Fabio/Sarel het my bloot gestel aan maroela lewe in die eerste jaar, ons het laat aande saam geswot..ek bsc.med.sci en hy bsc.biol.sci. hy het my voorgestel aan vriendin nelda en anri en aan my X Irene...wat my lewe heeltemaal verander het. Hy het my voorgestel aan martie wat toe vir 'n ruk met Casper uitgegaan het en dus sy lewe ook beinvloed het. En soos wat die ketting maar net aanlas het ek uit eindelik opgeeindig waar ek vandag is...Met anderwoorde: ek sou nooit tandheelkunde gaan swot het as dit nie vir hom was nie (hy't my aan irene voorgestel wat my ambisie gegee het om verder te swot). Ek het vir botha deur nelda ontmoet wat nou 'n goeie vriend van my is, al sit die man so doer in die kaap. Ek sou nooit die mense van "the dental studio" af leer ken het nie, omrede ek nooit sou tandheelkunde geswot het nie. ens. ens. Ek sou nooit die site ontwikkel het nie...en nie een van jul boggers behalwe rolf en jaco sou dan so lekker kon tik soos jul vandag kan nie...so se dankie aan sarel.

In kort, Dankie Sarel. Jy het onbewustelik my as persoon ongelooflik baie beinvloed, sonder dat jy daarvan geweet het. Sonder jou was ek versekker nie die mens wat ek vandag is nie. Dankie vir al die goeie tye wat ons kon deel, en ek is jammer oor al die slegte tye wat jy moes beleef. Ek hoop jy vind rus.

1 comment:

Aninke said...

Thanks Willem!
Ja-wel, die leermeester van my...wel, hy sal moet uithaal en wys want ek sukkel nogsteeds, maar dis nie sy skuld nie. En, wel, die asprisse misverstaan is mos lekker alhoewel ek myself nou al lekker confuse het! Eina peina! Ek moet peio swot en hier sit en tik ek wragtag weer op jou site.

Jy moet 'n heerlike naweek he! Wens ek kon jou gisteraand join. Het ongelooflik geklink!

Liefdetjies skattebol
Anny