Saturday, June 10, 2006

Jy en Jou Sterre

Vir al die ouens daar in pietersburg het Piet Dry vir ons die brokkie inligting gestuur, sedert daar nou so baie sterre na die valley verreis om ons te betower met hul wonder klanke.

"Hoe om korrek op te tree wanneer jy jou gunsteling Afrikaanse sanger ontmoet."

Wanneer u die gewilde minnesanger Dozi raaksien, kyk op... anders sal hy jounie sien nie. Maak seker u spreek die "z" korrek uit. Dit is slegte smaak omhom uit te vra oor hoekom sy asem so stink.

Indien u Steve Hofmeyr raakloop, moenie vra vir 'n a capella weergawe van sy treffer "Pampoen" nie - hy mag dit dalk net doen. Indien u tussen die ouderdomme van tien en vyf-en-twintig is, mag Steve aanstoot vind indien uvra vir 'n speekselmonster aangesien u dink "hy is jou pappa".

Indien u die opkomende talent Robbie Klay ontmoet, vlei hom dat hy sy"mullet" afgesny het. Dit is nie baie goeie smaak om vir iemand onder die ouderdom van twintig te vra hoeveel ongehude kinders hy het nie.

Dit is uiters ongemanierd om in gesprek met die operaster Manuel Escorsio, die woorde ""Porra" en "Is dit jou kafee daai ene?" te gebruik.

As u Johan Stemmet raakloop, komplimenteer hom dat hy baie lanklaas 'nmusiek-CD vrygestel het. Die kleurvolle onderbaadjie wat hy aanhet - veralin lewende aangesig, mag aanleiding gee tot braakheid, maar dit is ongeskikom dit voor hom te doen. Doen dit liewer binnemonds. Indien u sukkel, oefensolank deur aanhoudend na die liedjie "Pappa se dogtertjie" te luister.

Indien u ons eie "loslappie" Kurt Darren ontmoet, kan dit tot ongemaklikheid lei indien u te lank staar na sy misvormde gesig. Begeef uself in die feit dat sommige manne ook partykeer grimering dra.

Indien u die Groep twee sanger en Wielie Walie aanbieder Gert van Tonderraakloop, sal dit onvanpas wees om te vra of hy enigiets te doen gehad hetmet die gay kouse wat so in en uit die kas was op die stel van Wielie Walie. Gert was net 'n aanbieder van die program en ek weet ook nie of hy nog leefnie.

Wees taktvol wanneer u die sangeres Juanita du Plessis ontmoet. Sy is wel 'n gewilde Afrikaanse ster, maar het nog nie die taal onder die knie nie. Gebruik klanke soos oi-oi en patti-patti indien u met haar wil kommunikeer. Indien u u Juanita-woordeskat wil vergroot, neem 'n boek saam bed toe ennoteer die klanke wat u uiter tydens geslagsgemeenskap.

Indien u die immergewilde Anneli van Rooyen ontmoet, moenie woordspelingsmaak oor haar "Eerste liefde" nie. Mense bly ongehuud vir verskeie redes.

Dit is uiters swak smaak (en mag dalk tot 'n blouoog lei) indien u diesangeres Amore Vittone-Van der Westhuizen vra of sy net kinders kry om indie kollig te bly. Net omdat u dink dat sy 'n betwyfelbare sangtalent het,beteken dit nie dat u haar so mag beledig of, in haar geval, bemoedig nie.

Dit sal onvanpas wees om vir Andre Schwartz te vra of hy mense verkies soos in sy musiekvideo "Ek wil jou nooit weer sien" - manne geklee invroumensdrag.

Indien u 'n ongetroude man is tussen twintig en vier-en-tagtig, sal ekaanraai om liewer nie die geselskap van Sunette Bridges op te soek nie. Geen ordentelike, Calvinistiese man moet tot sulke laagtes daal nie.

Dit sal onbeskof wees om, in geselskap met Theuns Jordaan, te verwys na system as 'n "brul van 'n lesbiese leeu". Lesbiese leeus kannie brul nie.

Rina Hugo sal nie geamuseerd wees indien u haar vra "Is daai mal spinnekopagter die perkussiestel van Noot vir Noot jou kind?" en "Ek wonder hoe hydaar gekom het?". Wees taktvol en bly maar liewer stil. Wees bly dat u nie so 'n kind het nie.

Die jong talent Nadine sal aanstoot vind, indien u haar vra "Wanneer hou jyop?". Onthou, swak smaak verskil.

Indien u Jurie Els raakloop, skiet hom net dood asseblief. Hy sal langs 'n afgetrede atletiese figuur loop. Onthou, Jurie sal die korter, gegrimeerde een wees van die twee.

En daar het jul dit, sommige van die gee my aanstoot, ander dink ek kan nogal waar wees...mens weet nooit, as dit nie in die huisgenoot staan nie, kan mens niks glo nie.

...En JACO, Steve het gese jy kan daai speekselmonster maar los....want almal weet wie is SY PA...ja pappa.

1 comment:

Marius said...

Waar ja, alles waar.
Ek wil tog wonder hoekom daar nie raad is oor wat om te doen as jy Cris Chameleon of Klopjag raakloop nie.

Laat ek probeer:
As jy naby Chris Chameleon is, of so pas een van sy konserte bygewoon het, gaan self op die verhoog en sing so hard jy kan: "Almal wil 'n FOKKEN huisie by die see hĂȘ!" Chris hou van Kombuis-covers. Om nie te praat van jou baas en die dominee se vrou nie....

As jy jouself ooit in Klopjag se teenwoordigheid bevind, laat hulle teken. Hulle name. Almal van hulle se name. En neem foto's. Baie foto's. Laat hulle die foto's ook teken. Koop hulle CD's weer. Laat hulle die CD's ook teken.

Sorry, Willem ek trek net jou been. Ja lanklaas gesien, ek verstaan jy swot. Maar vat 'n breek en kom hoor hoe gaan dit in P-town. Die Herder sal sy naam nou moet verander na Die Pappa, as jy verstaan wat ek bedoel....

Groetnis, hoop om gou weer te sien. Ed het nou weer 'n girl, en hy probeer hard om nie weer 'n doos te wees soos altyd as hy 'n girl het nie. Ons sal sien of daai kite gaan vlieg.