Wednesday, June 14, 2006

pietersburg hier kom ek...

right ouens, ek het so paar minute voordat ek vir my weeklikse ysskaats klasse gaan. So nou spandeer ek die aan julle.

ek sien verskriklik uit om die naweek weet huis toe te gaan. Ek het iets in die gras gehoor van mense wat dinge aangevang het. Ander nuus dat iemand se hart nou weer aan iemand anders behoort. En eks bly, want eerlikwaar ek was gatvol vir al die gevaalde liefdes verhoudings in ons vriende kring. Ek sweer as iemand iemand ontmoet, is hul of getroud voor ek weet van enige iets...of die ding is op die rotse. Dammit, is daar geen middel man nie. En dan vat ander mense dit mos altyd een stappie verder, en voor ek weet is ek alweer oom.

Groot nuus is dat ek so in die begin van julie bietjie "in die bos" gaan verkeer saam met vriende wat van daai valley afkom...dis nou nelspruit/witrivier...ek het gese dis koning solank ek net van die woord "go" af dronk gaan wees...en hopelik min van die ding gaan onthou. 'n groot deel daarvan is omrede ons met 'n boyband daar gaan kuier...en ek het niks teen die band, behalwe dat hul 'n boyband is, en ek nie die boyband tipe groupie is nie...maar VIP en free booz was nog nooit te versmaai nie en die geselskap is great. So, vir die van julle wat my ken, wil sekker weet wie is die gesogde band? Dis EDEN. Moenie worry nie, as ek met hul klaar is gaan hul klank, melodie en lirieke better as Collective soul klink...wat soort van die naaste is wat ek al ooit gekom het om na 'n boyband te luister. Julie gaan EDEN internasionaal...watch out.

Right, wat nog, van die 23/24 junie het ek weer vakansie...ek gaan die een benut deur net weer 'n bietjie tyd by my favourite praktyk in pietersburg te spandeer...en ook om te leer hoe mens belglass komposiete doen...dis eintlik 'n tegnikus se werk, maar om iets soos dit te leer...soos van kaviteit voorbereiding en ook ordentelike anatomie en komposiet vaardighede was ook nog nooit van te vore te versmaai nie.

En dan gaan ons in die aande braai, en praat oor die ou dae en toe ons nog jonk was...en ek gat weer vir almal vertel regtig hoe lief ek vir almal is....same old same old...miskien 'n bierproe sessie? wie weet.

Wil net graag geluk se aan Dr. Bernice Powell, wat nou binnekort 25 draai. Oulike meisie, al was sy skoolhoof se dogter. Die van julle wat nie so mooi onthou nie, dis die girlkie met die kuite om van te droom...vat 'n paar sekondes...ja sy. Ek het belowe om vir haar vogroompies te koop, so wie weet dalk van 'n goeie maak/of het inside info oor waarvan sy hou. Dis sal wardeer word.

O-ja, opvolg nuus oor die girlkie wat ek verloor het en probeer terug kry het...dit het nie gewerk nie. Ons gesels weer, maar dis net oppervlakkig en daarvan gaan niks kom nie. soos sy se: "Too Bad:)" hoe de hel mens 'n smiley face kan sit na so 'n komment weet geen siel nie...en dis ook die nuutste rede waarvoor iemand my gedump het, alhoewel ek dink dit waar is en baie girlkies al groot geskrik het as ek hul perongeluk in 'n skuwe hoekie vasdruk...Ja ek is gedump omdat "ONS MORELE WAARDES NET TE VEEL VERSKIL" Ons kan 'n pole hou oor of dit waar is of nie...voel vry om 'n komment te los, maar ek weet..en my exse weet..en hul lees die ding...so dis nie nodig nie.

More het ek my praktiese eksamen vir 'n klas 4 komposiet herstelling...hul het klaar vir my gese ek gaan sleg doen omdat my pasient se herstelling te maklik gaan wees..maar ek het nie tyd gehad om iemand better te kry nie...en ek gee net nie om nie...en dan sien ek vir mnr. seaman vir 'n inpas...dit gaan fun wees...waarna ek vertoef pietersburg toe.

Wat nog? Chippie doen alright, hy sit permanent op die plaas omdat dit jag seisoen is...ek was 2 jaar laas op die plaas...snaaks hoe tyd vlieg.

Uhmm, ek gaan vrydag sommer saam met dawie en vriendin bonita flyfish, ons gaan probeer groot gaan, maar ek dink nie daar gaan veel sukses wees nie want dis winter. Sal dalk iets anders beraam om dit lekkerder te maak.

Dankie Netta, sy was die enigste een wat by die vorige blog 'n komment gelos het...en haar voorspelling was toe op die ball...die girl mag maar...geluk.

en vir 'n troos prys. en privaat. Botha buddy, ek dink aan jou en maak nie saak wat jy doen nie...soms kan mens net sien as 'n persoon stunning is, hul gloei sommer. En as "ander mense" dit nie besef nie, is die wereld tipies wat ek dink dit is. idioties. maar tog interresant.

luv you all
willem

No comments: