Sunday, November 05, 2006

Would u be my sweet thing?

Aviators at work

hello almal.

Ek weet nie veel nie, maar ek weet darem meer as bush. Ek weet ek het lanklaas gepost. En ek weet jul laaik dit nie so kwaai as ek te veel of te min post nie. So ek sal maar probeer matigheid voor oe hou.

Wel, eks nou in holland, meer presies Nijmegen. Het Amsterdam vir so 2 dae besoek en al klaar 'n poolse party bygewoon, waar ek tipies die enigste ander suid-afrikaner ontmoet het wat homself ook in die geweste bevind. Dit was werner. Werner het saam met my begin swot toe ek nog my eerste graad gedoen het en hy en sarel was groot tjomme.

die wereld hier is klein.

Spesiaal vir Ed: die eerste dag het ons gedog hier is net mooi mense in europa. Ma al die hunchbacks het so stelselmaatig aan ons aankoms gewoond geraak en ons sien nou beina daagliks oorgewig en ugly people.

wat ek wel kan se is dat die mense ontsaglik mooi aantrek hier. hul daaglikse klere is soos my jobinterview klere...maar dit het my nog nooit afgesit nie en buitendien moan ek nie as iemand 'n euro of 2 in my hand stop nie.

goed.

Hier kom 'n foto van my 2de handse bicycle wat ek vir 100 euro's gekoop het. En dan net om te wys dat ons wel nie heeltemaal kultueel ongeletterd is nie...hier is 'n foto van myself by die museum plein.


toedels tot later
willem

No comments: