Tuesday, November 14, 2006

Earthworm Jim



Well, vandag kan ek nie anders as om van Earthworm Jim te gesels nie...brielie se karatie kid 3 storie het my herhinder aan die dae wat ek en ed en casper die program vir niks gemis het nie.
Dit was om en by std.9 rond gewees en soos enige normale tiener was ons permanent op die uitkyk om te score. Dit mag dalk die hormone gewees het wat ons daartoe gedryf het, of dalk die feit dat ons op daai stadium dit nog nie so goed reggekry het nie....ek skat op daai stadium as dit met jou gebeur het dat jy 'n meisie vry het, was dit either 'n moerse misverstand of 'n werklike wonderwerk...want dit was regtig moeilik vir ons ouens gewees in daai tye...op daai stadium het sommiges van ons dit nog nie eers gedoen nie...maar anyhow. dit was die maer jare. Wel die meer as gewoonlik maer jare....en meestal was dit ons eie skuld.

So, dit was 'n moerse mission gewees om in te kom by 'n mooi meisie wat jou toelaat om by haar te kuier en met haar te gesels. en nog soveel meer moeiliker om nogal by 'n maklike meisie te gaan kuier, wat jou buddies van vertel het is maklik...want sy het nou die dag vir so en so gevry...en is nou die village bicycle, etc. etc. Want snaaks genoeg het ons dit nooit reggekry om met hulle te vry nie...dit mag dalk die moerse tou gewees het waarin ons gestaan het om by die voordeur in te kom, of dalk was die idee om iemand te soen met droee lippe te veel...want daar was nie meer rooi koeldrank oor nie. wie weet.

anyhow, casper het op die stadium 'n vriendin ontdek wat in noorderland was en sy was 'n model. ouens ek se vir julle. brunette, blou oe, blas vel...die works. pappa. en sy was berugt gewees. Wel, ek onthou nog die dag wat ons by haar gaan kuier het, en lekke gechat het, en ernstig gevaal om enigsins iets biologies te doen, maar moenie worry nie ouens...want kommende 3:40 die middag het ons vir haar gese toedels. Ek onthou nog, ek was besig om duime te rol op 'n sitkamer stel. Dit was my normale posisie gewees daai tyd. En Casper het soort van 'n gesprek aan geknoop. Jul weet, die hoe gaan dit met jou ma'le tipe. Ek ek dink toe dit was ed wat agter gekom het wat die tyd was....en toe sit ons met 'n panarie. hoe se jy nou vir so 'n girl jy moet waai, uhmm, want jy moet 'n strokies prent op sabc 3 gaan kyk. Ons het die eerlike roete gevolg en dit straight foward vir haar gese. ek dink dit was capser gewees. en wroem, weg is ons soos 1 man om ons favourite show te kyk. snaaks genoeg het ons nooit weer iets van die gril gehoor of ooit weer by haar gaan kuier nie.

Ja, dis hoe belangrik earthworm jim vir ons was. en ek kon nooit verstaan het hoekom hulle nooit 'n 2'de seisoen van die storie uitgebring het nie. So, ek het vanaand spandeer om al die ou episodes te kyk en op te vang met my jong dae. Ek kon weer lower-back pain man sien. en sidekick peter. en dit was goed. So as 'n bonus vir ed post ek die theme song van ons favourite show...Ed, gryp vir Casper nader en ons sing hom uit volle bors.
ps. ek sit ook vanaand en wonder of ons slim was om die 3:40 skuif te gemaak het. Wel ek rekken so, op daai stadium het net brielie dit reg gekry om koning te kraai onder die girls....wel so se hy.


1 comment:

Marius said...

Dis brilliant, ou.
Wel, ek moet erken ek het nooit vir Earthworm Jim gekyk nie, maar wel die demo van die computer game gespeel.

Ek het soortgelyke situasies as julle gehad, maar in my dae, die vervloƫ dae van 1989 en 1990 en so, was dit die Simpsons wat voorkeur bo die meisies gehad het. Ek onthou ook hoe ek eendag letterlik my broek moes optrek want Simpsons se kenwysie het begin speel....