Wednesday, January 03, 2007

Five nights in Paris

Hoe'z dit ouens? Ek hoop jul het so 'n stunning kersfees/new years soos ekke gehad. Hopelik warmer ook. Sjoe, waar om te begin. Ons vakansie het so week en 'n half terug begin..en ek en paul is toe na miranda toe om te gaan kuier en hopelik sneeu te sien bo in die noorde van holland. Dis darem maar lekker om weer met ou vriende te gesels. Sy was een van my beste vriendinne gedurende my eerste universiteits jare. En ons ken mekaar al redelik goed, wel, baie goed.

So ek moet dankie se aan Miranda vir 'n fantastiese Kersfees in Gronigen. Jy is stunning en moet assemblief nooit verander nie.

En toe is ek en Paul van haar af reguit deur Parys toe, na 'n pitstop in amsterdam. Ons het die plek behoorlik omgedok en deurgeloop. So te se dat ek nou al dik getravel is, ons oorweeg om donderdag deur te skiet berlyn toe. Klaarblyklik 'n must see...so daar gat ons, dans dit nog net rome en barcelona op my lysie en dans ons klaar met wat ek graag wou sien.





Brielie is terug in SA, en geniet die lae pryse op drank en cigarette...eks bly boerseun...vd is terug.

So hier is ons movie vir parys, dis 12 minute lank en my 2 dae gevat om te edit en ek het nogsteeds nie alles in wat daar moet wees nie, en dis nie amsterdam nie...maar dis daar. Vir die mense wat sukkel om my video's te kyk, moenie worry nie...gaan na my msn site toe..kyk aan die linkerkant vir die link, ek post meeste van my pics daar.

Ek mis jul ook Alicia/Mev loitriet. Kan nie wag om die dentalstudio weer te sien nie. Hier in Holland is Composiet groot, mens kan alles regmaak met die "witwonder", van diastema's tot verhoudings. Maar ek moet se, hul kwaliteit werk hier is goed. Ongelukkig word tandaartse nie so goed hier betaal nie, so ek is bly ek vestig myself terug in native soil. MbChb dokters verdien hier soveel soos die average ontvangs dame...lol.

Wel, dis dit. Disney was great, louvre was stunning en notre dame gothic.

luv you all lots
willem

1 comment:

Aninke said...

Mens weet sommer hoekom Paris so popular is! Sou baie lekker gewees het om dit saam met jou te kon deel...maar lyk asof jy dit so by jou selwers en met Paul baie geniet het! Bloos sou ek gebloos het, kinderlik-gelukkig kan ek myself indink sou ek ook gewees het, en saam, sou ons die city of love 'n goeie go gegee het! Jy word verskriklik baie gemis hier by ons-maar veral deur my!