Saturday, August 05, 2006

Daar is iets beeldskoon in die nag

Elke oggend is ek in die hel
Ek word wakker en die vlamme brand my vel
Sal ek ooit rerig kan opstaan en nie my bed mis nie

Gee my alkohol, gee my 'n lewe
Gee vir my raad, gee vir my 'n rede
Sodat ek kan opstaan, verlore gebore

Elke keer as ek glimlag raak dit net swaarder

Kan ek ophou lewe na vandag
Als is weg draai jou ander skouer dan's als reg
Hoekom raak ek so kwaad? ek vind ek raak so kwaad
En ek skree GOD, maar dis niks werd nie

Daar is iets beeldskoon in die donker nag

Wel, ek moes net...die song brand nou vas in my kop vandat ed so naweek of twee terug in pta was.

Die naweek was heel alright. Geluk aan anton wat nou groot is en aan corne wat nog 'n 365 agter haar naam het.

hier is 'n foto of twee van ons afskeids ete...so 3 weke terug gewees. Dit was nogal heel lekker gewees soos altyd. En ek wil net dankie se vir julle almal.


'n close up van die ouens wat daar agter in die hoekie sit is versekker nodig...ek het sopas besluit ek moet vir my 'n nuwe kamera koop...wat kan zoom en video met klank...hoe anders kan mens Europa doen?

Nie baie fluiend nie...maar dit was direk na werk.

So, lekker slaap oukies...ek het tot nou toe aan endo gewerk...jul gespoil met 'n foto of twee..en dans als reg.

No comments: