Friday, August 25, 2006
beta-blogger
En tweedens is ek nou moer ongelukkig oor nuus wat ek vanoggend gehoor het. Ek gan nie veel se nie, behalwe die volgende.
Ek haat dit as mense moet leer uit hul foute omdat hul nie raak sien wat hul het nie. Ek haat dit nog meer as mense uit ander mense se foute moet leer omdat hul saam daai persoon in sy fout saam gevang is.
cheers vir eers
willem
Sunday, August 06, 2006
Another year gone by

Ons het dadelik weggespring en drukkies en soentjies uitgedeel aan al die vrinne...dawie was in exstaaaaaase.

en dus het die tyd aangebreek vir die tweede sondebok in die tema: "sing alongs & shooters".

Waarna ons sommer weer begin rondruk het en oor die algemeen net die aand op hol gesit het.

En hier is die sing alongs, saam met die beeldskone dames met wie anton homself meeste van die tyd vergesel. Ek het nie eenkeer die aand verloor as my span gesing het nie...ma dis net omdat ek geloop het as ek sien my span sukkel so biejtie met die punte. Ek weet ek weet. maar ek het Verre noord kinder koor gesing, en die image moet bo gehou word.

Right, teen die tyd lyk dit asof anton redelik gedrink is, moenie dat hy julle om die bos lei nie...hy't nog baie in hom gehad.

Ek en Paul het besluit om gedurende ons site seeing in europa, 'n Westlife cover video te maak. Hier is solank 'n snapshot preview van Ek en Neale, met fog inge-edit...

Ons het lekker gedans, my grootste boesem vriendin sha-michelle mag maar op die dans vloer.

Wil net dankie se vir Main Man Marco wat saam met my gemosh het, en my so bietjie afgekoel het. baie, baie dankie.

Die groot oomblik arriveer, en Anton tel sy eerste dag as 21 af...

Waarna, Corne nog 'n 365 dae bygelas het by haar biologiese klok...het ek gese ons het geswem?

So, als en als...Dankie aan vriende vir uhnn heerlike avond...mag ons nogmaals weer so een hou binne kort. My endo is nog nie klaar nie, maar ek werk nou hard daaraan so deur die gebloggery.
cheerio
willem
Saturday, August 05, 2006
Daar is iets beeldskoon in die nag
Ek word wakker en die vlamme brand my vel
Sal ek ooit rerig kan opstaan en nie my bed mis nie
Gee my alkohol, gee my 'n lewe
Gee vir my raad, gee vir my 'n rede
Sodat ek kan opstaan, verlore gebore
Elke keer as ek glimlag raak dit net swaarder
Kan ek ophou lewe na vandag
Als is weg draai jou ander skouer dan's als reg
Hoekom raak ek so kwaad? ek vind ek raak so kwaad
En ek skree GOD, maar dis niks werd nie
Daar is iets beeldskoon in die donker nag
Wel, ek moes net...die song brand nou vas in my kop vandat ed so naweek of twee terug in pta was.
Die naweek was heel alright. Geluk aan anton wat nou groot is en aan corne wat nog 'n 365 agter haar naam het.
hier is 'n foto of twee van ons afskeids ete...so 3 weke terug gewees. Dit was nogal heel lekker gewees soos altyd. En ek wil net dankie se vir julle almal.
'n close up van die ouens wat daar agter in die hoekie sit is versekker nodig...ek het sopas besluit ek moet vir my 'n nuwe kamera koop...wat kan zoom en video met klank...hoe anders kan mens Europa doen?
Nie baie fluiend nie...maar dit was direk na werk.
So, lekker slaap oukies...ek het tot nou toe aan endo gewerk...jul gespoil met 'n foto of twee..en dans als reg.
Thursday, August 03, 2006
I'm not growing up
My response net soos julle sin: ???????
Ja, ek moet 3 endodontic's artikels voltooi voor dinsdag...met sulke leesstof raak mens gou dik om werk te doen. Anyhow, ek is inelkgeval hewiglik geskroef omrede ek die naweek na 'n dubbele doring 21/3o something party toe gaan. Ek weet ek moes nie, ek weet ek kan nie...maar ek gan...
Uhmm, ek het my vliegtuig kaarjtie vandag gekoop.
Ek vertrek 30 Oktober 2006 om 23h55 en land weer 20 Januarie 2007 om en by 20h00 ek dink? Die kaartjie was redelik goedkoop, maar ek moes lank baklei om te bewys dat ek inderdaad nog 'n student is...lyk ek so oud?
Cecilia sien ongelooflik uit dat ek kom kuier, so sy het al groot planne gemaak. Klaarblyklik moet ek haar wys hoe mense van afrika ysskaats...dit gaan moer snaaks wees en dan gaan ons vir 'n week of wat na hul logcabin daar in die alpe, waar ek 'n sleutelbeen of twee wil breek, asook leer snowboard en ski. (Oom nic gaan so trots wees op my).
Sjoe, om te dink ek gaan nie meer die praktyk sien tot volgende jaar nie? Scary stuff? Kan jul dit glo...Da kak die spreekkamer se SEX APPEAL alweer. Die girls sal dit maar moet fake met jong dr. Maar dames, ek weet...dis net nie dieselfde nie. As troos kan ek darem se dat my bobene en kuite 'n stewige hipstoot gaan kry in holland..so begin solank droom en droel oor dae wat weer sal kom.
Ps. Ek sien almal 1 laaste keer gedurende 7, 8 Oktober wanneer die praktyk daai TMJ Kliniek anbied in pietersburg. Damn, Alicia mag maar...ek sien sommer baie uit om weer iets te leer.
Lief julle sommer baie..dis tyd om "specific mediators of periradicular lesions" uit te tik.
One, two, One, two...one, two, three, four...
Sunday, July 30, 2006
Toets videoposting
Saturday, July 29, 2006
Thanx Irfan
Hello and welcome to the mental hospital,
- If you are obsessive-compulsive, press 1 repeatedly.
- If you are co-dependant, please ask someone to press 2 for you.
- If you have multiple personalities, press 3, 4, 5 and 6.
- If you are paranoid, we know who you are and what you want. Stay on the line so we can trace your call.
- If you are delusional, press 7 and your call will be forwarded to the mothership.
- If you are schizophrenic, listen carefully and a small voice will tell you which number to press.
- If you are manic-depressive, it doesn’t matter which number you press; no one will answer.
- If you have post-traumatic stress disorder, s-l-o-w-l-y & c-a-r-e-f-u-l-l-y press 0-0-0.
- If you have short-term memory loss, press 9.
- If you have short-term memory loss, press 9.
- If you have short-term memory loss, press 9.
Irfan is now visiting Weskoppies, so he felt it would be wize to addopt this system. Maybe i should too...Anyhow, he told me he's got a patient that's a male, who really thinks he should be female...and God just made a mistake and gave him the wrong body. Nothing wrong there so far, lots of people feel that way...the difference? He had sex last week, and now he's pretty damn sure his pregnant...he can feel it growing inside of him.
Logical next step...please dokter, can i have a sonar?
Tuesday, July 25, 2006
Nijmegen
Julle wat oorkant die see is moet solank begin reel dat ons mekaar kan sien, dis nou van einde oktober af. julle hierdie kant wat nog iets vir my wil se, moet vinnig se...die tyd raak min.
lief julle almal
en groete
Friday, July 21, 2006
I still believe it when you say:"It's another perfect day"
right, die week het verby gevlieg soos g'n ander nie. twee toetse en baie, baie werk. en nou kom ed die naweek...ek moet swot, want ek skryf weer maandag en woensdag. maar nehow, ons kyk wat gebeur. die week het my pa ook by my gekuier, en hy ry eers more...so dis so bietjie moeilik.
ek sal woensdag besluit of ek nijmegen toe gaan vir 3 maande. hou duim vas dat ek die regte besluit neem.
groetniss
willem
Tuesday, July 18, 2006
nimmereindigende storie
groete willem
Monday, July 10, 2006
A couple more for breakfast, and a little more for tee

Yes, ons het toe ons spot gekry en dadelik afgeskop met 'n wyntjie soos dit hoort...en toe volg die oesters...blykbaar 'n ou tradisie van Alicia/Dr./Leonie. Mag ek se die oesters was flippen lekker, maar ek was bitterlik spyt dat ek die aand in 'n hotel kamer moet slaap op 'n dubbel bed, alleen. Leonie is die ander blond in die prentjie, en heel moontlik die oulikste 30 jarige auntie wat ek ken.

Soos altyd le daar altyd stressvolle tye voor as mens 'n presentation moet aanbied wat mens 5 minute voor die tyd klaar voorberei het. Miskien leer ons volgende keer ons les. Maar die speech het heel wel afgegaan en dr. kon selfs sy "lions" grappie inwerk. Goed gedoen daar. Nou weet ek ook meer oor lasers en presies wat mens als met 'n Sirolaser kan doen.

'n hoogte punt was natuurlik die volgende. elke dag na 'n lang lessing het ons 'n draai by die poolbar gemaak waar ons kon afskop met 'n sappige cocktail. Die naweek se gunstelinge was: Harvey wallbangers, Strawberry daqeries en amstel.

Hier is ons in die boswa, oppad na die boma dinner in die bos. Alicia smile nie verniet so nie...die ou toppies met die greys hare is die Canadese internasionale sprekers...Dr. Tsotsos, en 'n ander groot kokedoor. Alicia het Dr. Tsotsos vinnig geleer om mooi afrikaans te praat, net die basics soos: "K#K" ens. Dit was ongelooflik funny en ek moet se dit klink nogal oulik en foreign, nes Ca-pa-chi-no.

Alicia en Dr. wys ass en lipgloss..blykbaar werk die lipgloss ook vir mans.

By die Boskamp het ek een van die lekkerste etes in 'n lang ruk ge-eet. en Krokodil proe toe nes hoenner. Ons almal kon ook op afrika dromme speel en dit was nogal funky, ek het net nie die ritme gehad nie...so toe neem ek maar foto's.

Right, So van ons almal af wil ek net graag dankie se aan Dr. Nic vir 'n Stunning naweek. Dit was 'n groot sukses en ons almal het baie geleer. Baie, baie dankie. Ek het vroeer terug gekom (sondag), omrede mense in Pietersburg nog tandaartse nodig het...al is die service so goed. Ons het wel nie ons target van R50 000 vir Maandag gemaak nie dr., maar ons was close. Ek hoop die Cerec Advance kurses was ook 'n groot sukses, alhoewel almal Sondag oggend 2 uur (by die bar) gerideneer het dat die advance kurses nou maar net moet terug val na basic toe...
Ek het my dames in die kantoor gemis die hele naweek en ek wens julle kon saam gaan, ek kon vandag nie uitfigure of jul my ook gemis het nie...so laat weet my more deur die regular "OE-AA" geluid te maak as ek by die deur instap. (Sal dit aanhits deur 'n stywe broekie more aan te trek..dis net regverdig).
Tuesday, July 04, 2006
!!Inniebos!! Ons was daar, maar ons het nie geshag nie
So, Impulsief het ek donderdag na werk my goete gepak en saam met Dawie en Bonita deur geskiet om daai fees gevoel te gaan streel. Ons het 10 uur die aand by Dawie se huis aangekom en sommer dadelik weggeval met 'n night cap. Soos in die ou dae het ons gesit en kuier in die kombuis, gas verhitter op full blast, brandewyn in die hand en gesels. Somme oor alles. Die mense mag maar, en dit was versekker 'n hoogte punt....4 uur die oggend het ons toe maar in die bed gespring om 'n uilkie te knip.
So, in die begin was daar drie vrinne gewees. Daar was 'n motorfiets sonder 'n helmet, blue moon kaartjies wat in pietersburg se flat le...wys jou wat gebeur as mens in 10 minute moet pak. Sou dit ons keer? Was die bui af by die party...wat dink julle? Mens kan vinnig sulke dinge fix met 1 oproep.

So, hier is die view waarmee ek wakker geskrik het vrydag oggend...Nelspruit bly maar 'n mooi dorp. Wraggies, dis nou waar mens 'n regte koppie vind. Nie soos ons 0.5 cm hoer bo see spieel koppie in pietersburg nie.
En toe het ons die aand vir Bonita se Fedamilie gaan kuier. Stunning mense, 'n stunning ete, en ons het ook vir die eerste keer 'n smaakie gekry van die naweek se verrigtinge toe 'n band van stellenbosh daar opgetree het. Toevallig was Lukas Maree ok daar. Celebs, Celebs.
'n Stunning foto geneem toe ons by blue moon gearriveer het, wat 'n aand, wat 'n show en ek glo nie ek sal gou weer OBS wil sien nie...boy was ek verkeerd.
Die is Karen Zoid, belowe.
So, toe is ek afgedrop by die Fees terrein om saam met die ander lede van die Funky squad te kuier. Waarna ons Stables toe is. Blykbaar is Dozi gebliksem die aand toe ons daar was, maar die scene het ons gemis. Verkeerde plek, verkeerde tyd, soos altyd. So laat ek jul voorstel aan die eerste en grootste boesem vriendin, luv ya Sha-michelle. Dis nou Ernst se suster, die mans verkoop wyn iewers innie kaap.
Marco, the invincible. Kyk mooi, as Marco naby is, is selfs Jaco van die band Eden in die agtergrond...die man steel al die aandag met sy slick pool moves, en sexy smile. (eks nie gay nie).

Maar sulke stunning looks vat groot effort...Dis Saterdag oggend so 9 uur en almal sproes mooi op om so paar shows by die verskillende skole te gaan kyk. Wat was dit? Ons het eers monsters gekyk waar ons gesien het hoe rof die mense van 7de laan swingers speel...dis nou die wat straight is. Waarna ek en Sha "playboyz" gaan kyk het, wat al die 7de laan ouens bevat het...wat gay is...en graag wou strip. Mag ek se, Paula is flippen hot. Sjoe, sy mag maar strip.
Anton, chill dude...was my bonk/bank buddy by die koshuis...ons praat nie uit die slaapkamer uit nie, tensy iemand ons vra of ons net lus is om iets te se.
Ons het ook saterdag ongelooflik baie geWIMPY, ek en anton was 3 keer daar...want as mens groot word...moet mens begin STUFF versamel en dalk begin leer kook.

Saterdag aand, blue moon, band, brandewyn, rooiwyn, en (ek sak my kop in skande) OBS.

Ek, Sha-michelle en Crazy women.

Marco besig om te model vir 'n foto...
Prinsloo op sy beste, ek weet nie wat daar gebeur het nie, maar mag ek nooit langs hom wakker skrik die oggend nie. Sha, jy't guts. Dis 'n sit 'n sak oor my kop asseblief geval.
Sondag breek aan, baie dinge het gebeur en marco en corne het selfs hul aanstaande skoonseun onmoet. 'n regte bulls fan...hy't selfs graad 2 gedop, net om die bulls image hoog te hou.
Pa en skoon seun.
'n foto voor die groot en scary trek.
Prinsloo gooi 'n pietersburg teken om te wys dis tyd om terug huistoe te gaan.
Die groot en scary trek. Marco het roadrage uit ons mede padverbruikers uitgelok deur sy bestuursvernuf en ek het hom probeer ondersteun deur my middelvinger te gebruik. Mens kan sien marco het op die pad gery as mens op RSG hoor dat iemand alweer sy motor teen die Uniegebou vas gery het. Hy het daai effek om mense.
Mens vergeet darem nie jou Pietersburg vibe nie, al was jy in die bos...dis soos fiets ry. Ne Corne?
Monday, July 03, 2006
Dr. van Oudshoooorn's kwadraat

Wel, hier is die Man/die Main Cheese/gabba/The big Kahoena. Sybrand syfers het vandag sy eerste offisiele dag afgeskop as volwaardige tandaarts en "vars van die plaas af vleis/beef" vir enige dames wat nie regtig mooi tande nodig het nie...maar nou sal begin wonder hoe hul dit so gaan kry om werk aan ons arme tandaarte te verskaf. Jammer dames, die man is al lankal van die rak af geraap, en buitendien is hy binne twee maande pappa...so dames, is daai stunning looks regtig al daai bagasie werd?...HARD PROBEER EN BRING JUL BEURSIE SAAM AS JUL KOM KUIER, ONS TYD KOS FISIESE PYN, EMOSIONELE LEIDING EN SO IETSIE IN DIE GAT SAK...MAAR DIS DIE MOEITE WERD.
(Enige manlike kliente wat dalk die model in die agtergrond raak gesien het...sy's jonk, sy weet hoe om te suig, 'n sonde/probe aan te gee, jou te light cure en met x-strale kan sy jou ontkleet met die push van 'n button. Annelie, welkom hier, geniet dit...jy is verskriklik oulik en moerse skerp. hou so aan. jy leer my elke dag 'n ding of twee.)
Van my kant af, welkom tuis broeder. Jy weet nie hoe ons na die dag uitgesien het nie. En ek moet se jy het 'n properse tandaarts bestaan begin maak...deur 'n kanselasie...dis hoe dit moet wees, en moet werk...jy't net vergeet om op jou stoel te gaan sit met jou hande in jou hare...moenie worry nie, niemand is perfek nie. Dit was jammer dit het so dol gegaan die hele dag, ek sou graag 'n wyntjie wou knak, maar ten minste het jy nou my inniebos hoetjie.
Ek skat ons gaan ons site-braai iewers in volgende week reel. ek sal 'n braaier bring en een van daai verwarmers...want dis leeu koud in die aand buite...maar doen gaan ons doen.
En ek wil net geluk se aan Dr. van Oudshoorn (die gevestige een). ek was so bietjie in spreekkamer saam met hom gewees. En die man kan die dinge hanteer. Is flippen oulik en maak selfs vir die mense tee. dis hoe dit moet wees. Ons het vroeg vroeg besef wortelkanale is nie enige een se speel maat nie, maar ons sal deur hul werk...en wie weet, miskien na 50 jaar kan ons dit goed doen.
Dankie Dr. Sybrand vir my mooi MO Cerec kaviteits voorbereiding, Dankie Alicia vir my Inlegsel en dankie Dr. Nic vir die vasplak en afwerk. die tand voel sommer tonne better.

So hier staan ons drie nou, dis19:07 en dit was 'n lang dag. dit was lekker. Maar mense moet sekker ook 'n huis he. Waars ons dames? die foto gat mos nooit mooi lyk met net ons gevreete daar binne nie? Al is ons hoe sexy.
Geluk Carla Groenewald met jou 10de verjaarsdag, jy het 'n verskriklike mooi worshondjie gekry en jy is defnitief een van jou oom se mees favourite girls. Hou so aan, en steel so veel as moontlik harte...want jy's dit werd.
Ek belowe, ek werk nog aan inniebos...daar is baie foto's en dit moet net perfek wees...goeie dinge vat tyd.
Sunday, July 02, 2006
Naweek se hartseer kortverhaal.
As jy moeg gelees is oor my issues oor irene. Skiep hierdie een. Regtig. Moenie my hap as jy nie weet waaroor dit gaan nie. Probeer net verstaan. En as jy nadat jy dit gelees het dink..."hoe lank nog willem?" moes jy die een geskip het. So vergeet dit dan net. Want hierdie het ek vir myself geskryf, om dinge vir myself te probeer uitredineer.
22:36:35 30-06-2006
....soek; skreeu 'n song vi jou my lief, jy is 'n engel en 'n dief.... Vyf meter voor my staan Karen Zoid. In 'n bondel langs my staan Bonita en Dawie en que; en ek gluur doelloos na die stage terwyl die woorde my gryp. Nelspruit het goeie herrineringe wat ek eerder wil vergeet.
Die show is klaar, en ek vertoef saam met Corne, Marco, Anton en Sha-michelle. Dawie en Bonita gaan kruip maar in, die vorige aand was lank..maar slaap ek in elk geval ooit? Dinge raak ongelooflik still by die Fees terrein en ons skiet deur Stables toe, drink 'n paar drankies. En sommer nog een of twee. Ontmoet vir EDEN, word afgeskiet deur 'n hele paar meisies en bouncers. So toe gaan staan ek maar en kyk hoe Marco en Jaco Teuns Jordaan se gat skop in 'n game pool. Dis nie dat hul so goed is nie, die ou kan ongelukkig net nie pool speel nie. Dit gebeur soms met Lae-lakke.
02:34:25 01-07-2006
Hey jong. Gaan goed met my. Terug in pta, uiteindelik bedank. Hoe dinge met jou?
????
02:34:54 01-07-2006
Ag, gan goed. Swot nog, werk nog. Mis jou. Same old, same old. Hoekom sit jy nog ni in ireland ni?
02:40:24 01-07-2006
Lang storie, wag vir werk, bietji moeiliker as gedink. hoop nog sterk, anders begin ek eers januarie!
02:40:56 01-07-2006
Great stuff, sterkte.
02:43:45 01-07-2006
Hoop jy weet jy was altyd te goed vir my. Jammer oor alles.
???? En dis presies hoe 8 Januarie 2006 homself herhaal, sommer net so. Soos jul weet is daar net te veel vra gelos oor myself, oor jou en oor liefde. Iemand wat ek vrede mee gemaak het. Iemand wat ek gedog het sit 3600 myl ver weg van my af, is met een groot skok so naby aan my as wat kan wees. Iemand wat vir my gese het hul het my nog nooit ooit lief gehad nie. Iemand wat my gevra het of ek die res van my lewe kan spandeer saam met iemand anders wat hom nie lief het nie? Iemand wat ek van 11 uur die aand af gebel het tot 3 uur die oggend toe (57 missed calls, omrede iemand die eerste keer opgetel het; niks gese het nie; en die foon neer gesit het.)...en wat toe saggies antwoord na 3 uur omdat sy saam met 'n duitser kuier.
02:50:08 01-07-2006
Nee, ek was nie. Ek het baie droog gemaak. Ek dink elke dag an jou. En ek wens dinge was anders, ma dit is ni. En dis waar ek is. En dis ni altyd maklik ni, ma dis alright. Ek werk 24/7, was al oorals gewees. En nou dat ek 'n naweek afvat is ek depressed. En nou pla ek jou, eks jammer. Weetie wat het in my ingevaar nie.
Wat anders kon ek se, dit was als waar. Sien ek staan elke oggend op met die woorde: "fok jou". Ek slaap gemiddeld 3 ure per aand. Die res van die tyd lees ek en wag dat die voeltjies fluit. Slaap pille en rooi wyn werk al lankal nie meer nie, so nou los ek daai maar eerder. Mens bly net besig, enige iets om net nie still te sit nie. Squash, werk, vriende, tennis, draf. lees. skoon maak. ysskaats. werk. swot. sms. en baie fok jou's. waarna daar gewoonlik 'n hele paar cigarette volg. en musiek 24/7 asseblief.
09:07:40 01-07-2006
Jy is 'n amazing mens, 'n ongelooflike man. Kan met liefde pla enige tyd.
So, wat antwoord mens daarop. Ek het eers besluit om dit eerder nie te doen nie. Die hele dag het ek na my selfoon gekyk, gelees en gewonder. Weer gelees, geanaliseer. Geredeneer. Geheue. Woorde. 'n foto in my kop van 'n meisie by 'n halloween partytjie met feetjie vlerkies op haar rug, 'n sterrietjie staff, 'n tand op haar hemp getekken. 'n tande feetjie wat sit en glimlag op 'n foto. 'n dood gewone meisie. Ek het daai foto vir haar terug gegee, saam met alle foto's van haar wat ek gehad het. Snaaks, ek het nie 'n lang termyn geheue nie. Mense wat my ken weet dat dit waar is. En ek het sekker nie 2 keer na daai foto gekyk nie. Hoekom sien ek deesdae daai foto so helder?
22:17:57 01-07-2006
Dankie vi die mooi woorde. Jy's nogal heel alright. Maar die weet jy in elk geval.
...Woorde maak regtig seer. Sometimes people are so unkind. Ek het op 'n bankie gesit en huil terwyl T. Jordaan 'n girl probeer opchat het van 19; en terwyl Jaco en Marco pool gespeel het. Terwyl ek baie vrae aan Corne gestel het. Gewurg tussen Sha-michelle en Corne. Die heel slegste goed kom van diep binne jou af. En dit wat ons vrees in die nag, speel in elk geval hul deel af in die dag. Ek wou skreeu!!!
Waarheen nou?
Tuesday, June 27, 2006
Varsity is getting in the way of my education
hoe gaan dit met julle mense? Kom aan? regtig?...wel dis leeu koud hier waar ek vanaand sit en my vingers probeer verkluim voor die keyboard, maar eks hier. En nou comment jaco dat ek nie genoeg blog nie? In jou lewe chom, ek blog meer as julle almal saam...dr. Ruth het nie eers so baie geskryf oor die liefde/leed soos ek nie. So kry jou feite in 'n ry, bullet sal dit ook vir jou so se.
Statisties gesproke, blog ek die meeste, brielie die tweede meeste, dan die herder, eddy, rolf, jou sussie...en dan natuurlik bullet. Ma bullet is 'n os, al is dit ook 'n agteros (kom ons analiseer...os, gekastreerde bul...gay bul...en dan sit die geletterde mense nog "agter" ook aan daai woord...agteros...dit klink baie, baie gay).
Right, iemand wat versekker nie 'n os is nie is ons vriend marius, hy het bewys dat hy geen sins in daai kategorie val nie...maar ek gee die pel die voorreg om self iets ouliks daaroor eerste te skryf. Want iemand trotser in my lewe het ek nog nooit gesien nie.
Chippie was gisteraand hier gewees, en die wil ook nou vir hom 'n motorbike koop...so klink my hy gat nou 'n banjee 4 wiel gedrewe motor aanskaf...want hy hou van hard val. hy lyk goed en ons almal weet hy het nou die dag verjaar. Ja jaco, ek het vir hom gese...etc.
More werk ek van 5uur af op vriend Casper se tande, hy het 'n groot gat in sy tand en ons gat daai gat toemaak met prit en 'n stuk klip. (Meer geletterd: Mnr. van Wyk het uitgebruide karies in sy mond, spesifiek pit en fisuur karies op al sy molaar en premolaar tande. Daar is ook 'n groot karieuse letsel op sy 26 mesio-oklusaal wand wat ontstaan het a.g.v interproksimale karies en ook nou in die dentien instrek en selfs die pulpa mag affekteer. Mnr. van Wyk benodig 'n inlegsel/oorlegsel, en hy mag selfs wortelkanaal behandeling nodig he.)
Casper is ongelooflik bang vir tandaartse, veral die pyn wat daarmee gepaard gaan. Dus het ek vir Casper vanaand verduidelik presies hoe senuweeagtig ek is om op hom te werk, en dat ek nie regtig 'n clue het wat ek met hom gaan doen nie. Maar as dit als te veel raak of ek droog maak (wat heel moontlik gaan gebeur) sal ons die tand vir hom trek. As ek dan droog maak met die getrekkery, sal ek die gebreukte tand uitboor. As daar dan enigsins nog probleme is, sal ek hom maar verwys hospitaal toe. Want die is net oor die pad, maar hy moet nie te veel worry nie, want ek hoor die privaat hospitaal se standaarde het geval, en ek hoor die nursies weet nie meer mooi hoe om bedpanne te skrop nie. Maar hy moet nie worry nie, as hy blind raak of herpes/krabbs of so iets daar optel moet hy nie vrees nie, want ek hoor die susters is nie meer so mooi soos in die ou dae nie, so hy sou in elk geval nie met hulle wou score nie. Uhmm...en ernstig ouens, ek het nie 'n clue hom 'n cerec MO klas II kaviteit te sny nie, ek hoop as ek genoeg boor gaan daar nie meer 'n tand oor wees om mee te werk nie, en dan kan ons almal gelukkig huistoe gaan.
Hopenlik sal Alicia my more middag help, want as ek droog maak more...is sy versekker die assistent wat ek daar wil he, dit het ek geleer uit ondervinding, want sy freak gewoonlik die minste uit van die lot...en het altyd sommer vinnig 'n bog storie om vir die pasient te vertel as iets fout gegaan het. En sy oortuig hul gewoonlik redelik heel oraait. Bv. "Nee Mnr. Annoniem, ons wil he jy moet die pyn voel...dis sodat ons weet ons werk op die regte plek/tand." of "Dr. raak net so bleek as hy iets regtigs mooi reggekry het...die ou fabond het 'n soft spot vir goeie werk...kyk net hoe huil hy...ek het hom laas so sien huil toe ons voor die Mona Lisa gestaan het" of "Ons het vandag 'n special, ons trek 2 vir 1 prys. Wat mens een kant trek moet mens die ander kant ook trek om uit te balanseer..anders begin mens skeef smile." of "dis goed as mens, mens se hare verloor na laser behandeling...dan groei daar mos nuwes terug, en oom lyk sommer 10 jaar jonger".
Die beste is natuurlik die bog storie wat ons vertel van X-stale. Dis veilig? hehehe...het jy al gesien hoe mooi ons vir 'n pasient verduidelik dis baie veilig, ons vir hom so klein voorskootjie aansit en dan hardloop ons vir daai betonmuur, druk die knoppie, hou alles toe want ons as belangrik ag, en hoop vir die beste. Maak dit sin vir julle?
Het julle al ooit 'n mediese vorm ingevul sonder om 'n kruisie te trek in die blokkie genoem "siekte toestande"? Die beste een wat ek nog gesien het het die volgende gehad:
Harttoestande: Ja/Nee
Hoe bloeddruk: Ja/Nee
Lae bloeddruk: Ja/Nee
Bloeddruk: Ja/Nee
Daai ding is daar, sodat ons kan se: Mnr./Mev. Annoniem, ek het geen ander keuse gehad as om jou tand te trek, jou kaak te fraktuur en jou linkerkantste gesigssenuwee voorsiening af te sny nie. Ek het inderdaar Mnr./Mev. se lewe sopas gered, daai bloeddruk ding kon erg skade berokken het. Gelukkig het ek tussenbeide getree...hiers jou rekening, eis dit self by die medies.
Hiehie hie, en dan gewoonlik een keer per maand stuur die mediese fondse vir ons 'n e-pos van die mees idiotiese rede wat die pasient verskaf het (soos verduidelik aan hom deur die dokter) om te probeer om sy geld terug te eis van die mediese fonds af na behandeling. Soort van 'n Darwins award for idiots we can do without. Ons smile breed, want ons het ons geld klaar by die pasient gekry. Die mediese fonds smile breed, want hulle hoef nie te betaal nie...en ons almal lag saam oor die redes wat verskaf is oor hoekom ons nou eintlik gedoen het wat ons gedoen het.
Ok, ek het nou genoeg gek geskeer, dis nie meer snaaks nie.
Bottem line, mense is oor die algemeen goed van hart. Niemand sal iemand regtig kwaadwillenlik probeer benadeel nie. Ons almal probeer ons bes. En laastens, Casper sal dalk more survive.
Sunday, June 25, 2006
Bieeeg Fish

Dumela, hoezit, wys my jou muis...
Ek en Casper en Casper se Swaar het gister gou daar by oom dave 'n draai gemaak. Dit was Alright, alhoewel die visvang maar af was...ek kom nie verby daai Jinx van 2 visse vang per keer nie...Any how, hier is 'n fotie van Casper met sy 2de grootste forel ooit. Ek weet. Ek kort 'n better kamera. Moenie worry nie dit sal kom.
Sunday, June 18, 2006
Bernice se vintage party

Saturday, June 17, 2006
Proof of progression
Van super geek...

Na super gay...

Ja, van algehele slimkop in 2005 het ek omgeswaai na 'n sterk contender vir Mnr. Gay Gauteng in 2006. Let op die spelling in my figure skating sertifikaat. Espag is nie goed genoeg om geassosieer te word met 'n ysskaats ballerina van formaat soos ek nie...en dus is die toe verander na 'n gepaste Espay...

En hier is ek en Jean en Mitesh, besig om reg te maak vir ons sitcom in scrubbs...

Foto van 'n girl...

Foto van my vriende saam by Heanertzburg...

Dawie, 'n visvanger van formaat...2/0 gatskop...die man mag maar, hy hoef nie eers by sy stok te staan nie...dinge gebeur net...
en dit is dit vir eers, natuurlik sal cock&bull, Oceanbasket en Milkylane? Nooit ooit weer die selfde kan wees na gisteraand nie...geen familie's of kinders mag ooit weer by daai tafels sit nie...dit sal net verkeerd wees in my oe.
En dus is dit nou tyd om vanaand Vintage te gaan met my keppie om presies te sien hoe iemand lyk as hul 'n kwart eeu draai. Geluk bernice, en sterkte.



