Thursday, March 30, 2006

Ruik mac donalds better as braaivleis...

Proe hooch better as bier?

Het Eugene se perd geweet?

Ry jy trekker met jou oakley son bril?


Is dikmelk dalk 'n bietjie te suur?

Pasop.....Passop!!!!


Want die rooinekke hou jou verseker dop!!!!

Monday, March 27, 2006

Ek weet waarom cj karre rol

Ja, en snaaks genoeg het ek besluit dis defnitief nie cj nie....nee, dis sy vriende...dis net scary, ek dog ek mis die man, ek dog ek sms hom om te hoor wat hy doen...en ek dog dit gaan 'n rustige aand by raphsody's wees...

ek was verkeerd. dit het als goed begin met 'n lekker bottel rooi wyn, pinotage...soos dit moet. En toe kom kuifie...en hy koop jugherboms asof dit alweer die tweede wereld oorlog is....so kom ons kyk geldelik hoeveel ons spandeer het: ek het R35o vir my drank betaal, Cj het R1200 vir sy drank betaal en hy was net 2 stoele van my af weg...(dis nie dat hy noodwendig meer as ek kan drink nie, dis net dat kuifie nie so vinnig 'n drankbottel voor hom kon sit soos wat hy voor my gesit het nie.) Ek wil nie weet hoeveel het kuifie betaal nie, want die man het sekker 11 keer vir almal jugherboms gekoop (daar was 9 van ons) en sommer klomp ander shots wat ek op daai stadium nie kon uitken nie want ek was dronk gewees. En toe is ek verder sy drink buddy met whisky...ek...ek haat die goed.

En mense, daar is darem mooi twopence uprights in daai klub, hul mag maar...en dis ons ouderdom van 25...net jammer hulle werk en ek doen nie, bietjie van 'n disadvantage, ma dit het my darem nie gepootjie die aand nie...die aand was sukseksvol.

ja jaco, eks nog lief vir jou
en marius lees daai boek klaar of daar is moeilikheid
die volgende een is oppad
en ed, my hare is net so lank soos daai een in die foto, ma ek dink ek wil dit laat groei, het nog nooit nie...so hoekom nie
geluk loutjie met daai r500
wa is julle op die log? dis moeilik om so ver af te gaan met die name, my vingers raak seer gescrole
klopjag, dinsdag...gan ek, ek weet nie? ek skryf toets woendag...sal more middag besluit as ek in my bakkie sit
cecile, enjoy your studies...i'm almost on holiday, can't wait!!

shut up shut up shut up don't wanna hear it
get out get out get out of my way
step up step up step up you'll never stop me
nothing you say today is gonna bring me down
don't tel me who i should be
don't try to tel me what's right for me
don't tell me what i should do
i don't wanna waste my time and watch you fade away

Monday, March 20, 2006

How did it end up like this?

It was only a kiss it was only a kiss Now I’m falling asleep And she’s calling a cab While he’s having a smoke And she’s taking a drag Now they’re going to bed And my stomach is sick And it’s all in my head But she’s touching his - chest Now, he takes off her dress Now, let me go

I just can’t look its killing me And taking control Jealousy, turning saints into the sea Swimming through sick lullabies Choking on your alibi But it’s just the price I pay Destiny is calling me Open up my eager eyes ‘Cause I’m Mr Brightside
(the killers)

I never...

Wel ek moet vandag vir sha-michelle se: "girlkie, djy mag maar". Ek het vandag uitgevind sy was maandag voor haar huis gemug deur 'n swartman wat haar selfoon wou steel...gelukkig weet sy haar tande word verniet gedoen...want die girlkie het die man se pinkie beet gekry en gehap en nie gelos nie...en die boet is toe gevang...en 'n jaar tronkstraf vir hom en hopelik 'n pinkie minder...kry vir jou seun.

Die enigste nadeel is dat sy nou op ARV (anti-retro-virals) is. En mense, dis nie lekker nie laat ek vir julle se. Jy vat daai goed een keer en nooit weer nie. So, al wat ek wil se is sterkte en ek dink aan jou. En goed vir jou!

So almal was maar stil vandag, en ek het nie veel gedoen nie. Wou graag met brielie chat om uit te vind hoe mens clips op jou blog sit...maar die is 'n groot geheim en daar is copie reg op sulke dinge...net soos wat ed copiereg het op sy metallica foto's...vreemd ne.

so, dis dit, ek weet nie of ek gat kans kry om weer te blog voor die naweek nie...maar ek sal probeer. dis al te lekker.

Cheers, gotta go see about a girl.

Botha se Massive mix










So die's botha se Massive mix pics, hy feature nie...want hy neem die foto's...maar ek sien daar is darem 'n foto geneem van sakkie. So da het jul dit, dis sakkie; en hy smile en like die show kwaai...
Dan is daar 'n mooi foto van prime circle en collective soul, dankie vir daai een.








Metallica!!!!








Dankie botha, eks jammer om te hoor jy werk, ek hoop jy maak dit...sterkte





Sunday, March 19, 2006

Koel Kola se Massiewe Mengsel

Vrydag aand saam met: Christina en Christelle en Sakkie en Botha en Amelia en Andries en Henning en the famous gang van PTOWN: Marius miellie, Anel broccoli, Edrich spenasie, Casper ertjies, Chippie aartappel en sommer baie meer...dit was lekker, die guinnies was great. Botha is Koel soos altyd, en sakkie...wel sakkie het 'n mooi sussie...

Dit was 'n lang aand en 'n vroeƫ dou oggend dagbreuk maak my wakker soos hoenders wat kekkel op die maat van "SEEK AND DESTROY", Casper se voete stink, Chippie snork en Marius se matras le maar al te lekker met sy termodenamiese slaapsak wat hitte in terme van fisika en chemie deur holhare kontroleer en reguleer. En toe slaan die groot kaas:





Dis ek daai en ja my bril sit skeef, of eintlik is my een oor laer as die ander...wie weet...kyk agter, dis karen zoid daai ne, en toevallig is karen ook toe sommer weer agter in 'n foto wat ure later en op 'n totaal ander plek van marius en anel geneem is.


Hey, daar is mariska ook, wat maak sy daar? Is daai 'n hand op my skouer? Kyk marius dalk vir my?

Die skare op die groot skerm en Metallica se vuis in die agtergrond.

Casper het dit toe wel net net gemaak, en ed is darem ook op 'n foto...laid back and in charge...geen cleavage het daai dag verby hom gekom nie en hy was heeltyd opsoek na crack...say no to crack man...yeah.

Nog skare, centurion gaan nooit weer die selfde krieket speel nie. En Chippa, Ek en Marius (veral marius) moet dankie se vir daai bier.

En dis dit vir eers...ek hoop nie ek het jul modems ooreis nie.
Groete tot 'n volgende keer.



Friday, March 17, 2006

Metallica en St. Patty's day

Gone drinking, i'll be back on sunday...reason being


Wednesday, March 15, 2006

Jul sal nie glo wie vanoggend by die tand-en-mond hospitaal was nie....marie-louise pretorius (klopjag girl)....ek gat nie veel meer se as dit op die blog nie a.g.v Doctor-patient privacy. Maar ek wil net noem dat sy die niaaste girl is wat ek nog ooit ontmoet het. Snaaks genoeg sien ek haar weer die 28 maart as ek gaan klopjag doen in pietersburg....

Dan METALICA, die naweek...en nou hoor ek dis lang naweek ook...great.

Gat vanaand weer ysskaats, lekker.

So almal het krieket gekry, en hier is die rede hoekom australie die eendag wereld record vergroot het na 434 lopies:














En hier is die rede hoekom hul ook die game verloor het teen suid afrika:


















En dan is ek nou een spot weg van die top 20 op die rugby log, so hier is ons beloved bulls girls:
spesiaal vir Neil wat nou in londen sit en vir jaco...want hul mis uit:
















So as jul gewonder het hoe voel ek deur die maand, selfsjaar...kan jul gerus na my en steve se emotional chart kom kyk...nou weet almal wanneer hul met my kan gesels en wanneer jul maar eerder onder jul bed, in jou gesluite kamer, met chubb security an moet wegkruip.

En laastens 'n foto van die booswigte:

Sal sommer nou 'n foto van ysskaats kom pos net om vir jul te wys...ek kan












Hier is ek, sanet, nadia, jean, paul en lusette...besig met 'n wilde ding...

Kaartjies vir klopjag beskikbaar by fasination books, in die mall by pietersburg. Lekker dag verder en lees bietjie blog en skryf vir my...want almal is still deesdae.

Friday, March 10, 2006

Discovery is nie 'n match teen my 1400
So, dis my 2de post vir die dag want my pasient het nie opgedaag nie...

Ek wou nog se, ek het 'n great naweek in pietersburg gehad.
Ek onthou ongelukkig net sondag.
So hier kom hy, ek en my nuwe friend...Dawie...nog een...het besluit om te gaan visvang by oom dave.

Die klok slaan 5 uur, ek skrik wakker en hoor die reendruppels val op ons sinkdak...en my eerste gedagte was: "Wats die kans?", my tweede gedagte was "dis fly, flyfishing"..so toe staat ek 5:30 voor dawie se deur. Bonita het 'n maagaandoening of iets gehad (ek dink net sy was by my eerste gedagte gewees...doevy) so toe is dit net ek, dawie en my 1400...en ongelukkig nie Dawie se BMW soos beplan nie.

Right, net voor dave se indraai is daar so 'n 500m modder slipslide van so 45 grade helling...en soos die vorige keer (vra vir casper) het ek alweer soos 'n krap met my bakkie afgegaan...so skeef en skynslangs.

So, dit reen nog, en ek dink...assemblief hou op reen...sonskyn...want ek moet nog pretoria toe ry. Dit het nie. Dis hoers koud. So teen 1 uur durf ons toe die pad terug. Dawie kom met die blink idee van "vat die ander pad, hy's geskraap" en ons maak toe so.

Ons verdwaal

Ons sien by SUV's en 4x4's en al die insittendes kyk ons an met daai "jul-hoort-nie-op-'n-4x4-eksursie-nie"

Die pad raak slegter, met 10 keer erger heuwels as die een wat ek oorspronklik nie wou aandurf nie.

Hmm...op een stuk sien ons 'n Discovery staan, en die man wonder of hy die volgende opsticle gat maak, ek trek toe langs hom in om pad te vra, maar die gauteng idiot gooi my net toe die vorige kyk en besluit as ek dit kan maak kan hy.

Hy probeer die versperring aan, hiers die beskrywing: 'n 30 grade slope, met klippe, erosie vlakke en 'n rivier...dan is dit modderplasse na die rivier, en 'n modder klim van 45 grade met klippe en al die bogenoemde.

Die discovery maak dit nie

hy tru, probeer weer en maak dit

ek se vir dawie: ...hou vas my dop en check die move...
dawie vra: "wa's die graaf?"

Ek ry, ek doen weer die krap ding en eerlikwaar ek het geen beheer gehad oor my 1400 nie, maar ek is daar deur, sonder om vas te hak.

En toe moet ons mos kyk waar stop daai discovery in haenertzburg, net om vir die ou top te bewys dat hy inderdaad te veel vir sy voertuig betaal het.

Dit was fun, die chicken mayo sandwitch was ok alright.
My bakkie is nog nie gewas nie, hy lyk horribaal...erger as daai...ons ry op die capricorn lyn brandewyn add.
ek sal hom sekker nie was voor metalica nie, so jul sal die skade nog sien

aan die anderkant betaal mense vir sulke modder hier in pta.

hoop jy voel better jaco, ek dink aan jou broeder.
hello vriende,
jammer ek pos min deesdae...eks bietjie besig met ander dinge

nog 7 dae oor voor metalica...whoohoe

Ek't woensdag weer gaan ysskaats, sal bietjie foto's opsit...sodat jul kan sien hoe my nuwe vriende lyk, en dis sommer ook bewys dat ek die wilde ding nou doen...nog 4 weke, dan kan ek begin met yshokkie training en dan gaan ek almal en alles stamp wat ek kan.

ja, die naweek het almal dieselfde gestem vir super 14 so ek skat ons gat almal maar op die selfde plek bly...

hiers 'n chuck foto wat loutjie vir my gestuur het...
nevermind...die rekenaars wil alweer nie my foto's pos nie

uhmm, sterkte aan Alicia, Neale en Dr. Nic wat nou gat vir daai CEREC simposium, wens ek kon saam...maar kieppie swot. Geluk aan Henning wat maandag VERJAAR het...geniet hom.

uhhm..sterkte aan paul se tande wat 'n harde hou op die ys gekry het Woensdag aand, dit was die beste val ooit en ek het so 2.5 millisekondes gelag...totdat ek besef het dit was seer...funny hoe 6 tandaartse sal gat ysskaats en dan wragies, en ek bedoel wraggies...sal een op sy tande val. Daai noothulp man het nie geweet waantoe nie, die noodhulpkamer was gepack met tandaartse...een voel vir purkusie by die 21,12 tandwortel, die ander check vir le forde 1,2 of 3 fracture...die ander een doen die ABC...airways, breathing en circulation en henning probeer om sy gloves aan te kry...nat hande en gloves werk mos nie...so dit was interresant.

ten minste is paul alright, ons het xrays geneem...die hele toetie...pan, cef, occlusal en peri-apical..hy's fine...dit lyk net asof hy hom so bietjie raak geskeer het by sy ken omdat sy mag 3 bietjie stomp was. sy mirage veneer het wel 'n oorhang...maar dis die tandaarts se skuld wat hom opgesit het...

so, vanaand kuier ek saam met michelle, die gene wat haar ken en ons geskiedenis ken...sal sekker nou voor die rekenaar net se HMMM? uhhuh en hul kop skud.

squash gat goed aan, ek kry nou al 3 punte teen henning...dis baie effort glo my

groete tot later
willem