Saturday, August 04, 2007

Home for the weekend and time for some posts

hey hey hey.

Ek was so lanklaas op blogger, maar die laaste paar maande gaan so bietjie bos met my. Ek het nog 8 weke oor om pasiente af te handel en dan is dit tyd vir examens. So hier is so paar foto's van wat ons die laaste week gedoen het.

Soos altyd het dit laas week begin met die groot midjaar braai, en ons het heerlik gekuier saam met ons ou vriende van holland wat nou bietjie in SA kom kuier het. Frits het ook die party bygewoon. En die omstandighede het veroorsaak dat ons toe eers 3 uur in die bed gespring het. Maar dit was ongelooflik lekker.

Toe's ek en frits bethlehem toe om by anny toe vir die groot ski naweek. Mens kan nie glo mens kan skin in SA nie, maar dit was wragies lekker, dis ni so koud soos oorsee nie en die SA faktor maak dit n groot wow!

Toe's ek dinsdag deur suncity toe om die SADA konferensie by te woon, maar meestal om was al die stess gewees a.g.v van die toespraak wat ek moes lewer. En ek haat speeches, maar als het goed gegaan en ek is nou ook deel van SCANDA, die wereldwye student clinicians association. Ek weetie wat dit beteken nie, maar die stuk papier sal mooi lyk teen my muur in my kantoor. En dis altyd fun om sulke funksies by te woon.

Vandag, plaas ons my pa se 4 anterior krone, om 'n halwe make-over te gee. Hy's sekker die gelukkigste man op aarde, want daar is 'n hele span wat hom vandag gaan ondersteun. Dis nou ekke, anny, alicia en doc nic. 5 ure van great fun.

sal weer post om jul net gelukkig te hou.

groetniss
tot later

Friday, April 27, 2007

Airwolf

Ek wou so graag die geskenk vir neale gee, en uiteindelik na 3 maande het ek dit reggekry om die regte geskenk by die regte ou uit te kry. so hier is die video...






Soos mens se, christmas kom ook weer.

Sunday, April 01, 2007

The best imitation of myself

hi guys, well its been a while. And i'm sorry. But my feet just aint touching any ground at this stage. At last i got time to go back to my home town of pietersburg to see what's happening with old friends and new prospects.

To my exchange student buddies:
Amy - I don't have your email adress, but i'll get it from paul. Thanx for checking in on me...i'll write to you soon. And kick ass with all the dentistry stuff will you.

Jose - old buddy old pal. Thanx for the note...and no my european friends. I haven't finished our amsterdam video yet. It's halfway through, but i used the theme of trainspotting and a lot of drunkin dancing...so it's looking good...good i tell you.

Marta - it was nice to here from you. I'll skype you soon enough, as soon as things calm down. Good luck with your exams and send my regards to luckaz.

Artur - get skype dammit, or something...we miss your porteguezzzzze flair.

Dan - whazz up.

Aan my skatlam:
i luv, wil graag met jou die foto's deel. Ek het die naweek vir jou probeer werk organize en ek het n stunning pos vir jou gekry. Ek was so excited ek het sommer dadelik na die site toe gery om 'n foto te neem. maar laat ek eers die slegte nuus mee deel. Hier is nie werk vir tandaartse in pietersburg nie. Dis die slegte nuus. Die goeie nuus...daar is ongelooflik baie werk in Seshego, ons voorstad/buurdorp. Dr. Juba was so gaaf om vir jou 'n deeltydse pos aan te bied as sy understudy. Ek wil nie voor op die wa wees nie, maar jy moet wragtig die geleentheid aangryp. Hy is een van die top spesialiste in suid afrika in verskeie velde.

anyhow hies die foto

Vir almal wat ek die naweek gesien het. Dankie julle dit was great. Vir almal wat ek die naweek gemis het, jammer julle...ons maak dit n volgende keer, daar was net nie genoeg tyd nie...maar eks lief vir julle ook.

Tot n volgende pos, willem

Tuesday, February 27, 2007

Thako Chicken

Hallo daar.

Uhmmm...ek's terug. Dit het my n stewige 2 maande gevat om by hierdie vlugtige blog uit te kom. Maar ek kan nou se ek is terug in Suid Afrika, amper op datum, siff gebrand en met n groot smile op my mond. There's no place like home.

Dinge gaan fantasties tussen my en aninke en ons het al twee keer na clarince toe gegaan om te gaan visvang. Ek het darem laas naweek een vissie uitgetrek, so dit was my eerste vissie wat ek gevang het sedert ek terug is. yippie. Ons was ook die naweek na Roosendal teater toe om n show te kyk van andre swiegers...dit was flippen lekker, en het my herhinder aan boere konserte en opvoerings in ons skool saal toe ek nog jonk was. Die kos en geselskap was stunning, en soos altyd het ons n cd en n poster laat sign, saam met n photie...

die sal ek later oplaai as anny nie al klaar hettie.

Ek is ook nou pa. En terloops wil ek geluk se aan die sheperds wat hul lyntjie van 2 in n hoekie van 3 omskep het. Hy is nou die trotse eienaar van n bbb...blou bul babatjie. Ek is sekker, casper en ed hou dinge op die regte front daar by hulle.

Ek mik die jaar vir laaste plek in die rugby predictions game...ek le nou currently 7 posisies agter die agterste voorlooper...aka 213de.

Oja, ek is nou pa. maar sal later uitbrei oor die storie, want ons beplan nog hoe om die nuus vir almal te breek. Dit het so bietjie vinnig gebeur, maar ek belowe ek sal by julle uitkom en verduidelik. anyhow.

ons gaan di naweek riverraft by clarince...snaaks hoe baie dinge daar gebeur deesdae?

Ek het onsaglik baie werk om te doen, en di studies hou my ongelooflik besig. Ek het ook nou begin met navorsing oor die aquacut en fissuursele. interesting.

O-ja, en ons het uiteindelik toe ons eerste site braai gehou. Dit was stunning, en die dental studio dames het weer soos altyd n groot sukses daarvan gemaak. Ek mis hul darem deesdae vreeslik, ek moet wraggies weer daar uitkom. Daar is ook baie veranderinge daar aan die gang, met die gebou wat nou bou en nuwe personeel wat inkom ens. hul lyk darem aan die gang, en happy en besig en hopelik loop dinge voorentoe net nog tonne better.

Right, ek moet weer jaag, gou iets gryp om te peesel.

sien jul later en luv u a little lots.

Wednesday, January 17, 2007

Exchange students at Brugge

It took me a month to make this movie. Amsterdam is sad, Berlin is deep, but when i look at Brugge i can't help but smile...I love this movie.

Its based on a concept of a movie i once watched. The eternal sunshine of the spotless mind. The lesson behind the movie: You should never want to erase memories, no matter how hard they are to keep. You should really watch it if you can. The music video comes from it.

You see, I wanted to erase a lot of dates, places and things from my live in 2006. Especially the weekend of the 16 of December. So i decided to go to brugge and just spend the weekend as drunk as possible...because i thought i wouldn't have a good time.

It ended up being a great weekend, i never really got drunk and i realized and thought about a lot of things.

And one month after this episode, while's wondering how to make this movie. I made a breakthrough. I guess i have said it before: Be thankful of every moment, every memory you have...because you and the world just wouldn't be the same without it.

Enjoy...



Tuesday, January 16, 2007

Berlin

More almal. Dis basies my laaste week hier in Nijmegen. Al my pasiente het ek al klaar gemaak, afgehandel of oorgeplaas. So dis ongelooflik rustig hier. Ek speel vandag letterlik net huisman. Bietjie klere was, flat skoon maak...ag te lekker. Ons vertrek more/oormore Rome toe. Ons laaste groot trippie voordat ons weer huiswaarts keer.

Geniet die berlin video.
Ek dink hy is oulik.
100 Meg groot.



Wednesday, January 03, 2007

Five nights in Paris

Hoe'z dit ouens? Ek hoop jul het so 'n stunning kersfees/new years soos ekke gehad. Hopelik warmer ook. Sjoe, waar om te begin. Ons vakansie het so week en 'n half terug begin..en ek en paul is toe na miranda toe om te gaan kuier en hopelik sneeu te sien bo in die noorde van holland. Dis darem maar lekker om weer met ou vriende te gesels. Sy was een van my beste vriendinne gedurende my eerste universiteits jare. En ons ken mekaar al redelik goed, wel, baie goed.

So ek moet dankie se aan Miranda vir 'n fantastiese Kersfees in Gronigen. Jy is stunning en moet assemblief nooit verander nie.

En toe is ek en Paul van haar af reguit deur Parys toe, na 'n pitstop in amsterdam. Ons het die plek behoorlik omgedok en deurgeloop. So te se dat ek nou al dik getravel is, ons oorweeg om donderdag deur te skiet berlyn toe. Klaarblyklik 'n must see...so daar gat ons, dans dit nog net rome en barcelona op my lysie en dans ons klaar met wat ek graag wou sien.





Brielie is terug in SA, en geniet die lae pryse op drank en cigarette...eks bly boerseun...vd is terug.

So hier is ons movie vir parys, dis 12 minute lank en my 2 dae gevat om te edit en ek het nogsteeds nie alles in wat daar moet wees nie, en dis nie amsterdam nie...maar dis daar. Vir die mense wat sukkel om my video's te kyk, moenie worry nie...gaan na my msn site toe..kyk aan die linkerkant vir die link, ek post meeste van my pics daar.

Ek mis jul ook Alicia/Mev loitriet. Kan nie wag om die dentalstudio weer te sien nie. Hier in Holland is Composiet groot, mens kan alles regmaak met die "witwonder", van diastema's tot verhoudings. Maar ek moet se, hul kwaliteit werk hier is goed. Ongelukkig word tandaartse nie so goed hier betaal nie, so ek is bly ek vestig myself terug in native soil. MbChb dokters verdien hier soveel soos die average ontvangs dame...lol.

Wel, dis dit. Disney was great, louvre was stunning en notre dame gothic.

luv you all lots
willem

Monday, December 18, 2006

Dusseldorf kersmark en Nijmegen ysskaats

Hi daar almal. Wel die video's is sekker 'n week of 2 terug geneem. Ek moet nog 2 video's voltooi. Een van 'n groot tandheelkunde party/st. niklaas en een van ons naweek in brugge (belgie) saam met die res van die uitruil studente. Dis onbeskryflik hier. Ek skat ek het meer internasionale studente al hier ontmoet as mense van Holland self. In die kompleks waar ek bly is daar in my woonstel net uitruil studente. Spanje, Portugal, Lutrania..etc. En die naweek was ons 'n groep van Portugal, Amerika, Suid Afrika, Polland en Holland. Crazy.

Anyhow, ek mis julle almal baie, en hoop eerlikwaar my leeserstal sal bietjie effort insit en vir my 'n comment los of twee...dis lonely hier en baie koud, dammit.

Groetniss tot later
willem

Ysskaats in Nijmegen




Dusseldorf Kersmarkt


Sunday, December 10, 2006

Antwerpen, Lierre en Eddy se sign

More ouens, ek het gisteraand die prelim video van antwerpen klaar gemaak. Ons het die plekkie einde november besoek. Maar ek het 3 gig se foto's en video's geneem. So dit het my so rukkie gevat om mooi alles uit te sort en n kort genoeg video te maak. Op een stadium het ek die song in snippets opgesny sodat jul mooi kan hoor wat ons se/dat die song lank genoeg is. Maar dit het sleg geklink, so toe maak ek die video nog korter...hy was eers 10 min lank. Nou 'n vinnige 6-7 minute. Onthou om die hele video te kyk anders sien jul nie die girls van antwerpen se groenlig distrik nie...ja, anders as amsterdam se girls stop hul vir niks nie. (Dis nou vir brielie wat gevra het: "Wa's die girls in die BBC video?"...aan die einde, idiot.) Sorry vir die spelfoute etc. Ek was maar moeg gewees gisteraand.

Groetniss tot later



Saturday, December 09, 2006

Reality, what a concept

Hello almal.

Ek moet se, dis 'n hele ruk sedert ek enigsins enige iets geskryf het. Dus het ek besluit vandag is hoogtyd. Ek moes myself daarvoor voorberei en het dus myself in my kamer toegesluit en gemediteer vir die afgelope 24 uur.

Ons het gister Dusseldorf besoek. Dus 'n dorpie/stad in Duitsland nie te ver hiervandaan nie. Ongeveer 1.5 uur per trein, maar mens moet ook die oorstap in agneem, wat nog 'n uur steel omrede mens 'n trein van punt A na punt B vat en dan moet "oorstap" om met 'n ander trein van punt B na punt C toe te ry. ongelukkig is die eerste trein altyd 5 minute laat en mis jy dus die tweede trein en spandeer die tyd om di stasie by Venlo te verken.

Right, so wat bied dusseldorf.
Ysskaats bane in die ope lug. Ek het dit gedoen, maar mense het vir my gelag omdat ek die enigste een op die baan was, saam met 'n klomp kiddies van 5. Maar dit sal vet pret wees saam met jou meisie in die aand, met funky kersfees vader musiek.

Kersmarkte. Dis stunning in dusseldorf. Mens kry alles kersfeesagtig by die verskillende kersmarkte, van oulike houtkersfeesvaders tot boemelaars met honde wat vra dat jy jou hart moet oop maak. Hul speel amerikaanse kersmusiek though, so wees gewaarsku.

Ben & Jerry Icecream, daar is 'n winkelkie in dusseldorf en ek raai almal aan om dit te probeer. Dis my nuwe sonde, as ek 'n ben en jerry roomys sien, is dit myne...brielie en al die ander mense wat so entjie gevlieg het behoort te weet waarvan ek praat. Ek rekken die persoon wat die roomys SA toe bring gat 'n fortein maak. Ek hoop dis ek.

Starbucks. Ons het ook die starbucks besoek om te sien waaroor No.2 (agent no.2) van Austin Powers so 'n Fuss gemaak het. Wel, ons het hul nuwe nutty toffie koffie probeer en dit was 'n wenner.

Yip, ons het besluit om die trippie al die touriste regulasies te oorskry en produkte van ander lande te probeer. En dit was lekker.

Nuus van die huis af is dat Ed my toe uiteindelik geskakel het en vir my vertel het hulle het 'n braai en dat daai girl (waarvan hy oppie blog gepraat het) toe nou nie uitgewerk het nie. Ek kon nie uitvra of sy shaglesspad se naam nog staan nie, omrede ek op speakerphone was en hy by marius hulle gebraai het. Marius hulle leef nog want ek het hul stemme in die agtergrond gehoor. Ek wou nog uitvra hoe dit met die jonge heer sheperd gaan, ma dit het nie reg gevoel nie, sedert meeste van ons gesprek se tema oor wallietjies straat en die rooilig distrik gegaan het. Sommige van julle sal sekker rekken dat dit perfek inpas, miskien as 'n prelude tot "hoe gaan dit met die pregnancy?" maar ek voel nie so nie.

Nuus van Casper is dat hy nog werk en niks nuus is nie...maar dat dit wel 35 grade celcius in pietersburg is.

En dis dit skat ek.
Miskien gaan ons more den haag toe, of dalk nie.
groete willem

Monday, November 27, 2006

Visiting the BBC (bikes, babes, computers)





Wel dit was 'n lekker naweek, en ek het uiteindelik die moed bymekaar geskraap om 'n foto saam met 2 modelle te neem...nadat ek dit sterk oorweeg het met die ander 10 pare modelle by wie ons verby gestap het. Ek meen, dit vat regtig effort om na so 'n meisie toe te stap en 'n foto te neem. Veral as jou gewoonlike respons 'n toon-in-grond-in-boor respons is, met die woorde "aaaah...shucks".

Tuesday, November 21, 2006

Amsterdam

Hier is die klein/cheap weergawe vir SA mense...





Better kwaliteit vi mense met snelle modems of baie tyd...


Tuesday, November 14, 2006

Earthworm Jim



Well, vandag kan ek nie anders as om van Earthworm Jim te gesels nie...brielie se karatie kid 3 storie het my herhinder aan die dae wat ek en ed en casper die program vir niks gemis het nie.
Dit was om en by std.9 rond gewees en soos enige normale tiener was ons permanent op die uitkyk om te score. Dit mag dalk die hormone gewees het wat ons daartoe gedryf het, of dalk die feit dat ons op daai stadium dit nog nie so goed reggekry het nie....ek skat op daai stadium as dit met jou gebeur het dat jy 'n meisie vry het, was dit either 'n moerse misverstand of 'n werklike wonderwerk...want dit was regtig moeilik vir ons ouens gewees in daai tye...op daai stadium het sommiges van ons dit nog nie eers gedoen nie...maar anyhow. dit was die maer jare. Wel die meer as gewoonlik maer jare....en meestal was dit ons eie skuld.

So, dit was 'n moerse mission gewees om in te kom by 'n mooi meisie wat jou toelaat om by haar te kuier en met haar te gesels. en nog soveel meer moeiliker om nogal by 'n maklike meisie te gaan kuier, wat jou buddies van vertel het is maklik...want sy het nou die dag vir so en so gevry...en is nou die village bicycle, etc. etc. Want snaaks genoeg het ons dit nooit reggekry om met hulle te vry nie...dit mag dalk die moerse tou gewees het waarin ons gestaan het om by die voordeur in te kom, of dalk was die idee om iemand te soen met droee lippe te veel...want daar was nie meer rooi koeldrank oor nie. wie weet.

anyhow, casper het op die stadium 'n vriendin ontdek wat in noorderland was en sy was 'n model. ouens ek se vir julle. brunette, blou oe, blas vel...die works. pappa. en sy was berugt gewees. Wel, ek onthou nog die dag wat ons by haar gaan kuier het, en lekke gechat het, en ernstig gevaal om enigsins iets biologies te doen, maar moenie worry nie ouens...want kommende 3:40 die middag het ons vir haar gese toedels. Ek onthou nog, ek was besig om duime te rol op 'n sitkamer stel. Dit was my normale posisie gewees daai tyd. En Casper het soort van 'n gesprek aan geknoop. Jul weet, die hoe gaan dit met jou ma'le tipe. Ek ek dink toe dit was ed wat agter gekom het wat die tyd was....en toe sit ons met 'n panarie. hoe se jy nou vir so 'n girl jy moet waai, uhmm, want jy moet 'n strokies prent op sabc 3 gaan kyk. Ons het die eerlike roete gevolg en dit straight foward vir haar gese. ek dink dit was capser gewees. en wroem, weg is ons soos 1 man om ons favourite show te kyk. snaaks genoeg het ons nooit weer iets van die gril gehoor of ooit weer by haar gaan kuier nie.

Ja, dis hoe belangrik earthworm jim vir ons was. en ek kon nooit verstaan het hoekom hulle nooit 'n 2'de seisoen van die storie uitgebring het nie. So, ek het vanaand spandeer om al die ou episodes te kyk en op te vang met my jong dae. Ek kon weer lower-back pain man sien. en sidekick peter. en dit was goed. So as 'n bonus vir ed post ek die theme song van ons favourite show...Ed, gryp vir Casper nader en ons sing hom uit volle bors.
ps. ek sit ook vanaand en wonder of ons slim was om die 3:40 skuif te gemaak het. Wel ek rekken so, op daai stadium het net brielie dit reg gekry om koning te kraai onder die girls....wel so se hy.


Sunday, November 12, 2006

Snowworld

hier is ons video oor snowworld 27 meg groot, so as jul wil kyk wees gewaarsku. maar dit was vet pret en ek raai di storie aan vir enige persoon wat nog twee bene het. soos my een onnie op varsity gese het, dis better as seks. ek weet ni so mooi daarvan nie, maar dis versekker di meeste fun wat mens op twee bene kan he.



Rundown of 2005-2006

So here it is as a prelude to my travels. starting from the destressing november 2005 up untill a few weeks before i left for the netherlands. this file is big, so you might consider not to watch it.



Monday, November 06, 2006

Amsterdam

hier is ek en paul se eerste gedagtes oor amsterdam en oor holland oor die algemeen.




Sunday, November 05, 2006

Would u be my sweet thing?

Aviators at work

hello almal.

Ek weet nie veel nie, maar ek weet darem meer as bush. Ek weet ek het lanklaas gepost. En ek weet jul laaik dit nie so kwaai as ek te veel of te min post nie. So ek sal maar probeer matigheid voor oe hou.

Wel, eks nou in holland, meer presies Nijmegen. Het Amsterdam vir so 2 dae besoek en al klaar 'n poolse party bygewoon, waar ek tipies die enigste ander suid-afrikaner ontmoet het wat homself ook in die geweste bevind. Dit was werner. Werner het saam met my begin swot toe ek nog my eerste graad gedoen het en hy en sarel was groot tjomme.

die wereld hier is klein.

Spesiaal vir Ed: die eerste dag het ons gedog hier is net mooi mense in europa. Ma al die hunchbacks het so stelselmaatig aan ons aankoms gewoond geraak en ons sien nou beina daagliks oorgewig en ugly people.

wat ek wel kan se is dat die mense ontsaglik mooi aantrek hier. hul daaglikse klere is soos my jobinterview klere...maar dit het my nog nooit afgesit nie en buitendien moan ek nie as iemand 'n euro of 2 in my hand stop nie.

goed.

Hier kom 'n foto van my 2de handse bicycle wat ek vir 100 euro's gekoop het. En dan net om te wys dat ons wel nie heeltemaal kultueel ongeletterd is nie...hier is 'n foto van myself by die museum plein.


toedels tot later
willem

Friday, September 29, 2006

Ysskaats is nie vir moffies nie

So, hier is my eerste birthday pic's...die ander is nog sterk oppad en sal gepost word sodra ek nie toets skryf nie...Die is by kollenade geneem nou die woensdag aand ter feesvieringe van my kwart eeu. Van links na regs: Anninke, Ekke en Paul.

Ons praat nie oor die wings nie, behalwe om te se, myne was verkeerd om aan en dus moes ek gatkant om oorent agteruit skaats...
Die foto sou cute gewees het as dit eerstens nie ek was nie en tweedens nie meer geneig het na die trek reg-aan-moroon kant toe nie.
Daar het jul dit. volgende keer sal ek die foto's van die suipende sound of music nonne laai
cheers.

Saturday, September 16, 2006

Piekniek oppie maan...

Wel so gese en so gedaan. Die week was vol interresante verwikkelinge en ek weet meeste van julle borrel om te weet wat dit is...

maar die los ek nou eers vir volgende naweek as ek by die tuis kom om julle in persoon te vertel. (en offffcourse sal ekke dan die hele blog toetie doen; foto's, video's en wedding albums. the works.)

'n troos prys is darem die minder interresante nuus wat nou die week gebeur het:
1. My vader was hier gewees om eksamen te skryf op sy ryke ouderdom. hy dink hy het gepass..en ek hoop wragtig so...of dalk nie. dis ongelooflik funny om die man te sien swot en stress...kry vir jou...hehehe.
2. Chippie het 'n PH kurses gaan doen, so hy swot ok nou. of hy gepass het weet ek nie. Ongelukkig het ek hom nie sien swot nie, so ek weet nie of ek wil he hy moet pass of dop nie.
3. Ortho was 'n bitch. ma dis verby.
4. Donderdag aand was ons Aqua Fresh Dinee...met die tema..."shine". Dit was heel positief en lekker gewees. Ek wil net aan vriendin alicia geluk se wat nou die nuut verkose HK president van 2007 is, ek sal versekker wit voetjie by jou soek indien ek dit dalk later gaan nodig kry.
5. Ek dink karin het toe haar skoene gekry.
6. Ek is nou broke omrede ek vir my warm snoesig klere gaan koop het, en as ek shop, shop ek groot want ek haat dit. Menlyn is nooit fun nie.
7. My foon se sms geheue was al 4 keer vol gewees die week. maar ek wil nie te veel weg gee nie.
8. Miranda vd Zeyden staat op trou. kan jul glo. sekker nie, want jul ken haar nie maar ek sal haar oor so maand of 2 sien. gan glorius wees. legendary.
9.the crocodile hunter is oorlede op omstrede wyse en dus is die ausies nie meer sulke groot diere liefhebbers nie. Yep hul het selfs die week die skape buite laat slaap.
10. Oor die algemeen was daar 'n truppel in my stappie gewees.

So daar het jul dit. punts gewys en op die man af. nes freek roberson en 3rd degree.

Groot nuus. Jaco kom weer wildtuin toe. ja die man is lyk my terug oppad SA toe. of ons dit sal sien weet ek nie, maar dit voorspel net moeilikheid.

En ed se party foto's is excellent.

groete tot later
die Uwe reen koning

lei bliksems lei...

Saturday, September 09, 2006

My tekken video

Right, die wat daar was ken die geskiedenis.
Die wat nie daar was nie hier is 'n rundown:
Daar was besluit om 'n toernooi te hou.
Daar was 'n wenner.
Hy't geluister na Fokoffposisiekar toe hy die toenooi gewen het.
Dus het hy ok gecelebrate met die liedjie.
Nie almal wou gees vang nie.
Die liedjie het baie krag woorde.
Dus se hy baie krag woorde.
Sy maters se ook baie krag woorde...maar dis na sy kant toe gemik.
Terloops, die bloubulle het ook daai aand gewen.